Tannie Hilda

Daar in die demensieafdeling is ‘n tannie, sy het ‘n ander naam, maar om haar identiteit te beskerm, noem ek haar tannie Hilda. Ek is mal oor haar.

Die eerste oomblik toe ons mekaar sien, staan sy op, haar gesiggie straal van vreugde. ‘Sjoe, maar jy is mooi! Jy is pragtig.’ So praat sy aanmekaar en gou-gou het ek besef alles maak nie sin wat sy sê nie, maar dit maak ook glad nie saak nie. Ons speel sommer saam en daar waar sy gaan met haar geselsies, daar gaan ons saam. ‘Hier is ons almal net lief vir mekaar’, vertel sy opgewonde.

Hoekom ek van tannie Hilda vertel? Ek sou haar darem graag as jonger vrou wou ken, ek dink sy was ‘n fees, ‘n bolletjie energie, iemand wat mense oplig. En dís wat vir my wonderlik is, dat die demensiesiekte wat soveel van ‘n mens steel, nog nie haar vrolike en positiewe gees gesteel het nie.

Ek glo met my hele hart dat dit vir die verpleegsters en ander personeel wat daar werk, lekker is om met haar te werk. Selfs nou nog versprei sy positiewe energie waar sy gaan.

Niemand weet wat vir ons voorlê nie, watter pad ons nog moet loop nie. Ek weet ook nie of dit dalk my voorland is nie. Al wat ek kan vra is dat ek ook soos tannie Hilda, enduit positiewe energie sal versprei en mense om my sal opbou. Soos sy steeds doen, want dit is in haar natuur.

Tannie Hilda, ek salueer vir tannie!

Toortsie

15 thoughts on “Tannie Hilda

  1. Te oordeel aan waar my Pa woon, wonder ek hoeveel demensie van medikasie afkomstig is…… Ek het tekens gesien wat dui op onnodige dosering. Dit laat my dink aan my dogter wat bedwelmd tuisgekom het van die dagmoeders af, selfs by ‘n geregistreerde kleuterskool. Hulle is Vallergan Forté of so-iets gevoer.

    Liked by 1 person

          1. Ek is seker dat die meeste nogal goed vaar, daar is wel uitsonderings. Ook ‘n program iewers oor die radio het verwys na wanaanwending van medikasie. Veral as oumensies se tonge begin uithang, kan mens maar vrae begin vra. Dis soms ‘n newe-effek van kalmeermiddels.

            Liked by 1 person

                1. My onthougied werk juis nie so lekker nie en ek us baie bang dat hulle voel om my sommer daar te hou as ek daar kuier! 😳 Maar ek en tannie Hilda sal die pop saamroee daar, dié moet jy weet!

                  Like

  2. Ek het ‘n regte Tannie Hilda geken wat net so was, hulle het haar ‘n ander naam genoem. Ongelukkig is sy nie meer met ons nie. Wonder soms hoe hulle haar vlerke gevou het om haar in die kis te kry. Mis haar.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s