Ek het gedink om stil te bly daaroor. Vir niemand sê daarvan nie.

fluister <ek het in ‘n oomblik van waansin ingeskryf vir Nanowrimo2019>
Toortsie! Vir WAT het jy dit gestaan en doen? Hoekom? Jy HET NIE TYD NIE! AG tog, Toortsie! Nee man!
Ek weet nie hoekom nie.
Ek is skaam dat ek dit gedoen het.
Ek is bang ek maak ‘n ‘fool’ van myself.
Ek kan nie so baie op ‘n slag skryf nie.
Ek het regtig nie tyd nie.
Ek het glad nie voorberei nie, dit lyk my ‘n mens moet omtrent ses weke voor die tyd voorberei.
Ek gaan dit probeer doen soos iemand wat ek ken wat die Argus loop ry het en die oggend van die Argus, toe die skoot afgaan, begin oefen het daarvoor. Ja, hy hét klaargekry. Baie seer in die lyf, maar hy het.
Ek het soms ‘n uitdaging nodig wat ek aan myself maak.
Dus, Toortsie, ek daag jou uit om deel te neem aan die Nanowrimo. Probeer om 1700 – 2000 woorde per dag te skryf. (sug) Skryf stories uit jou kinderdae. (ek kan niks onthou nie) Komaan, man! Jy het niks om te verloor nie (net ‘n bietjie ego). As jy dalk nie klaarkry nie, is dit nie die einde van die wêreld nie (sê jy!). Probeer net. Kyk hoe ver jy kom. Ek is seker jy gaan baie daaruit leer. (oraait)
Ek is bang. Het ek dit al gesê? Ek is bang. Vrek bang. Jollie bang. O, genade!
Ek wonder nou net, mag ‘n mens eers op 1 November begin? Kan ek nie maar solank begin nie? (nee, Toortsie, nee!)
Julle, vir iemand met ‘n skoenlapperpersoonlikheid is hierdie verskriklik erg.
Waarvoor het ek my ingelaat? Ai toggie!
sug
Wanneer begin dit? 1 November? Laat ek eers loop kyk watter dag is dit. Vrydag. VRYDAG!!! NOU VRYDAG! Amper sê ek ‘n lelike woord. Ek het nie gedink wat ek doen nie. Glad nie.
Ek het nie. hi-i. Aikona. Nie gedink nie.
Auch
………………………
So ‘n nagedagte nadat heelwat blogmaats al gereageer het en Kameel bekommerd is dat die blogs doodstil gaan wees: Ek daag al die Towerinne uit om ook deel te neem aan Namowrimo2019. Komaan, hoe lyk dit? Dit gaan pret wees! Skryf sommer net vir jouself en as jy voel om van die goed op jou blog te sit, hoekom nie? Of dalk is dit die boek wat jy nog altyd wou publiseer?
Haha, lekker man. Ek het verlede jaar dieselfde gevoel. Nie juis voorberei nie, net n tydlyn geteken en alles oor my skoolgaan twaalf jaar geskryf en wraggies 50 000 woorde gemaak. Jy speel eintlik teen jouself. Jy gee vir jouself kentekens en aanmoedigingstekens en aan einde van die maand het jy alles ingesamel. Jy mag nie kroek nie. Jy begin 1 Nov en dan elke dag n uur se skryf sonder terugblaai of foute regmaak. Jy skryf net alles wat opkom. Jy kan selfs n kortverhaal stuk ook insit as jy wil. Onder watter naam skryf jy sodat ek jou as n Buddy kan kry. Lekker te lekker, jippy ons gaan wikkel.
LikeLike
Toortsie. Ek het jou al genooi. 😁 Ek kan net my bes probeer. Ek skryf nou temas neer.
Waar skryf ‘n mens? Skryf jy net in jou gewone skryfprogram, soos Google se woordprogram? Of het hulle ‘n skryfprogram waar jy moet skryf?
Doen jy jou eie woordtelling?
Hoe maak mens?
Nov is by my altyd ‘n besige maand. Dit gaan rowwer na die einde van die jaar toe.
LikeLike
Ek het verlede jaar Scrivener gebruik om alles bymekaar te hou. Het dit nie op my nuwe rekenaar nie so ek gebruik gewoon my Program waar ek my blogwerk doen on NANOWRIMO 2019. Jy doen jou eie woordtelling. Die beste is maar om jou dag en datum te skryf en dan al jou inligting sonder paragrawe is ook reg. Meestal is twee bladsy om en by genoeg woorde om jou 1800 te kry. Hul het nie n program waarin jy moet skryf nie. Sodra 1 Nov aanbreek word jou inskrywing geaktiveer dan kan jy op die grafiek ook jou woordtelling inskryf en ook jou daaglikse totaal. Party dae skryf mens meer as ander dae so dit balanseer mekaar uit. As jy op dieselfde dag baie woorde geskryf het kan jy die volgende dag bv minder skryf. OP die einde help dit om tussenin meer as wat geskryf word te skryf sodat jy makliker jou 50 000 op einde haal.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die raad. Het jy lekker gewerk met Scrivener? Ek het dit nou afgelaai, maar is nie lus om nou eers ‘n program te moet opswot nie. Ek dink ek moet maar sommer in Google Docs werk, ek krn dit.
