In hierdie week het 3 bloggers my opgewonde gemaak. Nee, ek jok! Meer bloggers het my opgewonde gemaak. 😁
Waaroor ek wil skryf is dat ‘n hele drie bloggers in hierdie week vertel het van boeke wat voltooi is wat hulle geskryf het, of deel van is.
Ek weet nie hoeveel van julle sktyf blogs met die doel om eendag boeke te publuseer nie. Ek sou nooit destyds toe ek skaam en bang begin skryf het en Plasie vir my so mooi geskryf het dat ek nie bang hoef te wees nie, bloggers byt nie, dat ek twee boeke sou uitgee as gevolg hiervan nie. Kookboeke nogal!
Wel, ek het diep in my hart gehoop dat ‘n tydskrif my dalk sal raaksien, wat gerealiseer het toe Finesse my gevra het om vir hulle blogs te skryf. Nou kom ek glad nie meer daarby uit nie. Finesse het een van my stukkies gepubliseer in hulle tydskrif en ‘n paar ander E-tydskrifte het ook van my goed gepubliseer.
Om die dag regtig ‘n boek met jou naam op vas te hou, is onbeskryflik. Dit verg waagmoed. Dis ‘n bonus ná jare van blogging.

Baie geluk aan Annabelle Lombard vir haar storie in ‘n bundel vol hoop, genaamd Trauma en God, saamgestel deur Anika Marais. Annabelle het daaroor geskryf op haar blog, julle kan gerus daar loer.

Iemand wat al voorheen E-boeke gepubliseer het, is Scrapydo. Gedurende Mei het sy daagliks dagboekinskrywings gemaak en dit saamgevat in ‘n boek. Lees gerus by haar hieroor.

Leonette Smith skryf in Stories uit die Bo-Karoo 126 stories oor hul lewe as predikantspaar in Vanwyksvlei in die Karoo. Die opbrengs van die boek gaan aan die boere in daardie droogtegeteisterde gebied. Hartlik geluk, Leonette, met hierdie wonderlike poging.
Toortsie
Dis so waar. Dit maak mens opgewonde. Ek bewonder elke mens wat ‘n boek publiseer. Dit vat baie bloedsweet en harde werk. Selfs om ‘n blog te skryf is vir my harde werk. Miskien eendag kry ek dit ook reg. 😉👍🏻
LikeLiked by 1 person
Hou net aan en eendag, voor jy jou oë uitvee, hou jy hom dalk vas in jou hande. 😁
LikeLike
Nou voel ek heel aangedaan en baie spesiaal. Dankie vir jou mooi woorde ek waardeer dit baie. Sonder al die bloggers rondom my sou ek ook nooit eers daaraan gedink het om die skrywery te doen nie. Veral jy en Kameel is my beste, beste maters deur dik en dun.
LikeLiked by 2 people
Oe dankie vir die kompliment. Ja, ons bloggers spoor mekaar aan tot hoër hoogtes. 😁
LikeLiked by 1 person
Beslis!
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik!
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n baie lekker gevoel as jy n boek in jou hande hou met jou eie stories…myne het verlede jaar hierdie tyd verskyn….ek oorweeg nou om my gedigte ook in ‘n bundel te laat publiseer. My roman is klaar gekstyf, maar moet geproeflee word…hopelik gebeur dit ook voor ek die emmer met die wense in omskop
LikeLike
Opwindend
LikeLike