Bloggers maak my opgewonde

In hierdie week het 3 bloggers my opgewonde gemaak. Nee, ek jok! Meer bloggers het my opgewonde gemaak. 😁

Waaroor ek wil skryf is dat ‘n hele drie bloggers in hierdie week vertel het van boeke wat voltooi is wat hulle geskryf het, of deel van is.

Ek weet nie hoeveel van julle sktyf blogs met die doel om eendag boeke te publuseer nie. Ek sou nooit destyds toe ek skaam en bang begin skryf het en Plasie vir my so mooi geskryf het dat ek nie bang hoef te wees nie, bloggers byt nie, dat ek twee boeke sou uitgee as gevolg hiervan nie. Kookboeke nogal!

Wel, ek het diep in my hart gehoop dat ‘n tydskrif my dalk sal raaksien, wat gerealiseer het toe Finesse my gevra het om vir hulle blogs te skryf. Nou kom ek glad nie meer daarby uit nie. Finesse het een van my stukkies gepubliseer in hulle tydskrif en ‘n paar ander E-tydskrifte het ook van my goed gepubliseer.

Om die dag regtig ‘n boek met jou naam op vas te hou, is onbeskryflik. Dit verg waagmoed. Dis ‘n bonus ná jare van blogging.

Baie geluk aan Annabelle Lombard vir haar storie in ‘n bundel vol hoop, genaamd Trauma en God, saamgestel deur Anika Marais. Annabelle het daaroor geskryf op haar blog, julle kan gerus daar loer.

Iemand wat al voorheen E-boeke gepubliseer het, is Scrapydo. Gedurende Mei het sy daagliks dagboekinskrywings gemaak en dit saamgevat in ‘n boek. Lees gerus by haar hieroor.

Leonette Smith skryf in Stories uit die Bo-Karoo 126 stories oor hul lewe as predikantspaar in Vanwyksvlei in die Karoo. Die opbrengs van die boek gaan aan die boere in daardie droogtegeteisterde gebied. Hartlik geluk, Leonette, met hierdie wonderlike poging.

Toortsie

8 thoughts on “Bloggers maak my opgewonde

  1. Dis ‘n baie lekker gevoel as jy n boek in jou hande hou met jou eie stories…myne het verlede jaar hierdie tyd verskyn….ek oorweeg nou om my gedigte ook in ‘n bundel te laat publiseer. My roman is klaar gekstyf, maar moet geproeflee word…hopelik gebeur dit ook voor ek die emmer met die wense in omskop

    Like

Laat 'n boodskap na Toortsie Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s