LikeLike
Dis my probleem ook. Hul het Scrivener nou verbeter en ek moet weer van vooraf alles uitpluis. Dis hoekom ek nou ook maar Google Docs gebruik. Scrivener het onder aan hul bladsy die woordtelling wat lekker is. Mens weet dan sommer of jy nog moet skryf en of jy maar kan laat oorstaan tot volgende dag. Dis wat ek party dae ook gedoen het . As my tema te lank is dan gaan ek en maak dit klaar die volgende dag en begin dan net daaronder onder selfde datum die volgende tema.
LikeLike
Ek het ook temas neersgeskryf en dan onder elkeen sommer telkens ag ek aan iets dink wat by tema hoort. Die lekkerte is dat sodra jy gaan sit en jou tema neergeskryf het en konsentreer daarop vloei die woorde sommer vanself. Dit help ook om nie die stuk af te sluit as jy nie tyd het nie, Hou dit oop en gaan einde van dag terug en voeg nog n paar parragrawe by en tel dan jou woorde. Jy sal vind dat na n goeie breek kry jy weer nuwe idees en dinge om te skryf. Jy moet ook probeer om nie dit oor te lees nie . Dit mors tyd en jou spoed. Sjoe nou het ek n hele mond vol geskryf. Ek het party dae ook regtig gesukkel om voluit te gaan omdat daar nie tyd is nie.
LikeLike
Baie dankie. Ek dink ek moet aan die einde van ‘n dag die totale woordtelling neerskryf. ‘n Gewone minussom sal die ding doen.
LikeLike
Ek het verduidelik dat ek my stukke partkeer opgebreek het en dan n volgende dag verder geskryf het.
LikeLike
O baie geluk. Nog altyd geweet jy gaan eendag n boek skryf( nie n resepteboek ni)
LikeLiked by 1 person
Wag, kom ons kyk eers hoe ver ek kom. November is nie ‘n goeie maand om so iets te doen nie.
LikeLike
Daarmee stem ek saam. Dit behoort Augustus te wees! Ek was al baie lus, maar tyd ontbreek( en veral moed!).
LikeLiked by 1 person
Asseblief, asseblief, asseblief! Skryf in! Toe man!
Son sê sy het dit een keer gedoen en het nie klaargemaak nie, dit gee my moed dat die berge en wolke darem nie op my gaan val as ek dit nie maak nie.
Ek sal darem probeer om dit klaar te maak.
Die rede hoekom ek inskryf is dat daar ‘n uitdaging aan verbonde is en dat ek my sokkies sal moet optrek om meer woorde op ‘n dag te skryf. En die organisasie om tyd in te ruim daarvoor maak my benoud.
LikeLiked by 1 person
Sterkte. Ek skip maar hierdie jaar. Te veel goeters.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit ook al gedoen en ook nie klaargemaak nie, maar dit was tog ‘n goeie oefening. Ek sal dit weer probeer, maar sal dan net meer gedissiplineerd probeer wees.
LikeLiked by 1 person
Môre Son. Lekker om van jou te hoor. Ek gaan my bes doen, maar is bly jy het ook nie klaargemaak nie.
Daar is al 10 torings op! 😁 Jy weet wat ek bedoel né. Ons woon nie meer daar nie.
LikeLike
Ek weet van die torings 😊
LikeLiked by 1 person
Ag, Toorsie, ek lamenteer net so hard soos jy. Ek het ook ingeskryf en ek voel presies soos jy daaroor – vies, onseker, wat-het-my-besiel?
LikeLiked by 1 person
Ugugugug. Ai man! As Seegogga dit nou ook doen dan druk ek dalk deur. 😁👀
LikeLiked by 1 person
😀 Jy floreer mos op uitdagings! Ons tjeer vir jou ❤
LikeLiked by 1 person
Oeee ek hoop nie ek stel julle teleur nie!
LikeLiked by 1 person
Nee, ek weet sommer jy sal nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie
LikeLiked by 1 person
Ek weet net nie of ek soveel ure tot my beskikking het nie. Ek sal my bes probeer.
