Ooggetuieverslag

Blogmaats, ek het julle hulp nodig. Nee, nie ek nie, iemand anders het julle hulp nodig.

Iemand het vir Google gevra: Wenke in die skryf van ‘n ooggetuieverslag.

Watter raad sal julle gee? Ek is nie so oulik met sulke goed nie?

Ek sou dink dat die persoon absoluut eerlik moet wees.

Noem soveel as moontlik feite, ook detail waar nodig.

Oppas vir langdradig wees.

Watter vreemdhede het jy opgemerk?

Wie was almal daar?

Wat het vooraf gebeur, indien dit nodig is?

Was dit iets wat voor jou oë afgespeel het? Vertel dan alles wat jy gesien het.

20 thoughts on “Ooggetuieverslag

      1. Dit is so. Iets interessants wat ek hier agterkom is dat hier mense opgeroep word vir jury duty. My supervisor moes dit twee weke terug doen. Die beskrywings wat elkeen gee kan baie uiteenlopend wees. Dan as dit iemand is wat die persoon ken om voor te getuig maak dit nog moeiliker omdat die vriendskap ook n rol speel.

        Like

    1. Daar vang jy my uit! Ek was gelukkig net die ooggetuie. Ongelukkig mag ek nie te veel uitpraat nie, maar dit was naby Rebusfontein. Daar was ‘n polisieman, ‘n vrou met rooi stiletto’s en ‘n Italianer. Hy sê sy naam is Frangelico, maar laat ek wweder niks verder vertel nie! 👀

      Like

Gesels saam, asseblief!