‘n Skat in die hand

Vir baie jare al stel ek belang in Islam en lees ek graag daaroor. Ek wil dit graag verstaan, as Christen. Ek wil verstaan hoe Moslems hulle geloof beleef. Ek wil verstaan hoe Christene in Moslemlande oorleef. Ek wil weet wat dit behels as ‘n land wat voorheen ‘n Christenland was, ‘n Moslemland word. Hoe meer ek daaroor lees, hoe meer verstaan ek ook my eie geloof.

Ek het al verskeie boeke hieroor gelees en ook op my blog hieroor geskryf. Loer gerus by kategorië by boeke.

Nou het hierdie wonderlike boek in my hande beland: Defying Jihad deur Esther Ahmad en Craig Borlase. Ek kan dit net nie neersit nie, want behalwe dat dit oor Islam gaan, gaan dit oor ‘n ware lewensverhaal, wat seker my allergunstelingboeke is. Daar is min dinge wat my só inspireer as om te lees wat ander mense beleef, hoe hulle sterkstaan.

Die boek begin waar Zakhira deur haar dorpsmense iets aangedoen wil word omdat sy tot bekering gekom het.

Dan vertel sy van haar kinderjare. Sy was die derde dogter en was bekend in die dorp as die dogter wat haar pa nie wou gehad het nie. Hy wou ‘n seun hê. Sy het ‘n fantastiese verhouding met haar ma gehad, wat ekstra moeite gedoen het om haar te leer om ‘n goeie Moslem te wees.

Volgens die agterblad was sy een van die ‘uitverkose bevoorregtes’ wat gekies was om as selfmoordbomdraer op te tree.

Toe kom Jesus.

Ek is maar nog in die begin van die boek en lees raak hoe haar ma vir haar leer dat jou goeddoen én verkeerddoen teen mekaar opweeg om eendag as jy dood is, jou lot te bepaal. Dis sulke tye wat ek God loof vir Jesus, wat reeds die straf gedra het vir my sonders omdat ek dit nooit sou gemaak het nie, al probeer ek hoé hard.

Ek geniet hierdie boek terdeë en vermoed dat ek nog ‘n paar keer hieroor gaan kom skryf. Dis so gemaklik geskryf, niks ingewikkelds nie. Mens wil net lees en lees en lees.

Toortsie

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

25 thoughts on “‘n Skat in die hand

      1. Ek vind in Kaapstad dat meeste in Jesus glo maar nie as God nie. Dis nie veel anders as soveel charismatiese kerke wat ook Hom slegs sien nas “seun van God” wat beeldspraak is waarmee HY begin het. Dus is daardie kerke nie veel anders as Islam nie. Hulle vier Kersfees……

        Liked by 1 person

        1. Ek gaan nie oor ander Christelike kerke en denominasies oordeel nie. Veral nie hier op my blog nie.
          Die vyand is die duiwel,nie die ander ou wat Jesus op ‘n ander manier aanbid nie.
          Ek wil ook nie die Moslemmense bespreek nie.
          Ek vier ook Kersfees.
          😊

          Liked by 1 person

  1. Kan jy glo, Toortsie, Defying Jihad lê op my bedkassie gereed, ek moet net gou my nuwe Wilbur Smith klaarmaak. Eerlik, ek kan nie wag om die boek te begin nie, die radikale Moslem geloof is ook een waaroor ek lees. Om net insig te kry. Om te probeer verstaan.

    Liked by 1 person

  2. Tyd stap aan en nou woon ek in Lusaka, Zambië wat meëndeels Christenne is. Maar die ‘expats’ hierlangs is van orals af. As ek ‘n kat aan die stert sou swaai, dan tref ek ‘n Turk, Hollander en twee Israilies met een hou. Op die oomblik terg die weer vir die opbou van ons reënseisoen. Teen die middag 5:30 dan vlug almal uit die huise uit en stap buite rond, om die laatmiddag se windjie te laaf. So bekyk ek die klomp…

    Die Moslem en Jode loop en knik net vir mekaar. Ek praat van haarlokke en toiings aan hulle klere en helder kopdoeke van die Jode, en die meer rustigste Moslems…hierso is die Jode erg tradisioneel en die Moslems minder tradisioneel.

    Maar ja, ek kuier by beide. Meer hieroor later. Dit bly misterieus en baie anders.
    EN RAAI WAT? Hulle wil net heeltyd weet van óns kleintyd se opgroei in ‘apartheids jare”!

    Liked by 1 person

      1. Seker ‘n baie oulike familielid. Jy weet, ek ondek toe mos ‘n heel nuwe ‘tribe’ hier in Lusaka….Wit mense wat hier gebore en opgegroei het…met paspoorte van Zam en al! Weetnie hoe het my kop altyd gedink nie as mens wit-Suid-Afrikaners en Namibiërs kon kry… dan is wit Zambiërs ook mos moontlik…!

        Liked by 1 person

  3. Unveiling Islam was vir my so ‘n insiggewende boek. Wat my fassineer is om hulle getuienisse te luister op utube. Dis so asof Jesus Homself op ‘n besonderse manier aan hulle openbaar vir hulle om te glo.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!