In ‘n vorige skrywe het ek gesê dat ek nog weer gaan skryf oor hierdie boek, Defying Jihad, en ja, ek kan regtig nie anders nie! Ware stories van mense se lewens is net gewoonlik só goed.
Esther Ahmad was ‘n radikale Moslem. Sy is slim en leergierig, stel veral in die wetenskaplike vakke belang. Sy het hierdie intense behoefte om haar pa se guns te wen en leer ekstra hard om sy goedkeuring te verdien.
Sy bied aan om ‘n selfmoordbomdraer te word, die opperste wat jy kan doen om jou plek in die hemel te verseker, volgens die ekstremistiese Islam. Dinge werk egter anders uit en sy kom tot bekering enkele dae voor sy vir opleiding gaan.
In hierdie boek stap ek haar pad saam met haar, die wonderlike manier wat sy die Here ontmoet, haar soeke na meer. Ek sien hoe sy sterk word in die Here, hoe Hy haar lei en leer, beskerm, waarsku as gevaar dreig. Wanneer sy onder die ergste toetse denkbaar gaan, gee God vir haar daagliks die krag en wysheid om die een ondervraer ná die ander moedeloos te laat omdraai. Ek vlug saam met haar van die een dorp na die ander. Ek sien die waarde van kennis, kennis van die Bybel en ook kennis van die Koran. Sy kén beide op die palm van haar hand.
Behalwe dat die boek gemaklik lees, dat ek haar lewe beleef, verbreed dit ook my eie kennis en help dit my om te leer met watter vrae Christene te doen kan kry en ook hoe om dit te beantwoord.
Ek beveel hierdie boek graag aan.
Toortsie
Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
Ek het die boek begin lees, en nou wil ek hom nie neersit nie, Toortsie!
LikeLiked by 2 people
😊
LikeLike
Toortsie…..ons het wérk ook om te doen! 😂 Eers het jy my onwetend geleer blog, nou gaat ek lees. Ek het Waleed Shoebat se boek oor daardie soort terreur ook gelees. Aangrypend, ek gaan hierdie een se spoor vat.
LikeLike
Nooit! Jy het geblog laaaank voor my. Ons hét werk om te doen. 😁
LikeLike
Blog ek rêrig s9 lank? Ek weet my groot, netjiese blog is 2016 “oorlede” agv die bank en FICA en ‘n rassistiese beampte. Van toe af net kleitrap en deurmekaar.
LikeLike
Daai ding verstaan ek steeds nie. Hoe beïnvloed Fika en rassisme jou blog?
LikeLike
My eerste blog met amper 1,2 miljoen lesers het my leefgeld ingebring en daarmee het ek die blog se web hosting en domein betaal.
Die landlord het nie soos ooreengekom ‘n oorspronklike kontrak voorsien nie, maar fotostaat. Ook ‘n poskode het ontbreek. Toe verwerp die bank dit vir FICA en vries my rekening. Ek is hanteer soos een wat dwelms op ‘n lughawe probeer smokkel het.
In die jaar wat dit geduur het om die rekening te herstel, kon ek geen inkomste van oorsee ontvang nie – my enigste inkomstebron. El het handgemaakte kunsartikels uitgevoer vir ‘n lewe maar lesers het ook ‘n paar keer stewige donasirs gestuur, te veel vir Mzanzi-rekeninge.
En die staatskapers het almal FICA gehad, hulle geld eas veilig.
LikeLike
Intussen is jou bankrekeninge herstel. Kon jy toe nie weer ‘n blog opbou nie?
LikeLike
Ek kon nie weer ‘n professionele rekening bekostig nie. Daarmee kan mens inkomste op verskeie maniere verdien.
LikeLiked by 1 person
Okay
LikeLike
En van toe af “mors” ek net op WP. Niks goed nagevorste artikels met verwysings meer nie.
LikeLiked by 1 person
Ai
LikeLike
O, die bankamptenaar was uiters rassisties en moeilik. Sonder rede behalwe dat ek en Johan Voetspore albei grys baarde het…..mense dink soms ek is radikaal regs maar die baard is vir ander redes daar.
LikeLike
Toortsie dit klink nou absoluut na my tipe boek, gaan sommer more CUM besoek.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet elke woord.
LikeLike