
‘n Vriend het hierdie boek vir my aanbeveel: Die Bybellennium ‘n Eenvolume kommentaar.
Wat ‘n heerlike boek! Dis ‘n kommentaar oor die hele Bybel. Goeddeurdagte kommentaar vir nou se tyd en omstandighede.
Voor ek hierdie boek gehad het, was die Bybel in Praktyk my beste verwysing as ek oor enige iets geteyfel of gewonder het en ek hou steeds baie vsn hom. Hierdie boek gee ‘n hele bespreking in ‘n lekker gemaklike styl. In gemaklike taal. Niks hoogdawerends nie.
Dis ‘n dik boek, maar dit wat ek tot dusver gelees het, hou ek baie van.
Dis beslis ‘n boek wat ek sal aanbeveel vir dieperdelewers, vir mense wat die Bybel wil verstaan en ook toepas in die hedendaagse tyd.
Toortsie
Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
Ek gaan hom aanskaf, dankie Toorts.
LikeLiked by 1 person
Aanbevelenswaardig.
LikeLiked by 1 person