‘n Visstok

‘Gee ‘n man wat kos vra, ‘n visstok, eerder as ‘n vis’, is ‘n oubekende gesegde. Leer hom eerder visvang, dan kan hy vir homself kos inbring.

Hoe ironies dat dit nou presies is wat gebeur met die vissermanne van Struisbaai, behalwe dat hulle iets anders as visstokke kry.

Want sien, die vissergemeenskap kry regtig baie swaar. Hulle kan nie meer regtig ‘n lewe maak met visvang nie. Daar is baie redes daarvoor wat ek nie almal ken nie.

Ons burgemeester, Paul Swart, het ‘n omgeehart en ek sien gereeld projekte om ons mense te help. Nou het hy ‘n projek begin om hierdie mense te bemagtig om self iets te doen om ‘n inkomste te genereer. Daar is ‘n koper vir rooikranshoutstompies wat as braaihout gebruik word. Rooikransbome is ‘n vervuiling hier by ons.

Daar word houtsae gekoop en vir die mense gegee om klein ondernemimgs te begin waar hulle kan houtmaak en voorsien aan die koper. Is dit nie wonderlik nie?

Die behoefte is egter groot en hy maak staat op skenkings van die publiek. Hulle benodig 20 sae en kon reeds 6 uitdeel. Wanneer almal sae het, beplan hulle om ook die vroue te bemagtig om iets te doen om ‘n inkomste te genereer.

Só skryf ons burgemeester op sy Facebookblad: ‘Ek sou graag almal wil help. Dit is ń projek wat ek persoonlik dryf so ek is ook maar afhanklik van Barhartige Samaritane. Gee maar net kans ek sal by meer uitkom. Met die kettingsae wat reeds uitgedeel was is tot op datum ongeveer 30 permanente werksgeleenthede geskep. Inkomste word gegenereer, kos word op die tafel gesit en kinders word op skool gehou. Indien u ’n Barmhartige Samaritaan is kontak graag my kantoor. God bless.’

Die sae kos ongeveer R5500 elk.

Is dit nie pro-aktief nie? Sulke goed laat my hart vinniger klop. Dit laat my dink aan Evita Peron wat destyds in Argentinië mense se lewens verander het deur onder andere naaimasjiene te skenk sodat vroue klere kon maak en ‘n inkomste verdien.

Doen so voort, mnr die burgemeester.

Toortsie

10 thoughts on “‘n Visstok

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord