Die Oorwinnaar

Wát ‘n boek! Sjoe! Die Oorwinnaar. Of, as jy Engels verkies, The Overcomer. Daar is ook ‘n fliek vrygestel met dieselfde naam. Ek het nie die fliek gesien nie, maar wel ander flieks uit dieselfde kamp, nl Fireproof, Facing the Giants, War Room. Almal was uitstekend! Ek dink steeds dat een van die boeke wat vir my huwelik die meeste gehelp het, Fireproof was.

In Die Oorwinnaar ontmoet ek die 15-jarige Hannah, ‘n langafstandatleet met asma wat by haar ouma grootword omdat sy haar ouers as baba verloor het deur dwelms. Hannah, vasgevang in asma, maar ook vasgevang in ‘n gewoonte wat haar kniehalter, wat veroorsaak dat sy uit die een skool na die ander geskors word.

Daar is ook John Harrison, ‘n uitstekende basketbalafrigter, wat sy span tot nuwe hoogtes wil en kan neem, maar deur onvoorsiene omstandighede wat die dorp tref, sy span verloor en gedwing word om ‘n sport af te rig waarvan hy niks hou nie. Om die waarheid te sê, hy reken dit nie eers as ‘n sport nie.

Daar is Thomas, die blinde man wat ernstig siek, op sy laaste, in ‘n hospitaalkamer lê.

In hierdie boek sien en beleef ek hoe God werk in mense se harte, alledaagse, goeie mense, en ook minder goeie mense se harte verander. ‘n Vraag wat deur die boek refrein, is, wie is jy? Wie is jy regtig? Wie is jy as jy nie meer afrig nie?

Wie is ek, Toortsie? Wie is ek as ek nie kosmaak nie? Wie is ek as ek nie saam met my man op die plaas is nie? Wie is ek?

Kry vir jou die boek. Jy sal nie spyt wees nie. Dis ‘n wilnieneersitnieboek. Uitstekend vertaal.

Toortsie

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s