Alles Malan

Ek geniet die reeks, Alles Malan, so baie. Ag, ek geniet gewoonlik al Kyknet se reekse, maar ek kan so assosieer met hierdie gesin.

Persoonlik dink ek dat baie mense met die gesin kan assosieer omdat daar soveel uiteenlopende mense in is.

Die ma (ou ma) wat haar gesin wat die wêreldvol wil spat, probeer bymekaarhou. Die pa wat moet oorgee aan sy seun, maar nog nie emosioneel heeltemal gereed is daarvoor nie. Die seun wat die pakkie moet oorneem, maar terselfdertyd met die pa koppe stamp. Die jonger seun wat in die besigheid is, maar eintlik nie daar wil wees nie, sy hart lê in rugby. Die jong ma wat, terug in SA, ook háár gesin moet laat werk te midde van soveel uitdagings. Die jong juffrou wat moet kompeteer met haar geliefde se sportliefde. Die matriekmeisie wat swanger is en die keuses wat sy moet maak. Die aangenome seun wat regtig liefde en ondersteuning in sy gesin ervaar, maar ook sy eie uitdagings moet trotseer.

Soos die reeks week vir week verloop het, het die krisisse gekom, lewensgetrou soos dit in so ‘n situasie sal gebeur, het ek soms agteruitgang gesien, moedeloosheid, verkeerde keuses wat gemaak word. Ek het ook groei gesien, verskoning wat aangebied word, hande wat na mekaar uitgesteek word, herstel gesien. Soms moes iemand op sy tande byt. Opoffer. Die minste wees.

Hulle het dit gedoen. Die reeks nader sy einde. Ek het dit so baie geniet.

Toortsie

8 thoughts on “Alles Malan

Gesels saam, asseblief!