Hoofstuk 16 – Nog geheime onthul

Lees hier wat vooraf gebeur het: https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313

Stil en verstom sit die Towerinne onder laslapkomberse in die geheime grot en oordink die gebeure van die afgelope tyd. Daar het soveel dinge gebeur en steeds het hulle nie al die antwoorde nie. Hulle eet tiramisu en het elkeen ‘n glasie Frangelico in die hand. Hier en daar spreek een ‘n gedagte uit.

VirgoC en Perdebytjie sit en kyk deur die goed in die trommeltjie. Dan sit Perdebytjie skielik kiertsregop met ‘n ou, vergeelde stuk papier in die hand. ‘Julle, luister net hier!’

Sy begin lees:

Die laaste wil en testament van Joseph Lee Angelwood, gebore 16 Maart 1823 in Londen, Engeland.

Aan my vrou, Sophia Ann Angelwood, gebore Elliot, die huis met inhoud in Londen, asook Ł2 000. Sophia, jy was nooit vir my ‘n vrou of ‘n ma vir ons kinders nie en dit is my wens dat jy Eden onmiddellik sal verlaat en terugkeer na Londen, waar jy altyd wou wees. Die huis in Londen is ten volle toegerus en jy mag slegs jou klere saamneem. Alle juwele moet in Eden agtergelaat word.

Aan my stiefbroer- en suster, Leonard en Isabelle Angelwood elkeen Ł500. Ek verwag ook dat julle onmiddellik Eden sal verlaat. Julle het lank genoeg op ons goedheid staatgemaak terwyl julle eintlik geen reg hier gehad het nie al het julle so opgetree omdat my moeder met julle vader getrou het ná my vader se dood. Isabelle, jou onplesierige geaardheid was onuithoudbaar en jou buite-egtelike verhouding met Karel, Charlotte se broer was afgryslik.

Aan me Berdine Barber Ł200 vir die ontferming oor en versorging van die buite-egtelike dogter van my stiefsuster, Isabelle Angelwood.

Aan ons butler, mnr Hardy en ons kok, mev Marks, elkeen Ł500. Baie dankie vir jare se onbaatsugtige diens. Dit is my wens dat u u dienste sal voortsit sodat my kinders versorg sal wees.

Aan mej Charlotte Hardy, die biologiese moeder van my kinders, die reg om lewenslank in Eden te bly, asook Ł5 000 kontant. Ek gun vir jou ‘n goeie lewe saam met jou kinders tot jou dood.

Dit is my wens dat my kinders, Klara Louise Angelwood en Thomas William Angelwood by hulle biologiese ma in Eden sal bly en versorg word tot op die ouderdom van 21 jaar.

Aan my dogter, Klara Louise Angelwood , die huis en inhoud van Eden. Sy het altyd ‘n goeie verhouding met haar biologiese moeder, Charlotte Hardy, gehad en dit is my wens dat Klara vir Charlotte sal huisves vir solank Charlotte dit mag benodig. Al die juwele wat my vrou, Sophia Ann Angelwood in hierdie huis gebruik het, gaan ook aan Klara.

Aan my seun, Thomas William Angelwood, die huis en inhoud daarvan in Strandstraat, Durban. Wanneer Thomas die ouderdom 21 jaar bereik het, mag hy die huis in Durban permanent bewoon. Tot dan moet die huis steeds vir mej Hardy en die kinders as strandhuis dien.

Die restant van die boedel word gelykop verdeel tussen my twee kinders, Klara en Thomas, soos hierbo genoem.

Geteken: JL Angelwood. 20 Mei 1864.

 

‘’n Baie vermoënde man’, sê Hester. ‘Huise in Eden, Durban en Londen!’

‘Omtrent ‘n interessante boedel’, antwoord Vuurvliegie. ‘Ai, jai jai’

‘Hier is baie mense kwaadgemaak,’ antwoord Scrapy.

‘G’n wonder hier is soveel vermoorde mense nie!’ , sé Seegogga.

‘So, Leonard en Issabelle was nie Joseph se eie broer en suster nie, dís nou interessant’, sê Christa, ‘sou die pa’s broers wees?’

‘Neefs’, antwoord Frannie, ‘ek het nog nie eers kans gehad om te vertel wat die argief opgelewer het nie. Joseph se ma het ná die dood van sy pa, met sy neef getrou. Die neef was ‘n wewenaar en het die twee kinders gehad.’

‘Isabelle het haar aanstellerig gehou en het ‘n moeilike geaardheid gehad. Isabelle en Leonard sou beslis nie van hierdie wending gehou het nie. Ek wonder of hulle geweet het van die testament?’ vra Trommeltjies.

‘Berdine Barber, dis nou nóg ‘n nuwe naam. Isabelle en Karel Hardy se buite-egtelike kind’, sê Woordnoot. ‘Interessant.’

‘Dit klink darem baie na Broodina Barber. Sou hulle nie familie wees nie?’, wonder Bondelsgedagtes.

‘So, Klara erf die huis, maar Charlotte mag lewenslank saam met haar daar aanbly,’ sê Toortsie.

‘Uiteindelik sou die ma verenig wees met haar kinders,’ antwoord Kameel.

‘Mense, hier is steeds nog baie onopgeloste vrae,’ sê Una. ‘Wat is die storie van die armband?’

‘En wie het dan die prente in die tonnel geteken? Was dit Klara, of was die haar boetie?,’ vra Positief.

‘Ek kan verstaan dat die Angelwood broer en suster kwaad sou wees, maar hoekom is Leonard dan ook vermoor?’, vra Perdebytjie.

‘Ek wonder of sommige van die moorde gedoen is sonder dat die testament ter sprake was en die ander later?’, antwoord Virgo.

‘Interessant dat Joseph Isabelle se buite-egtelike verhouding as afgryslik beskryf terwyl hy self agter die deur gestaan het’, sê Kameel.

‘Wat ek steeds nie kan verstaan nie, was hoekom mnr Hardy so nors was?’, vra Toortsie.

Tannie Frannie sal verder vertel.

 

37 thoughts on “Hoofstuk 16 – Nog geheime onthul

  1. Nou draai my kop behoorlik. Ek sal nou eers weer moet lees en inneem en bedink. Jy weet baie van ‘n testament Toorts…. ek sou behoorlik kopgekrap het as ek dit moes skryf. So Broodina is familie… moet ek lag of huil. Die testament is ‘n nuwe wending… welgedaan!!!

    Liked by 1 person

  2. Daar rol jy nog n paar heerlike verrassings uit die ou trommeltjie. Mmmm daardie Barber familie klink my bietjie verdag. G’n wonder Broodina het juis op n sekere plek deur die vloer geval nie. Kon sy dalk n snuf in die neus gehad het? Jy het darem nou mooi draad aan die storie gegee alhoewel ons steeds nie weet wie dit gedoen het nie is dit n stappie nader.

    Liked by 1 person

  3. Sjoe! Joseph was voorwaar ‘n komplekse man – een waarmee ek nie deurmekaar sou wou raak nie. Die testament het my nou laat terugdink aan my studentedae toe ons die feidei commis bestudeer het in erfreg.Ons professor het altyd gesê die hof sal ‘n erflater wat uit die graf wil regeer, se wense veronagsaam. Dink net, Sophia se geld het die Angelwoods gered van bankrotskap en daar word sy amper onterf. Joseph deel ook sommer die kinders uit. Ek wil nou amper vra wie het die voorreg gehad om sy kop in te slaan. Interessant dié ding van Isabella se buite-egtelike kind, Berdine Barber en die feit dat Broodina se van ook Barber is. En hoekom was Joseph betrokke by die kind se versorging? Hy het ‘n vinger in elke pastei gehad – die man Joseph.

    Liked by 1 person

    1. Ek vermoed Joseph het te doen gehad met die feit dat iemand anders die kind moes versorg. Dit het seker nie die familienaam goed gedoen om ‘n buite-egtelike kind te huisves nie.
      Regeer hy uit die graf uit? Ek dink hy wou maar net almal wegkry wat nie daar gehoort het nie. Elkeen kon voortgaan met sy lewe op sy eie nessie.

      Like

    2. Presies wat ek sê Hester… wil die man ‘n paar taai klappe gee. Ook gedink dis Sophia se geld wat hom gered het dan maak hy so. Wat ek nou wil weet as Charlotte en Klara so ‘n goeie verhouding gehad het soos hy sê moes sy geweet het Charlotte word in kelder aangehou en vir haar gaan kuier het. Geen wonder sy het van haar kop af begin gaan met so ‘n pa en tannie soos Issabella nie. Hoop iemand klaar dit op.

      Liked by 2 people

  4. Presies wat ek sê Hester… wil die man ‘n paar taai klappe gee. Ook gedink dis Sophia se geld wat hom gered het dan maak hy so. Wat ek nou wil weet as Charlotte en Klara so ‘n goeie verhouding gehad het soos hy sê moes sy geweet het Charlotte word in kelder aangehou en vir haar gaan kuier het. Geen wonder sy het van haar kop af begin gaan met so ‘n pa en tannie soos Issabella nie. Hoop iemand klaar dit op.

    Like

  5. Hmmm, my foon kies sowaar hmmm vir my antwoord hier. Julle! Mens moet die kommentaar ook volg wanneer jy verder wil skryf. Dis wild! Ek geniet nogal hoe elke skrywer eintlik iets in gedagte gehad het vir die vervolg op haar hoofstuk. En hoe die volgende hoofstuk wegbeweeg daarvan omdat ‘n nuwe mens met nuwe oë na die “feite” voor haar kyk. Dit voel so bietjie soos een van die kaartspeletjies, kan nou nie dink watter een nie. Die een waarin die persoon voor jou met die kaarte of blokkies peuter om by sy spel te pas. En joune totaal verongeluk!

    Like

    1. Jy stel dit goed Christa, dit is wat dit so onvoorspelbaar maak. Dit laat my altyd dink dis seker soos ooggetuienisse na ‘n ding kyk en dan met verskillende stories voor die dag kom. Wat vir een belangrik is sien ‘n ander nie raak nie. Ek wil weet hoe Klara vir Charlotte dan so goed geken het… maar niemand kom met ‘n definitiewe antwoord voor die dag nie.

      Like

  6. Ou is ek heeltemal deurnekaar. Ek dog klara is Joseph en Charlotte se buite-egtelike dogter? Maar die testament wrrp baie l8g op die saak. NOu moet
    ons net weet WIE IS DIE MOORDENAAR???

    Like

Gesels saam, asseblief!