Vetsugtigheid

Vetsugtigheid het ook amper ‘n vloekwoord geword en ‘n mens moet baie versigtig wees wat jy daaroor sê om tog nie op iemand se tone te trap nie. As ek hier skryf, is my doel ook beslis nie om op enige persoon se tone te trap nie.

‘n Mens word nie gedefinieer deur hoe vet of hoe maer jy is nie. Tog, al wil ons baklei daarteen, speel ons gewig en hoe ons lyk ‘n baie groot rol in hoe ons voel, of ons dit wil erken, of nie.

My ma het haar lewe lank erg gesukkel met haar gewig. Sies tog, vandag is sy net ‘n klein hopie vel en been. Ek weet watter effek dit op haar gemoed gehad het en nie net op hare nie, op ons almal s’n in die huis. Dit was ‘n lewenslange stryd teen die vet. Ek wil nie eers vir julle vertel wát sy fisies moes deurgaan net om netjies te lyk nie, want haar voorkoms was vir haar altyd baie belangrik.

Ek, daarenteen, was op skool hierdie lang, maer, ondergewig graatjie riet. Dít het sy eie reperkussies gehad omdat my ma my dan altyd uit die modeboeke wou aantrek en ek geen sin daarin gehad het nie, ek was ‘n kaalvoet plaaskind met deurmekaar krulhare. Meer rabbedoe as modepop.

Ongelukkig het die vetsugtigheid ook vir my beetgekry en het ek ook al hoe meer verslaaf aan kos geraak en veral verslaaf aan suiker en kon myself later nie meer keer nie. Ek het leefstylsiektes begin ontwikkel. Pre-diabetes, hoë cholesterol, selfs soms hoë bloeddruk. Metaboliese sindroom.

Ek het begin bid dat God my sal help, ek het geen beheer meer oor my etery, my skaal, klere wat sleg sit, ens gehad nie.

Toe kom Prof Tim Noakes en stel weer die Bantingdieet bekend. Hy verkondig: Los die suikers en die stysels, eet meer vet! Ek dink by myself dat dít nou nonsens is, ‘n mens moet net gebalanseerd eet. Ek word net vetter en vetter met my gebalanseerd etery.

Op 27 Julie 2014 neem ek die drastiese stap en slaan oor na Banting en verloor 16-18 kg. Vyf jaar later kyk ek nie een oomblik terug nie. Ek is steeds ‘n kilo of twee oorgewig, maar vetsugtigheid en die klomp leefstylsiektes is uit die weg geruim.

Die wêreld se mense is besig om vetter en vetter te word. As my inligting reg is, is Amerika bo-aan die lys met Suid-Afrika tweede. Mense eet al hoe meer verwerkte kosse, kitskos, kos wat vinnig gaargemaak word, stysel vorm die hoofbestanddeel van hulle dieet en suiker word mildelik bygevoeg.

Hier is ‘n klompie foto’s wat ek op Instagram by Ditch the carbs leen. Dit is hoe vetsugtigheid toeneem in Amerika, en met SA kort op hulle hakke, kon dit maar netsowel SA se kaarte wees:

Ek het nie al die kaarte gewys nie, maar tans vererger dit jaarliks. Besef julle dat in die hele Amerika 25-30 persent van mense vetsugtig is? Let wel, vetsugtig, nie oorgewig nie. In die helfte van Amerika is 30-34% mense vetsugtig. Een uit drie mense! En die state waar meer as 35% van mense vetsugtig is, raak jaarliks meer. Dit is skokkend. Kommerwekkend.

Nee, ons word nie gedefinieer deur ons lywe nie. En elke mens mag kies of hy sy liggaam wil oppas of nie. Maar ons moet mooi dink, wil ons dit régtig aan onsself doen?

Banting werk vir my. Ongelukkig kan ek dit nie waarborg dat dit vir iemand anders sal werk nie, maar ek voel gesonder en lewenslustiger as ooit. Ek kan jou wel probeer help as jy sou wou en jou dokter sê dis reg.

Toortsie

20 thoughts on “Vetsugtigheid

          1. My grootste stuikelblok is suiker. Ek is hopeloos verslaaf daaraan. Nou eet ek dit bitter selfde, maar as ek die dag swik, het ek die volgende dag ‘n kopseer wat amper ‘n migraine genoem kan word. So ek weet dis giftig vir my, maar ai.

            Liked by 1 person

  1. Ons land se syfers lyk nie juis anders nie. Ek sien by die winkels in die hawe hoe die skoolkinders hulleself oorlaai met gemors faksvleis en hoësuikerkosse inneem. Dan rol hulle by die deur uit.

    Ek het 6kg verloor laaste drie maande. Deur carbs uit te sny en damme water te drink.

    Liked by 2 people

  2. Dis ‘n lelike prentjie Toortsie. Ek dink ook nie ‘n mens moet beoordeel word op jou voorkoms nie, maar ongelukkig het die meningskaal nou so oorgehel dat dit klink asof ‘n ongesonde leefwyse nou goedgepraat word. Jammer, ek haat dit om met my vet saam te leef – dis ongemaklik en ek probeer my bes om my skaal gelukkig te hou.

    Liked by 2 people

  3. Jy praat ware woorde Toortsie. Ek self is ‘n groot vrou, dink wat my banger maak is die vetsug onder kinders. Dis skokkend, kinders met leefstyl siektes. En hulle doen niks. Ek wil gek word wanneer die ma of pa begin met dis babavet. Neeeeeee, hy is 7, daar is geen meer baba nie! Ek dink net ek weet hoe ek sukkel, maar daai is kinders…
    Daar is so baie goed wat mens kan doen , maar dink probleem is soos “kits-kos” wil almal “kits dieet” inplaas van gesonder lewe.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s