Hier in Blogland is ons ‘n groep mense, meestal vroue, wat saamspeel, saam laf is, saam uitdagings aanvaar, mekaar ondersteun, mekaar aan die groottone uit die modder sleep, mekaar oplig, mekaar dra, saam lag … Dis nie ‘n geslote groep nie, ons verwelkom graag met ope arms nuwelinge wat ook graag in die pret, saamskryf, saamspeel, saam leef wil deel. Dit is ook nie verpligtend nie. Jy speel saam wanneer jy wil en wil jy die keer uitsit, mag jy, maar die kans is goed dat jy dalk tog aangemoedig sal word om saam te speel as jy sou wou. Hierdie groep, kan ek met oortuiging sê, is regtig lief vir mekaar, gee om vir mekaar. Hierdie groep mense het mekaar nog nie noodwendig in lewende lywe ontmoet nie, sommige van hulle het wel, maar dít is ook nie die grootste probleem in die wêreld nie.
In blogland het ek geleer dat daar iewers in die wêreld soms mense is wat, waar ek gedink het ek is die enigste persoon wat soms anders dink, ook soos ek dink. Terselfdertyd het ek geleer dat daar baie mense is wat anders as ek dink, en dat dit nie verkeerd is nie. Ek het geleer om ander mense se stories en standpunte deur te luister en die verskeidenheid daarin te omhels. In blogland het ek soveel van ander mense geleer. Danksy blogland het ek ook soveel van myself geleer.
Want, om dinge te verwoord, om dinge neer te skryf, moes ek soms dinge deurdink. Ek moes dink oor hoe ek oor iets voel, maar nie net dit nie, ook hoekom ek so voel. Ek het ook geleer dat daar sekere goed is wat veilig is om nie oor te skryf nie, al is dit dalk nodig. En soms het ek gewaag en wel daaroor geskryf in die hoop om nie op tone te trap nie.
Blogland het my lewe verryk, nie het nie, dit doen dit steeds. Blogland het my leer waag om die pen op te neem. Ek, wat gehuiwer het om ‘n opstel te skryf op skool, het dit gewaag om eers my ou klein opstelletjies hier te kom neerskryf oor my eie lewe, oor dinge wat vir my gemaklik was om oor te skryf, om minder gemaklike dinge neer te pen, om aan bloguitdagings te begin deelneem, om te waag om oor onderwerpe te skryf wat vir my minder bekend of gemaklik is, om te waag om deel te neem aan blogvervolgverhale waar ek iewers tussen ander meesterskrywers ook my beurt kry om ‘n hoofstuk te skryf (angswekkend!).
Ek is mal oor blogland en sy mense!
Toortsie
Ek is mal oor Blogland saam met jou. Ons het al baie ryker geword met al die dinge wat ons al gedeel het en nog gaan deel. Doet so voort.
LikeLiked by 1 person
Hiep hiep hoera vir Blogland👏👏🍾🥂
LikeLiked by 1 person
Soos jy weet is ek emosioneel oor hierdie onderwerp. Baie. Jy het verwoord wat my hart ook voel, Toortsie.
LikeLiked by 2 people
Ek is ook. As ek vir nie-bloggers van die Towerinne vertel, blink my oë en hulle het ‘n vreemde kyk in hulle oë.
LikeLike
Nie-bloggers gaan beslis dink mens is vreemd… 😀
LikeLiked by 2 people
Hulle weet dit in elk geval. Ek us mos maar vreemd. 😁
LikeLiked by 1 person
Hmm, nie in my boekie nie!
LikeLiked by 1 person
Jy is my hero! 😁
LikeLiked by 1 person
🤣 Die vreemde kyk in hulle oë! In my huis is Blogland en Towerinne al deel van alledaagse tafelgesprek.
LikeLiked by 3 people
Laaankal al.
LikeLiked by 1 person
Ja, maar ek vermoed jy het jou huismense mooi geleer en makgemaak 😀
LikeLiked by 1 person
My huismense het vroeg geleer dat hulle hulle nie vir my moet skaam nie, dit sal hulle duur te staan kom! 🙈 Daar moenie ‘n spiertjie wees wat lyk of dit vreemd wil trek nie, dis olie op die vuur.
Nou die dag het ek iets gedoen wat vreemd was in my nefie se oë. Nou moet ek eers byvoeg dat hy in my huis soos een van my kinders is. Ek het net vir hom gevra of dit enigsins moontlik is dat ek hom nog kan skok of verras? Hy moet mos darem nou al gewoond wees daaraan. 😂
LikeLiked by 1 person
Hulle is bevoorreg om met jou uniekheid saam te leef ❤
LikeLiked by 2 people
Ek kry hulle soms jammer. Gelukkig het hulle mos daarmee in die huis grootgeword. 😂 Sies tog, met die seuns het ek nog normaal probeer optree. Dit was ‘n streng storie. Met meisiekind 7 jaar later was ek meer ek. Sy is ook toegelaat om haarself te wees. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek dink hulle is net gekondisioneer – ná ‘n halfeeu se malligheid.
LikeLiked by 2 people
Dis heeltemal reg ook. 😁
LikeLiked by 1 person
Wie het nou ooit gedink, toe ons blogland betree het, dat ons in ons eie dorp sal gaan woon en geheime sal ontrafel en perfekte misdade pleeg en sommer op groen busse spring en die land platry?