LikeLiked by 1 person
Trots op jou Toortsie! Jy kan! Ek wou ook inskryf maar ek het net besef dat ek nog te min daarvan weet en dat dit dalk nie nou die beste tyd is daarvoor nie. Dis eintlik maklik om soveel woorde op ;n dag te skryf. Ons kortverhaal uitdagings op die skrywersblad is gewoonlik so lank, Mens leer vinnig om daardie aantal woorde te skryf en soms, as jy klaar is, sien jy daar is te veel woorde! Sterkte! Ek dink dis great!
LikeLiked by 1 person
Dan moet jy inskryf! Ek weet ook nog herltemal niks daarvan nie. 😁
LikeLike
Ek was nou die dag op die website maar ek dink ek ly nog aan na-travel depressie want ek kon niks inneem nie! DAlk moet ek vir Vliegie bel sodat sy vir my prentjies kan teken oor hoe dit werk! Haha
LikeLike
Ek verstaan ook nie hoe dit werk nie. Wie lees dit wat jy skryf? Vir Vuurvliegie gevra of ek haar goed kan lees maar sy sê sy het privaat geskryf. Hoe weet ander jy kroek nie… of is dit maar ‘n uitdaging teen jouself. Nou sê Scrapy julle moet buddies wees… en ek krap meer kop. Waarvoor moet jy voorberei??? Sterkte Toorts… November gaan omtrent ‘n stil maanf op die blogs wees as vier van julle spookskryf. Ek sal maar vir die maand Rebusfontein toe gaan 😊
LikeLike
Ek kan jou op geen vraag antwoord nie. Ek dink jy skryf teen jouself, so as jy wil kroek, en jy kry dit reg, bluf jy jouself. Dankie vir die sterkte.
Ek dink ons moet dit ‘n Towerinuitdaging maak dat almal wat wil, inskryf. Jy het so baie te vertelle, jy gaan jou 50 000 woorde lag-lag volskryf en dan publiseer jy jou boek.
LikeLiked by 1 person
Dis hoekom ek wil weet wie lees dit. Wat ek kan oopmaak is nie mooi nie, en sal definitief nie vir ander se oë bedoel wees nie. Was lankal lus om alles uit my uit te skryf.
LikeLike
Dit klink my jy skryf op jou eie. Niemand hoef dit te lees nie tensy jy dit natuurlik publiseer. Dit lyk my jy teken net elke dag jou woordtelling aan.
LikeLiked by 1 person
Dit lyk my die idee is om ‘n boek klaar te skryf in ‘n maand. Net rofwerk, editing kom later. Klink dit my.
LikeLiked by 1 person
AS jy kroek gaan jou kierankies braai! Jou eie want jy kompeteer nie teen iemand nie. Al wat jy moet doen is om die 50 000 woorde in die maand November te skryf. Jy skreeu vir jouself en dan skree jou buddies ook vir jou. Buddies moedig mekaar aan want hul is ook besig om te skryf. Ek en Vuurvliegie het mekaar verlede jaar goed gebuddy! Omdat dit net n draft is kan mens dit nie regtig openbaar maak nie. AS jy die stukke geredigeer of ge-editeer(what ever ookal) het, kan mens dit op jou blog sit of dan in n boek uitgee. Hierdie gaan net om alles net eers op skrif te stel. Dis n helse werk om alles daarna uit te sorteer
LikeLiked by 1 person
Dankie. Redigeer is die regte woord. 😁
LikeLike
Dankie, ek weet party dae ook nie meer wat alles in Afrikaasns is nie. O en ek skryf voluit in Afrikaans. Niks geen engelse gedagtes nie. Dit mors net my tyd.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan beslis nie in Engels skryf nie 🙂
LikeLike
Not n tiekie. Dis makliker om dit te vertaal dan om daarin te skryf.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy!!! Jy het moed om dit weer aan te pak.
LikeLike
Ek sien nogal uit daarna. My lewe as volwassene het nogal baie om oor te skryf. Het dit redelik beplan. Nou vryf ek my hande en wag vir die skoot om te klap.
LikeLiked by 2 people
Mannemoed, dis wat julle het. Ek bewonder julle. Sterkte ons cheer julle aan.
LikeLiked by 1 person
Myne noem ‘n mens sommer malligheid. 😂
LikeLike
Trommeltjies, ek kan net my bes probeer. As ek dit nie voltooi nie, gaan die wêreld ook nie vergaan nie, maar ek sal probeer. Ek voorsien dat ek heeldag daaraan gaan dink en waar ek ookal is en ‘n gedagte kom in my kop op, gaan ek tik, of dit op my rekenaar is of op my selfoon, wie weet?
LikeLike
So die kans is goed dat ‘n groot deel van daardie 50 000 woorde met my een vingertjie op die pendelpad op my selfoon uitgetik gaan word. 🙈
LikeLike