Interessante identifikasie

Ek moet die pendelpad terug aandurf met een van die plaasbakkies en diesel by ons verskaffer langs die pad ingooi. Heeltyd wonder ek of hulle vir my die diesel gaan gee, ek is nie geregistreer op die stelsel nie, ook nie die betrokke bakkie nie

Sonder probleme gooi hulle die diesel in.

Nou wil ek eers vertel dat my broer en ook my seun al by padblokkades deurgelaat is met my bestuurslisensie! Dis nie dat ons gejok het nie, albei lyk na my, maar ons het gevra of ek maar myne kan wys. Broer het syne vergeet en seun s’n was agterin die kar se kattebak toegesluit

O, hoe het ek die diesel gekry? Hulle het my honde herken!.

😂

Toortsie

12 thoughts on “Interessante identifikasie

    1. So op die faktuur staan daar dat ek by bakkie A ingegooi het, terwyl dit eintlik bakkie B was. By die verwysing staan bakkie B se nommer. Die persoon wat ingegooi het, is ‘n man en die foto is van my, wat mos eintlik ‘n vrou is. 😂

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s