Vir baie jare al stel ek belang in Islam en lees ek graag daaroor. Ek wil dit graag verstaan, as Christen. Ek wil verstaan hoe Moslems hulle geloof beleef. Ek wil verstaan hoe Christene in Moslemlande oorleef. Ek wil weet wat dit behels as ‘n land wat voorheen ‘n Christenland was, ‘n Moslemland word. Hoe meer ek daaroor lees, hoe meer verstaan ek ook my eie geloof.
Ek het al verskeie boeke hieroor gelees en ook op my blog hieroor geskryf. Loer gerus by kategorië by boeke.

Nou het hierdie wonderlike boek in my hande beland: Defying Jihad deur Esther Ahmad en Craig Borlase. Ek kan dit net nie neersit nie, want behalwe dat dit oor Islam gaan, gaan dit oor ‘n ware lewensverhaal, wat seker my allergunstelingboeke is. Daar is min dinge wat my só inspireer as om te lees wat ander mense beleef, hoe hulle sterkstaan.
Die boek begin waar Zakhira deur haar dorpsmense iets aangedoen wil word omdat sy tot bekering gekom het.
Dan vertel sy van haar kinderjare. Sy was die derde dogter en was bekend in die dorp as die dogter wat haar pa nie wou gehad het nie. Hy wou ‘n seun hê. Sy het ‘n fantastiese verhouding met haar ma gehad, wat ekstra moeite gedoen het om haar te leer om ‘n goeie Moslem te wees.
Volgens die agterblad was sy een van die ‘uitverkose bevoorregtes’ wat gekies was om as selfmoordbomdraer op te tree.
Toe kom Jesus.
Ek is maar nog in die begin van die boek en lees raak hoe haar ma vir haar leer dat jou goeddoen én verkeerddoen teen mekaar opweeg om eendag as jy dood is, jou lot te bepaal. Dis sulke tye wat ek God loof vir Jesus, wat reeds die straf gedra het vir my sonders omdat ek dit nooit sou gemaak het nie, al probeer ek hoé hard.
Ek geniet hierdie boek terdeë en vermoed dat ek nog ‘n paar keer hieroor gaan kom skryf. Dis so gemaklik geskryf, niks ingewikkelds nie. Mens wil net lees en lees en lees.
Toortsie
Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
Ek en my Meesgeliefde Wyfiekel het darem meer as 30 jaar ervaring van hulle geloofskant en selfs Moslemvriende. Dis ander as wat bv Amerikaners dink. Baie anders.
LikeLiked by 1 person
Ek weet Moslems is dierbare mense.
LikeLiked by 1 person
Ek vind in Kaapstad dat meeste in Jesus glo maar nie as God nie. Dis nie veel anders as soveel charismatiese kerke wat ook Hom slegs sien nas “seun van God” wat beeldspraak is waarmee HY begin het. Dus is daardie kerke nie veel anders as Islam nie. Hulle vier Kersfees……
LikeLiked by 1 person
Ek gaan nie oor ander Christelike kerke en denominasies oordeel nie. Veral nie hier op my blog nie.
Die vyand is die duiwel,nie die ander ou wat Jesus op ‘n ander manier aanbid nie.
Ek wil ook nie die Moslemmense bespreek nie.
Ek vier ook Kersfees.
😊
LikeLiked by 1 person
Lees ook gerus Bilquis Sheikh se “I Dared To Call Him Father.”
LikeLike
Ek het. 😁
LikeLiked by 1 person
Disvaangrypend, of hoe?
LikeLike
Baie. Lank terug gelees.
LikeLiked by 1 person
👌
LikeLike
Ek het dit meermale gelees en baie daaruit geleer maar omdat ek steeds hier op straatvlak sendingwerk doen.
LikeLiked by 1 person
Regtig ‘n insiggewende boek.
In the land of blue burquas. Net so insiggewend.
LikeLiked by 1 person
Kan jy glo, Toortsie, Defying Jihad lê op my bedkassie gereed, ek moet net gou my nuwe Wilbur Smith klaarmaak. Eerlik, ek kan nie wag om die boek te begin nie, die radikale Moslem geloof is ook een waaroor ek lees. Om net insig te kry. Om te probeer verstaan.
LikeLiked by 1 person
Dit is goed om wyd te lees. Hoe meer ons van ander kulture verstaan, hoe makliker kan ons Jesus aan hulle verduidelik.
LikeLiked by 1 person
Net so ja. 😊
LikeLiked by 1 person
Interessant
LikeLike
Tyd stap aan en nou woon ek in Lusaka, Zambië wat meëndeels Christenne is. Maar die ‘expats’ hierlangs is van orals af. As ek ‘n kat aan die stert sou swaai, dan tref ek ‘n Turk, Hollander en twee Israilies met een hou. Op die oomblik terg die weer vir die opbou van ons reënseisoen. Teen die middag 5:30 dan vlug almal uit die huise uit en stap buite rond, om die laatmiddag se windjie te laaf. So bekyk ek die klomp…
Die Moslem en Jode loop en knik net vir mekaar. Ek praat van haarlokke en toiings aan hulle klere en helder kopdoeke van die Jode, en die meer rustigste Moslems…hierso is die Jode erg tradisioneel en die Moslems minder tradisioneel.
Maar ja, ek kuier by beide. Meer hieroor later. Dit bly misterieus en baie anders.
EN RAAI WAT? Hulle wil net heeltyd weet van óns kleintyd se opgroei in ‘apartheids jare”!
LikeLiked by 1 person
Sjoe dis interessant en jy woon behoorlik die wêreldvol. 😁 Ek het ‘n familielid wat in Lusaka woon.
LikeLiked by 1 person
Seker ‘n baie oulike familielid. Jy weet, ek ondek toe mos ‘n heel nuwe ‘tribe’ hier in Lusaka….Wit mense wat hier gebore en opgegroei het…met paspoorte van Zam en al! Weetnie hoe het my kop altyd gedink nie as mens wit-Suid-Afrikaners en Namibiërs kon kry… dan is wit Zambiërs ook mos moontlik…!
LikeLiked by 1 person
Ek dink dit is moontlik, maar het ook nog nooit so ver gedink nie.
LikeLike
wat vir my opvallend is dat hulle geloof so streng is. en tog het hulle so ‘n groot aanhang.
LikeLiked by 1 person
Unveiling Islam was vir my so ‘n insiggewende boek. Wat my fassineer is om hulle getuienisse te luister op utube. Dis so asof Jesus Homself op ‘n besonderse manier aan hulle openbaar vir hulle om te glo.
LikeLiked by 1 person
Hierdie vrou se belewenis is net so fantasties.
LikeLike
Gaan die boek soek….sal dit vreeslik graag wil lees..
LikeLiked by 1 person
Regtig goeie boek.
LikeLike