‘n Pad van durf en waagmoed

In ‘n vorige skrywe het ek gesê dat ek nog weer gaan skryf oor hierdie boek, Defying Jihad, en ja, ek kan regtig nie anders nie! Ware stories van mense se lewens is net gewoonlik só goed.

Esther Ahmad was ‘n radikale Moslem. Sy is slim en leergierig, stel veral in die wetenskaplike vakke belang. Sy het hierdie intense behoefte om haar pa se guns te wen en leer ekstra hard om sy goedkeuring te verdien.

Sy bied aan om ‘n selfmoordbomdraer te word, die opperste wat jy kan doen om jou plek in die hemel te verseker, volgens die ekstremistiese Islam. Dinge werk egter anders uit en sy kom tot bekering enkele dae voor sy vir opleiding gaan.

In hierdie boek stap ek haar pad saam met haar, die wonderlike manier wat sy die Here ontmoet, haar soeke na meer. Ek sien hoe sy sterk word in die Here, hoe Hy haar lei en leer, beskerm, waarsku as gevaar dreig. Wanneer sy onder die ergste toetse denkbaar gaan, gee God vir haar daagliks die krag en wysheid om die een ondervraer ná die ander moedeloos te laat omdraai. Ek vlug saam met haar van die een dorp na die ander. Ek sien die waarde van kennis, kennis van die Bybel en ook kennis van die Koran. Sy kén beide op die palm van haar hand.

Behalwe dat die boek gemaklik lees, dat ek haar lewe beleef, verbreed dit ook my eie kennis en help dit my om te leer met watter vrae Christene te doen kan kry en ook hoe om dit te beantwoord.

Ek beveel hierdie boek graag aan.

Toortsie

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

15 thoughts on “‘n Pad van durf en waagmoed

  1. Toortsie…..ons het wérk ook om te doen! 😂 Eers het jy my onwetend geleer blog, nou gaat ek lees. Ek het Waleed Shoebat se boek oor daardie soort terreur ook gelees. Aangrypend, ek gaan hierdie een se spoor vat.

    Like

      1. Blog ek rêrig s9 lank? Ek weet my groot, netjiese blog is 2016 “oorlede” agv die bank en FICA en ‘n rassistiese beampte. Van toe af net kleitrap en deurmekaar.

        Like

          1. My eerste blog met amper 1,2 miljoen lesers het my leefgeld ingebring en daarmee het ek die blog se web hosting en domein betaal.

            Die landlord het nie soos ooreengekom ‘n oorspronklike kontrak voorsien nie, maar fotostaat. Ook ‘n poskode het ontbreek. Toe verwerp die bank dit vir FICA en vries my rekening. Ek is hanteer soos een wat dwelms op ‘n lughawe probeer smokkel het.

            In die jaar wat dit geduur het om die rekening te herstel, kon ek geen inkomste van oorsee ontvang nie – my enigste inkomstebron. El het handgemaakte kunsartikels uitgevoer vir ‘n lewe maar lesers het ook ‘n paar keer stewige donasirs gestuur, te veel vir Mzanzi-rekeninge.

            En die staatskapers het almal FICA gehad, hulle geld eas veilig.

            Like

          2. O, die bankamptenaar was uiters rassisties en moeilik. Sonder rede behalwe dat ek en Johan Voetspore albei grys baarde het…..mense dink soms ek is radikaal regs maar die baard is vir ander redes daar.

            Like

Gesels saam, asseblief!