‘n Storie van hoop

Elke Saterdag en seker nog deur die week ook, ry ouers die land vol met hulle kinders vir rugby, netbal, tennis, noem maar op. Ek het baie rywerk gedoen vir musiek. Ek ken ‘n mamma wat rywerk doen vir iets heel anders: Skoonheidskompetisies.

Ek het altyd gedink dat jy sommer net inskryf vir byvoorbeeld ‘n mej SA kompetisie. Min het ek geweet dat daar jare se voorbereiding in so-iets gaan, dat, soos wat kinders al kleintyd begin met eisteddfod of rugbywedstryd, hul ook kleintyd begin met modelwerk.

Ek ken ‘n dogter, haar naam is Hope, en haar ma kon nie vir haar ‘n beter naam uitgekies het nie. Ek volg haar al ‘n geruime tyd en ek kon sien hoe sy gegroei het van dogtertjie na prinses.

Sy het nie net gegroei na ‘n pragtige, stylvolle jongmeisie nie, maar sy is betrokke in haar gemeenskap om vir mense hoop te bring. Met haar voltydse projek, Hope gives hope, deel sy kospakkies en liefde uit in ‘n gemeenskap waar daar baie nood is.

Wat vir my besonders is, is dat sy, selfs te midde van haar bekendheid, steeds haar voete op die aarde hou. Sy bring haar kant met haar skoolwerk en is onder die toppresteerders in haar klas. Vir my is die mooiste dat sy nie só ingesteld is op skoonheid nie, maar gebalanseerd is en sowaar ook aan jeugskoue deelneem waar sy koeie skou! 🙂

Hope, ek is trots op jou!

Toortsie

8 thoughts on “‘n Storie van hoop

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s