Twee oulike kinderboeke

Sjoe, hierdie is nou twee oulike kinderboeke!

Wild Dierestories uit die Bybel vir kleingoed is nét die boek om te hê vir jou kleuterkleinkinders. Dis ‘n hardebladboek, kleurvol en sal elke kinderhartjie verbly.

Die Bybelverhale wat in die boek vertel word, is die skeppingsverhaal, Noag, Daniël, Jona, Jesus se geboorte, ens.

My Eerste Woorde Bybel is net so ‘n oulike kleurvolle boek in hardeblad. Op elke dubbelblad is ‘n kort Bybelstorietjie, met woorde en prentjies wat hoort by daardie storie.

Ek is regtig opgewonde oor albei hierdie boeke. Dis lekker boeke wat kinders positief besig sal hou, hulle aandag sal hou en woordeskat op ‘n oulike manier opbou.

Toortsie

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

One thought on “Twee oulike kinderboeke

Laat 'n boodskap na kethuprofumo Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s