Gebede uit die hart

Gebede uit die Hart deur Warren W Wiersbe is die boek wat ek tans lees. Dis regtig ‘n boek wat ek graag wil aanbeveel.

Op ‘n gemaklike manier skryf Wiersbe oor gebed, ‘n manier wat ek, en elke ander gewone mens sal verstaan. Niks hoogdawerends en in ‘n taal wat bó my vuurmaakplek is nie.

In die eerste afdeling, Noodsaaklike gebed, bespreek hy gebed in die algemeen, soos hoekom ons bid, die erns van gebed, dat ons opreg moet bid, gebed by die etenstafel, dat ons met vrymoedigheid sal bid, nie rympies aframmel nie, ons gebed oordink.

Hy verwys na gebeure in die Bybel, soos Abraham se versoek dat Sodom en Gomorra gespaar sou bly ter wille van tien mense, wat eintlik maar net Lot en sy gesin was, dat God die sonwyser vir Hiskia teruggeskuif het en die sonsondergang vir Josua uitgestel het.

Lees net hier, ek haal aan: ‘Dit klink ongelooflik, maar wanneer ons binne die Here se wil tot Hom bid, is ons so bevoorreg om aanspraak te kan maak op die almagtige krag wat die heelal geskep het en onderhou.’

In die tweede afdeling raak hy prakties en gee hy raad oor hoe ons ons gebed kan vernuwe en verbeter.

Hierdie is beslis ‘n boek vir mense wat ernstig voel oor hulle gebedslewe en voel dat hulle ‘n bietjie vernuwing daarin benodig.

Toortsie

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s