My Facebook is gehack

Nee! Gelukkig is myne nie gehack nie, of eerder, ek hoop nie so nie! Dit is egter iets wat ‘n mens deesdae baie hoor. Of, dat die Messenger gehack is.

Dis dan wat mense sommer hulle Facebook of Messenger toemaak.

Wat ek nou hier skryf, is dalk heeltemal verkeerd en ver van die waarheid en julle moet my asb nie volg nie, ook nie vervolg nie. Dis egter my mening oor hierdie hele storie.

Ek dink dat jou Facebook NIE gehack is nie, maar dat die skelms ‘n kopié maak van jou Facebook. Hulle skep ‘n heel nuwe profiel met jou naam en jou foto. Sover ek weet, is ‘n mens se vriende nie ‘n geheim nie en kan enige persoon sien wie iemand se fb vriende is.

Dus, nadat hulle jou profielfoto en selfs die foto bo-aan jou bladsy gekopieer het, begin hulle jou vriendelys een vir een uitnooi om vriende te wees. (Dis wanneer mense dan begin onraad vermoed en vir die persoon sal sê haar fb is gehack, wat nie die geval is nie.)

Dieselfde gebeur met messenger. Hulle begin dan vir jou boodskappe stuur waarin jou ‘vriend’ vertel sy het ‘n klomp geld gewen en glo jy my dan nie, dink jy ek lieg, ens.

Persoonlik dink ek nie dit is nodig om jou fb profiel en jou messenger toe te maak nie as hulle jou gekopieer het nie. Dis dalk goed om soms jou wagwoord te verander.

Wat ons egter wel kan doen, is om nie ‘n tweede uitnodiging van dieselfde persoon te aanvaar nie, veral as die persoon net een of twee vriende het nie, dis dalk ‘n lokval. Weet jy redelik seker dat dit ‘n skelm is, sê nee vir die versoek. Is daar ‘n plekkie wat jy kan sê hoekom nie, kliek dan dat dit ‘n skelm is wat probeer om iemand anders na te maak. (Hierdie opsie is beslis by Messenger.) Wees versigtig met wie jy as fb vriende aanvaar en gaan soms deur jou vriendelys en bedink hulle. (Dis ook iets wat ek ‘n slag moet ernstig opneem!)

En verder, oppas wat ons op fb deel. Ook ék moet hierna kyk. Ons kan so maklik gevang word.

Toortsie

14 thoughts on “My Facebook is gehack

  1. Noal geneig om saam met jou te stem. Sodra ek n vreemde vriend versoek kry sal ek hom eers ondersoek en dan summier as spam aangee en hom permanent verwyder. Daar is egter wel FB name wat uit die bloute uitkom en vriende wil wees. Ek vermoed dat dit die soekenjin is wat hom uitgekies het deur na jou vriende se vriende te kyk. Dit bly steeds n halwe dobbelspel met die geklonery van die inligting.

    Liked by 2 people

  2. Jy is heeltemal reg Toortsie. “Hack” is nie die regte woord nie – dis net ‘n geval van “cloning”. Jy kan wel jou vriende verberg vir vreemdes deur te kliek op Settings > Privacy > How People Find and Contact You > Who can see your friends list. As jy dit stel op “Only Me”, sal jou Facebook vriende net “mutual friends” kan sien en vreemdelinge niks. Ek gebruik nie Messenger nie, want dit word spesifiek geteiken – lees maar my boodskappe op die outydse manier.

    Liked by 3 people

  3. DIs hier wat my onderdrukte speurder bloed in aksie kom…ek gaan stalk en stalk daai ou en gewoonlik is ek teleurgsteld want omdat dit ‘n fake persoon is, is daar nie iets interessants nie!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s