Hier is twee oulike boekies vir vroue, Beloftes van God vir Vroue en Beloftes van God vir Ma’s.
Dit bevat ‘n hele klompie onderwerpe, soos Doen alles in liefde, Respekteer God, Werk asof vir die Here, Die ewige lewe, Nader tot God, Jy is uitgekies, Soos ‘n ma haar kind troos, Respekteer jou huwelik.
Daar is geen bespreking by enige van die onderwerpe nie, wel ‘n klompie Bybelverse wat daardie onderwerp ondersteun.
Ek dink dit is oulike boekies om byderhand te hê vir as jy skielik oor een of ander iets twyfel of bevestiging uit die Woord wil hê. Dalk het jy ‘n woord van bemoediging nodig om vir iemand te gee.
Dit sal ook ‘n lekker geskenkie wees om vir iemand te gee.
Vir die amper-tienermeisies is Vir meisies soos jy beslis aan te bevele. Gewone, alledaagse dinge wat vir tienermeisies saakmaak, word ‘n oordenking. In hierdie boekie leer die amper-tiener dat God in elke oomblik van die dag by haar is en dat Hy haar heeltyd meer oor Homself leer en haar help om die meisie te word wat Hy wil hê sy moet wees.
Dis nie die tipiese dagstukkieboek met ‘n Bybelversie, bespreking en gebed nie. Soms is daar iewers ‘n Bybelvers in die oordenking, soms nie. Dit sluit elke keer af met ‘n gebed. Hulle gee ook wenke, vra vragies wat jou laat dink of dinge vir jou duideliker maak.
Alhoewel dit net in swart gedruk is, kan die amper-tiener haar eie kreatiwiteit inspan en die boek kleurvol versier.
Toortsie
Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.