Vetsugtigheid het ook amper ‘n vloekwoord geword en ‘n mens moet baie versigtig wees wat jy daaroor sê om tog nie op iemand se tone te trap nie. As ek hier skryf, is my doel ook beslis nie om op enige persoon se tone te trap nie.
‘n Mens word nie gedefinieer deur hoe vet of hoe maer jy is nie. Tog, al wil ons baklei daarteen, speel ons gewig en hoe ons lyk ‘n baie groot rol in hoe ons voel, of ons dit wil erken, of nie.
My ma het haar lewe lank erg gesukkel met haar gewig. Sies tog, vandag is sy net ‘n klein hopie vel en been. Ek weet watter effek dit op haar gemoed gehad het en nie net op hare nie, op ons almal s’n in die huis. Dit was ‘n lewenslange stryd teen die vet. Ek wil nie eers vir julle vertel wát sy fisies moes deurgaan net om netjies te lyk nie, want haar voorkoms was vir haar altyd baie belangrik.
Ek, daarenteen, was op skool hierdie lang, maer, ondergewig graatjie riet. Dít het sy eie reperkussies gehad omdat my ma my dan altyd uit die modeboeke wou aantrek en ek geen sin daarin gehad het nie, ek was ‘n kaalvoet plaaskind met deurmekaar krulhare. Meer rabbedoe as modepop.
Ongelukkig het die vetsugtigheid ook vir my beetgekry en het ek ook al hoe meer verslaaf aan kos geraak en veral verslaaf aan suiker en kon myself later nie meer keer nie. Ek het leefstylsiektes begin ontwikkel. Pre-diabetes, hoë cholesterol, selfs soms hoë bloeddruk. Metaboliese sindroom.
Ek het begin bid dat God my sal help, ek het geen beheer meer oor my etery, my skaal, klere wat sleg sit, ens gehad nie.
Toe kom Prof Tim Noakes en stel weer die Bantingdieet bekend. Hy verkondig: Los die suikers en die stysels, eet meer vet! Ek dink by myself dat dít nou nonsens is, ‘n mens moet net gebalanseerd eet. Ek word net vetter en vetter met my gebalanseerd etery.
Op 27 Julie 2014 neem ek die drastiese stap en slaan oor na Banting en verloor 16-18 kg. Vyf jaar later kyk ek nie een oomblik terug nie. Ek is steeds ‘n kilo of twee oorgewig, maar vetsugtigheid en die klomp leefstylsiektes is uit die weg geruim.
Die wêreld se mense is besig om vetter en vetter te word. As my inligting reg is, is Amerika bo-aan die lys met Suid-Afrika tweede. Mense eet al hoe meer verwerkte kosse, kitskos, kos wat vinnig gaargemaak word, stysel vorm die hoofbestanddeel van hulle dieet en suiker word mildelik bygevoeg.
Hier is ‘n klompie foto’s wat ek op Instagram by Ditch the carbs leen. Dit is hoe vetsugtigheid toeneem in Amerika, en met SA kort op hulle hakke, kon dit maar netsowel SA se kaarte wees:





Ek het nie al die kaarte gewys nie, maar tans vererger dit jaarliks. Besef julle dat in die hele Amerika 25-30 persent van mense vetsugtig is? Let wel, vetsugtig, nie oorgewig nie. In die helfte van Amerika is 30-34% mense vetsugtig. Een uit drie mense! En die state waar meer as 35% van mense vetsugtig is, raak jaarliks meer. Dit is skokkend. Kommerwekkend.
Nee, ons word nie gedefinieer deur ons lywe nie. En elke mens mag kies of hy sy liggaam wil oppas of nie. Maar ons moet mooi dink, wil ons dit régtig aan onsself doen?
Banting werk vir my. Ongelukkig kan ek dit nie waarborg dat dit vir iemand anders sal werk nie, maar ek voel gesonder en lewenslustiger as ooit. Ek kan jou wel probeer help as jy sou wou en jou dokter sê dis reg.
