My opskrif sê dat jy vir jou kind moet lees, maar netsowel kan dit wees, lees vir jou kleinkind, of lees vir ‘n kind.
Die waarde van lees kan nooit onderskat word nie, en ek glo dat mense wat hier lees, lief is vir lees, hoekom anders die moeite doen?
Lees het so baie voordele, soos die koestering wat die kind kry as hy veilig in sy ma of ouma se arm sit en sy vir hom sy geliefkoosde storie lees. Die woordeskat wat hy opbou wat hom eendag in die skool gaan help met al sy vakke, nie net taal nie. Die begrip wat hy ontwikkel. Die prentjies wat hy in sy kop vorm. Die verbeelding wat gestimuleer word. Algemene kennis wat hy opdoen en opbou. ‘n Liefde vir boeke word gekweek wat veroorsaak dat ‘n kind dalk later self sal boeke optel en lees.
Op RSG het hulle ‘n ander interessante ding genoem, dat as ‘n kind ‘n boek lees, dit die oogspiere versterk en dat kinders wat nooit lees nie, maar slegs televisie of op ‘n rekenaar of selfoon kyk, se sigwydte verswak. Dat die wydte wat jy kan kyk, vernou. Dís nogal iets om oor te dink!
Ek het graag vir my kinders gelees en saans as die nuus op TV aangekondig word, het ons almal kamer toe gegaan en het ek vir hulle gelees. Baie keer dieselfde boeke oor en oor en oor. Ons was lid van die plaaslike biblioteek en weekliks het ons nuwe boeke uitgeneem. Een groot fout wat ek gemaak het was om ‘Die Enkelgryper’ uit te neem. Aits! Vir baie lank daarná is daar eers saans gekyk of die enkelgryper nie dalk onder die bed of agter die kas wegkruip nie!
Ons het lekker stories gelees, lawwe stories, ernstige stories, en natuurlik ook elke aand uit ‘n kinderbybel gelees. Wat ‘n ongelooflike skat Bybelwaarhede het die kinders nie daaruit geput nie!


Hier is nou ‘n baie oulike nuwe kinderbybel beskikbaar. 365 Stories, gebede en Beloftes. Ek dink dat kinders baie lief sal wees hiervoor en dit ook oor en oor sal wil lees. Dis kleurvol, die prentjies is pragtig, en elke storietjie is net ‘n halwe bladsy vol, net genoeg om die aandag van ‘n jong kind te behou. Elke storietjie het ook die teksverwysing by sodat dit in die regte Bybel gelees kan word indien nodig. Soms is daar ‘n gebedjie by. Soms is daar sommer net ‘n mooi gediggie. Beslis ‘n aanwins vir enige huis.
Kom ons lees vir ons kinders, ons kleinkinders, vir ander mense se kinders as jou eie kleinkinders ver is of as jy nie jou eie kinders het nie. Om te lees vir ‘n kind is ‘n goeie belegging.
Groete
Toortsie
Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
Hiermee stem ek heelhartig saam, ek het graag vir my kinders gelees en lees nog meer graag vir my kleinkinders, want nou is ek rustiger. Dis ook cuddle tyd, saam opkrul rondom ń boek.
LikeLiked by 1 person
Dis so lekker
LikeLike
Dit is so, Toortsie, kinders ontdek nuwe wêrelde wanneer hulle begin lees. As ek moet kies tussen ‘n fliek en ‘n boek, vat ek altyd die boek, want dan kan ek my eie verbeeldingswêreld skep.
LikeLiked by 1 person
Hester, ons wat lief is vir lees, weet hoe om prentjies in ons koppe te sien. 😁
LikeLiked by 1 person
Dis die kosbaarste tye saam met jou kinders en kleinkinders.
LikeLike
Abs
LikeLiked by 1 person
Absoluut
LikeLiked by 1 person
Gaan hom soek!
LikeLiked by 1 person