LikeLiked by 2 people
Praat jy! En dit is sooo lekker! 😊😂
LikeLiked by 1 person
Huisman moes destyds besef het hier kom malligheid toe jy so ewe kalm daardie molslang waarmee hy jou wou beïndruk by hom gevat het!
LikeLiked by 1 person
Nou weet ek nie? 😳👀
LikeLiked by 1 person
Hester het eenkeer oor daardie insident geblog, ek het dit so geniet dat ek dit nog steeds onthou!
LikeLike
😁
LikeLiked by 1 person
‘n Man leer mos maar stadig jy weet … 😀
LikeLiked by 2 people
Dis nou mooi saamgevat, Toortsie. Self kan ek my nie indink in ‘n wêreld sonder my blogvriende nie!
LikeLiked by 3 people
Toortsie jy slaan die spyker op sy kop. Die mense hier is hartsvriende.
LikeLiked by 2 people
Bytjie jy is met ons. Net vanoggend gedink as ek nie vandag van jou hoor nie gaan ek opcheck.
LikeLiked by 2 people
Dankie liewe Kameel, ek waardeer jou bedorgdheid.Ek pas heel week kleinseuntjie op… vat hier en daar grond!😵☺️
LikeLiked by 3 people
Ooooo sterkte!!! Kan net dink hoe moeg is jy.
LikeLiked by 2 people
Ek is vodde!🙃
LikeLiked by 1 person
Sterkte. Geniet dit!
LikeLiked by 1 person
Absoluut
LikeLiked by 1 person
Ek voel nes jy, emosioneel oor mense wat ek (party) nog nooit ontmoet het nie, weird ek weet….. Maar daar is mede-weirdies, wat dit makliker maak
LikeLiked by 2 people
Whelakapela, ons is tog vreemd. 😁👏🏻
LikeLiked by 1 person
Dis voorwaar ‘n vreemde wêreld waar jy lief raak vir mense… en hulle leer ken sonder om hulle ooit te sien. Die avonture wat ons saam beleef voel so rêgtig. Kan amper nie glo ek het nie ‘n Rebusfontein huisie nie. En daar is nie rêgtig ‘n Lorenzo vir wie ons so lief gerask het nie. Miskien word ons almal toegesluit as ons uitgevang word 😂😂😂😂😂
LikeLiked by 2 people
Ek dink ons voel almal so. En as ons saam toegesluit word, soos Kameel sê, sal ons heelwaarskynlik ‘n lekker vervolgverhaal in die tronk skryf. Hoera vir Blogland en Towerinne.
LikeLiked by 1 person
Moenie die polisie idees gee nie! 👀😳
LikeLiked by 1 person
Hahaha
LikeLiked by 1 person
Hulle sal wildeel wees van die storie.
LikeLiked by 1 person
Dis reg so
LikeLiked by 1 person
Dan kan jy moeilikheid verwag! 😂
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike
Julle klomp is my regte egte verbeel saam maats en skatryk is ek om saam te kan Towerin. My gesin vra nogal na julle uit as ek nie self vertel nie.
LikeLiked by 3 people
Mooi man. Ons is lief vir jou ook.
LikeLike
Oe Toortsie! Net so, net so. Angswekkend. En nie omdat mens slegte kritiek kry nie. Inteendeel! Die skryf deel is angswekkend
LikeLiked by 1 person
In die begin was ek so ongemaklik hieroor. Wat sal die mense sê? Hier is van my dorp se mense wat hier lees.
Nou steur ek my nie meer daaraan nie, maar dit is en bly ‘n massiewe uitdaging om deel van so ‘n storieskrywery te wees. Nou hoor ek daar kom ‘n tweede rondte! Ek voel na flouval.
LikeLiked by 2 people
Ekke ook
LikeLiked by 1 person
Ek geniet blogland, Ek geniet die Towerinne en hulle eskapades. Min van my mense lees my blogs, maar wat maak dit tog saak. Hier is darem ‘n paar, wat my aanmoedig en ek is julle baie dankverskuldig. DANKIE!
LikeLiked by 1 person
Jy is ook mos een van ons. Jy moet dan die braaiwerk doen! 😂
LikeLiked by 1 person
Ek, het my plig versuim, die afgelope tyd.
LikeLiked by 1 person
Nee wat, ons skryf mos maar wanneer ons wil.
LikeLike
Liewe land. Is Rheboksfontein besig om uit te brei of verbeel ek my? Daar was al selfs belsngstelling van oorsee af!. Intussen dwaakbobs klomp rond in die grot en weet nie wat in die buitewereld aangaan ni.
LikeLike
Vertel!?😳
LikeLiked by 1 person
Ek dink dis Frannie wat op facebook vertel het van die belngsteling van iemand in ons groep en die stories wat ons skryf. Was dit jy Frannie? Kan jy weer vir ons die link plaas?
LikeLiked by 1 person
lees hier, Toorts: https://sevencircumstances.com/2019/09/29/what-is-it-about-rebusfontein-and-the-king-louis-viii/comment-page-1/#comment-1856
LikeLiked by 1 person
Jy maak blogland opwindend Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Oelalaaa 😁
LikeLiked by 1 person
Blogland is vir my soos Kaalkop vir Nataniel is….hemels!
LikeLiked by 1 person
Netso! 😁👏🏻
LikeLike