Ons middagstappie

Om op die plaas te gaan stap, is net anders. Jy is in die natuur. Rustig.

Ek en manlief gaan stap ‘n ent. ‘n Lywige ent teen ‘n stewige pas. Die stappie sluit genoeg steil bulte ook in. Lekker uitkomkans vir die honde ook.

Maar …

Ons is nie ál wat wil saamstap nie.

Ons stap deur die kamp met jong verse. Jerseyverse. En hulle is nuuskierig. Veral as die honde by is.

Die een oomblik wei almal nog rustig, die volgende oomblik kom almal nader. Die honde trek hulle aandag. Al hoe nader. Arme honde weet nie wát om te doen nie. Veg? Of vlug?

Die een vlug later, trop verse agterná.

Honde kom soek skuiling onder my voete.

Hier en daar ‘n bol beesmis wat jy mistrap. Of nie.

Hulle volg ons die hele pad, kry sommer goeie oefening op die koop toe.

Groot was die verontwaardiging op hulle gesigte toe ons deur ‘n hek stap en dit toemaak sodat hulle nie verder kan saamstap nie. 😁

As ons gaan stap, stap aaaallllmaaaal saam. 😁

Toortsie

Die lewe is goed.

19 thoughts on “Ons middagstappie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s