Ek kom nie by blogskryf uit nie en het dalk nie te veel te skryf nie. Vanoggend hardloop hier ‘n paar idees deur my kop, nie een genoeg vir ‘n hele bloginskrywing nie.
Soos dat toe ek laat in die oggend stort, dink om oor roetine te skryf, maar ek dink ek het al. Dat ek vir jare lank die ‘normale’ roetine gevolg het, maar dat my roetine deesdae heeltemal anders lyk as ander s’n en dat dit glad nie saakmaak nie. Want in my deurmekaar lewe maak my deurmekaar roetine sin. Aan die einde van die dag het ek ‘n klomp dinge gedoen gekry, verkeerdom, of nie. 🙂
Ek wou kom vertel van ons komposhoop. Dat ‘n komposhoop nou ‘n mens opgewonde kan maak! Jong, jy moes my swaer die afgelope naweek gesien het, hoe opgewonde hy is oor komposhoop en erdwurms en wat nog alles. 🙂 Ek het sommer altyd die kombuisafval net onder die bome gegooi, maar eierdoppe onder ‘n boom lyk nie regtig mooi nie. Nou het my man ‘n houtkis gemaak en eendag, so oor ‘n jaar, gaan ons die kompos onder uitskep. Ek gooi al my skille en doppe daarin, hy gooi die groentetuinafval daarin, en soms nog ‘n tak of twee. Wat my opgewonde maak, is dat die kis nou tjokkenblokvol is, net om oor ‘n dag of twee weer plek te hê vir nog. Die natuur is darem ‘n wonderlike ding. 🙂 Ek loer ook altyd by die onderste plank of daar al verandering gebeur. Eers was daar vir lank ‘n stuk broccoli, en een of ander tyd het die goed afgesak, en sien ek gereeld iets nuuts daar lê.

Wat laat jou tiek? Dis nogal baie belangrik. Jy moet gaan mooi dink wat jou laat tiek, want dit is op die ou end wat vir jou geluk bring. Ja, al die ander gejaag is soms nodig, die feit dat jy dalk ‘n werk doen waarvan jy nie heeltemal hou nie net om ‘n inkomste te verdien, maar wat laat jou tiek? Gun jy jouself ‘n tydjie om dit te doen, of ignoreer jy dit en raak dan later ‘n outomaat wat net bestaan? Wat gee vir jou ‘n sprankel in die oog, ‘n wip in die stap?
So tussen al die ander leeswerk deur, lees ek soms ‘n romanse. Dis tog te lekker. Dis altyd ‘n goedvoelstorie waar die held en heldin mekaar op die ou end vind. Ek klim sommer in die heldin se lyf in en verbeel my dis my storie.
Hê ‘n lekker naweek! Dit gaan goed met my. Dankie 🙂 Aan God die eer.
Toortsie
Partykeer is dit lekker om sommer oor klomp goed gelyk te skryf. Jy gaan my meer moet vertel van julle komposkis, sal graag wil hoor hoe dit werk.
Lekker naweek vir jou ook
LikeLike
Dis ‘n groterige kis van planke gemaak. Aan die een kant het my man onder ‘n los plank gesit wat ‘n mens kan uithaal. Wanneer die kompos dan reg is, kan hulle dit onder uitskep. Dit staan bokant die grond, nie ‘n gat nie.
Ons gooi nou maar net alle plantmateriaal, takke, blare, skille, eierdoppe daarin en laat die natuur toe om sy gang te gaan.
Hoogte ongeveer 1,5 meter. Vloeropp ook omtrent 1,5 m x 1,5 m.
Aan die begin het ek gewonder hoe ons dit gaan volkry, maar gou-gou was dit vol. takke watafgesaag word, grassnysels, alles kom daarin. Teesakkies.
LikeLiked by 1 person
Dis nou ‘n oulike idee, daar by ons het ons so baie wind, dat tuinafval maklik wegwaai. Ek gaan vir Grim vra om ook so iets aanmekaar te slaan, het hoeka so paar ekstra palletplanke wat rondlê
LikeLiked by 1 person
Dit lyk juis vir my of my man pallette gebruik het. Ek weet nou nog nie hoe dit gaan uitwerk nie, maar hoekom saldit nie werk nie?
LikeLike
4 stewige pale in die grond gekap vorm die hoeke. Palletplanke word dan daarteen vasgekap vir die kante.
LikeLiked by 1 person
Kyk gou, ek het vir jou ‘n foto opgesit. Ongeveer borshoogte vir my, ek is mos lank.
LikeLiked by 1 person
As daar nou iets is wat ek by ons nuwe huis wil doen, is dit om ń komposkis te prakseer. So ek gaan jou later weer pla vir hulp.
LikeLiked by 1 person
Jongie 😳
LikeLike
Mooi Toortsie, hou van die slot. Aan God die eer
LikeLiked by 1 person
Al die pad! 😊❤️
LikeLiked by 1 person
al wat ons land en sy mense gaan red …
LikeLiked by 1 person
Ek het my appelskille en stronke, en piesangs, en met tye eierdoppe sommer so tussen die plante ingegooi. Toe lees ek wat lok rotte… enige ding waaraan hulle kan knibbel… maar veral appels. Net daar stop ek dit toe. Rotte groot oorlas hier.
LikeLiked by 1 person
Ons maak deesdae kompos in twee 25 liter bokashi-emmers wat dig sluit. In Natal moet jy maar versigtig wees wat jy laat rondlê vanweë die kokkerotte, miere en muskiete wat altyd aan die fees wil deelneem. Gelukkig is ons tuin darem ook baie klein en die emmers los sommer die probleem op van afvalkos wat nie ‘n heenkome het nie.
LikeLike
Muise kan groot probleem raak. Hier ook. Ek wou van daardie emmers gekry het, maar om een of ander rede het ek nie.
LikeLiked by 1 person
Myne is in konstante gebruik.
LikeLiked by 1 person
Dit moet bestuur word en met dié sat ek so pendel, het ek gevoel om te los. Ons kyk nou maar eers wat met die komposkis gebeur. As hy moeilikheid maak, sal ons dit moet heroorweeg. Dalk ‘n kat aanskaf.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die foto Toorts, mens steel mos maar so met die oog, ek sal kom pos wanneer ons dit gebou het
LikeLike
Plesier. Ek hoop nie ons veroorsaak nou ‘n muisplaag nie!
LikeLiked by 1 person
Ons het ook so ń tipe komposkas, onder het hy ń deurtjie waar jy die kompos kan uit skep. Ek het die voorkant potlode geverf. Nou is dit sommer kleurvol ook.
LikeLike
Dis oulik. Werk dit vir julle?
LikeLike
Absoluut.
LikeLike