
Leserskommentaar geskryf deur ‘n vriendin.
Die eenjaar Ma en Dogter dagboek deur Dannah Gresh.
Dis Vrydag, 4 Oktober. Op die agterblad van die dagboek onder die hofie, ‘Dankbaar’, staan ‘Begin bloot by vandag se datum’, so, dis wat ek doen – lees die dagstukkie van 4 Oktober.
Die opskrif is ‘Handgemaak: Dans soos Dawid.’ Die leser word deur die Skriflesing uit Ps 150 wat onder die afdeling Bybelblits verskyn, weggevoer op die maat van musiek om die Here te loof en te prys met musiekinstrumente. Die prentjie van Dawid wat dans wat in 2 Samuel 6 beskryf word, word ook aan die leser voorgehou as ‘n voorbeeld om die Here met oorgawe te aanbid.
Die dagboek bevat, behalwe dagstukkies wat God se Woord met daaglikse gebeurtenisse verbind, ook praktiese aktiwiteite wat Ma en Dogter saam kan doen om hul sodoende ook nader na mekaar te trek asook in gesprek met mekaar te hê oor ligte onderwerpe soos om ‘n diskobal te maak onder die afdeling ‘Handgemaak’ by 4 Oktober (hierdie afdeling verskyn nie by elke dagstukkie nie) of ‘Hartspraatjies’ wat Ma en dogter uitlok om met mekaar te praat oor dit wat vir elkeen belangrik is, maar nie noodwendig in ‘n alledaagse gesprek sal opkom nie.
Bybelblits gee ‘n toepaslike Skrifgedeelte wat saam met die dagstukkie gelees kan word en meer lig op die dagstukkie werp. Die leser kry dan ook meer insig in daardie Bybelgedeelte.
Die ‘Taal-lab’ wat in die boek ingebou is, is veral vir my waardevol. Begrippe soos Genade, Skynheilig, Tiendes en nog meer word in ‘n dagstukkie bespreek. Weer eens word praktiese voorbeelde (werklike gebeure) gebruik om dit wat die Woord van God aan ons wil deurgee, te illustreer.
Dit is ‘n dagstukkieboek wat Ma en dogter kan deurwerk, maar dit kan ook deur enige indiwidu gebruik word. Die dagstukkies konsenteer nie noodwendig net op die vrou nie.
Groete
Toortsie en vriendin
Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.