Toortsie

Dis darem ‘n vreeslike prentjie daarbo. Glo my, vetsugtig is nie gemaklik nie. Veral nie as jy die lewe voluit wil lewe nie. Dankie vir jou praktiese raad.
LikeLiked by 3 people
Vetsugtigheid is regtig geen grap nie.
LikeLiked by 1 person
Dit beinvloed omtrent alle dele van mens se lewe. Dis vir my ‘n ewige stryd wat ek weier om gewonne te gee.
LikeLiked by 1 person
Ek moet ook maar altyd versigtig wees om nie in ‘n versoeking te val nie. Soms kry ek net eenvoudig lus vir beskuit of iets. Dan is dit sterk staan.
LikeLike
My grootste stuikelblok is suiker. Ek is hopeloos verslaaf daaraan. Nou eet ek dit bitter selfde, maar as ek die dag swik, het ek die volgende dag ‘n kopseer wat amper ‘n migraine genoem kan word. So ek weet dis giftig vir my, maar ai.
LikeLiked by 1 person
Ek is ook aan suiker verslaaf. Daarom werk Banting vir my omdat ek alle suiker en stysel uitsny. As die ‘cravings’ kom, eet ek kaas. En kaas. En kaas. Totdat die lus oorgaan. 😊
LikeLike
Jy het my nou lekker laat lag. Ek sal meer kaas begin aanhou.
LikeLiked by 1 person
Dit werk regtig. 😊
LikeLike
Ons Banters glo dat ‘n suikerlus ontstaan wanneer ons nie genoeg vet inneem nie. Kaas is ‘n uitstekende bron van vet en mos nog lekker ook. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek was baie lief vir kaas MAAR met outo-immuunsiektes het my liggaam regtig kaasweerstandig geraak. My bloed is baie dik en cholesterol soms hier by 7 en ander kere 4. The jury is out. Ons koop soms die lekkerste wit plaascheddar uit die distrik by langsdiebosmark en dis heerlik, maar my gestel ‘kom in opstand terwyl ek eet.’ Ek dink my immuunstelsel se GPS is foutief. Ek kry hopeloos te min vet in maar met ‘n ongeskiktheidstoelaag kan jy nie Bant nie.
LikeLiked by 1 person
Gister was dit ‘n kaasdag. 😁
LikeLike
Sjame Toortsie. Ons vrouens suffer darem maar baie.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Ons land se syfers lyk nie juis anders nie. Ek sien by die winkels in die hawe hoe die skoolkinders hulleself oorlaai met gemors faksvleis en hoësuikerkosse inneem. Dan rol hulle by die deur uit.
Ek het 6kg verloor laaste drie maande. Deur carbs uit te sny en damme water te drink.
LikeLiked by 2 people
Erg. Die vraag is waarom n mens so sukkel om gesonde kos in die supermark en veral die restourant te kry?
LikeLiked by 2 people
Hulle verkoop natuurlik maar wat die meeste in aanvraag is en dis nie noodwendig gesonde kos nie.
LikeLiked by 3 people
Die ander is goedkoper en meer in aanvraag.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n lelike prentjie Toortsie. Ek dink ook nie ‘n mens moet beoordeel word op jou voorkoms nie, maar ongelukkig het die meningskaal nou so oorgehel dat dit klink asof ‘n ongesonde leefwyse nou goedgepraat word. Jammer, ek haat dit om met my vet saam te leef – dis ongemaklik en ek probeer my bes om my skaal gelukkig te hou.
LikeLiked by 2 people
Ek baklei ook hard daarteen.
LikeLiked by 2 people
Jy praat ware woorde Toortsie. Ek self is ‘n groot vrou, dink wat my banger maak is die vetsug onder kinders. Dis skokkend, kinders met leefstyl siektes. En hulle doen niks. Ek wil gek word wanneer die ma of pa begin met dis babavet. Neeeeeee, hy is 7, daar is geen meer baba nie! Ek dink net ek weet hoe ek sukkel, maar daai is kinders…
Daar is so baie goed wat mens kan doen , maar dink probleem is soos “kits-kos” wil almal “kits dieet” inplaas van gesonder lewe.
LikeLiked by 2 people
Dis angswekkend.
LikeLike