Iewers in ‘n jaar, elke jaar, is dit sulke tyd. Dan moet daar koei roll call gedoen word. ‘n Lys van al die koeie op die plaas word gedruk en die koeie kom almal in ‘n drukgang en se nommers word uitgeroep, wat ek dan aftiek. Die doel daarvan is om te sien watter koeie is nog op ons lys, maar is nie meer op die plaas nie, om watter rede ookal.
Dis maar ‘n misserige besigheid. Eintlik, om die waarheid te sê, gaan dit deesdae al baie beter en het ons al slimmer geword. Koeie in melk word nie een-een afgemerk nie, die rekenaar doen dit mos sommer in die stal. Dit maak die werk nogal minder as voorheen.
Gister het ons al die jong verse gedoen. Ek het in die bakkie gesit terwyl die nommers uitgeroep word in die kraal langsaan. Vandag was dit in die stal, en jy kan nou maar maak wat jy wil, na koei gaan jy lyk, ruik en voel as jy klaar is. Iewers gaan jy mis optel, al keer jy nou ook hoe.
Dis nie ‘n werk wat ek elke dag van my lewe wil doen nie, maar as ek die volle waarheid moet vertel, kan ek sê dat dit nie vir my regtig sleg is nie. Ek dink natuurlik die werkers werk baie hard die twee dae omdat die gewone daaglikse take steeds aangaan, hierdie is ekstra. Die beeste is vir my mooi, ek hou van die versies, hulle is pragtig. Dis vir my lekker om soms met hulle te doen te kry, al is dit dan nou op hierdie manier.
Nou ja, ek is skoongestort, reg vir my gewone lewe om aan te gaan. Koeie is afgemerk en dit is darem sekerlik nou eers weer klaar vir ‘n goeie ruk.
Groete
Toortsie
En hoe gaan dit met Trixie se spene? Hahaha – onthou jy nog die reeks wat Tobie Cronjè in gespeel het? Ek hou van koeie. Hulle lyk altyd so waardig en in beheer van hulle eie emosies.
LikeLiked by 1 person
Ek onthou van Trixie se spene. 🙂 Ek het skoon vergeet om te vra!
LikeLiked by 1 person
🤣
LikeLike
Dis maar ‘n mislike werk… maar dis gedoen.
Ek gaan nou volgende keer kyk of koeie waardig en in beheer van hulle emosies lyk. 😂😂😂
LikeLike
Ai man. Wat kan ek nou hierop sê?
LikeLiked by 1 person
Wens mens kon jou dophou so tussen die koeie. Praat jy partykeer met hulle? Ek sou nogal kon, ń koei het sulke sielvolle oë.
LikeLiked by 1 person
Ek sit maar doodstil op ‘n tafel en moet so mooi luister om die nommers reg te hoor en af te tiek. Ek doen mos nie meer al die melkstalinligting nie, dit maak my minder betrokke by die koeie. Vroeër toe ek dit nog almal met die hand gedoen het, het ek die koeinommers onthou. Ek sou dan as ek op die plaas loop, met hulle gesels. Hul is baie nuuskierig, veral as die honde by is en loop dan agter ons aan. Vandag weer het ek toe ons by die verse wat in hokkies staan, aanmekaar een gevoel wat aan my probeer ruik of lek. 😁
LikeLike
Haha, ek weet presies hoe jy voel (en ruik) na so n werkery. Toe ek by die huis kom na my skape storie bly ek skaap ruik omdat dit in alles ingetrek het veral met die nat weer. Tog is dit lekker om so te werk. Selfs die hoenders het my smidae tegemoed gehardloop.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike