Man, blogging is lekker, soos julle reeds weet. Ek is mal daaroor, soos julle ook reeds weet. Ek is mál oor die terugvoer en kommentare, eintlik is dit mos al ou nuus. Dis vir my héérlik as Toortsieboekeienaars vir my kosfoto’s stuur van goed wat hulle uit my boeke maak. Heerlikheerlik. Soos hierdie een:

Toe ek gistermiddag by my foon kom, wag daar twee boodskappe in my whattsapp. Foto’s.
Die een blogmaat stuur hierdie foto na aanleiding van my wat nou die dag van ons komposkis vertel het. Sommer terloops vertel het, maar ‘n heerlike gesprek wat daaruit ontstaan het. Sy sê hulle kis is nou drie maande aan die gang en die kompos onderin was pragtig. Hul gooi tuinvullis en kombuisafval daarin. Dink julle nie dis ‘n vreeslike mooi komposkis nie? 😁

‘n Ander blogmaat stuur vir my hierdie foto van haar bedkassie. Kyk, sy het sowaar ook Defying Jihad, waaroor ek gister geskryf het, gekoop. Al wat ek nou, ‘n dag later en amper ‘n boek later kan sê, is, dit was ‘n uitstekende koop!

Lekkerte nommer drie? Heel laat agter tien hoor ek dat ‘n heel ander blogger wat ons nie ken nie, ons Towerinstories ontdek het en sy skryf toe daaroor! Dankie, Seegogga, dat jy uitgekyk het vir my! 😁 Dit lyk of die persoon dit baie geniet en sê ons skryf in goeie, humoristiese Afrikaans! En sy beskryf Rebusfontein as idillies! Heeltemal reg beskryf, as jy my vra! ‘Quirky style’! 😊 ‘Unapologetically subversive’ 😳 ? Maar gaan lees wat skryf hierdie oulike blogger alles van ons! Oooee, maar kyk hierdie een: ‘all talented writers’! Terloops, ek sal dit nou nie te hard sê nie, maar sy is my hero, hoor! 😀
Toortsie
Hierdie lekkerte was sommer regtig driemaal lekkerder…..
LikeLiked by 1 person
Nê 😁
LikeLike
Beslis drie baie lekkertes, veral no drie!
LikeLiked by 1 person
Dis opwindend! Nr 3. Maar daai groot Engelse woorde 😳
LikeLiked by 1 person
Nr 3… Die dag toe ek dit raaklees, was ek sommer heerlik in die wolke daaroor, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Dis so opwindend! 😁👏🏻👏🏻
LikeLike
Soos voorheen gesê ek sou so graag ‘n komposhoop wil hê… maar wat van die rotte? Ek is ernstig hier; as ek ‘n oplossing daarvoor kan kry is ek reg vir daardie komposhoop.
LikeLike
Ek weet nie wat om te antwoord nie.
LikeLiked by 1 person
Het julle nie die probleem nie?
LikeLike
Nee, nog nie. By vorige erf het ons soms ‘n muus gewaar toe ons die goed sommer net onder die bome gegooi het. Ek kan regtig nie hierop antwoord nie.
LikeLiked by 1 person
Wil jy vir my sê jou Toortsie laat jou in die steek? Toemaar…. ons het rotteprobleem gehad vandat ons ingetrek het. Gehoop soos die voorstad ontwikkel hulle ander blyplek sal vind…. maar lyk my hulle dink “The more the merrier.”
LikeLiked by 1 person
Kry katte!
LikeLiked by 1 person
Met rottweilers op die erf? Dit sal vir jou ‘n gemors afgee. Geniet jou komposhoop!!! Wanneer ek skille ens weggooi sal ek aan jou dink. Wanneer ek plasties weggooi dink ek aan jou. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek gooi steeds heeltemal te veel plastiek weg.
LikeLiked by 1 person
Kameel dis my komposkas wat op Toortsie se blog pryk, ek het geen probleme met rotte nie. Ook by ons vorige huise waar ek kompos gemaak het, het ek nog nooit probleme met rotte gehad nie. Vandag my eerste kompos uitgehaal en met groot vreugde my nuwe Bouganvilla geplant omring met heerlike kompos.
LikeLiked by 3 people
Hier by ons hardloop daar groot rotte rond. Altyd my appelskille en stronke in tuin gegooi, toe lees ek rotte is lief vir appels dit lok hulle. Lees toe verder dat hulle nie kieskeurig is nie…. sommer aan alles knibbel. Nou staan ek maar terug 😣
LikeLiked by 1 person
Ons verstaan, Kameel. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek is bly hier is nie rotte nie, hulle laat my gril
LikeLiked by 2 people
😊
LikeLike
Klink na groot vreugdes
LikeLiked by 1 person
Lekkerste lekker om so van almal te hoor en te lees. Dankie vir die deel van die drie lekkertes.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die inloer.
LikeLiked by 1 person
Die heerlik om sulke positiewe terugvoer te kry.
LikeLiked by 1 person
Man, dis soos konfyt op brood!
LikeLiked by 1 person
3 groot lekkertes. Veral daardie kommentaar uit die buiteland oor ons wonderskrywes oor ons wonderdorpie. Skielik is ons sommee op n hoër trappie! En arme Kameel met rotte en rotweilers. Leer asb d honde om hulle naam gestand te doen.
LikeLiked by 1 person