Ek kon die bloginskrywing ook ‘die einde’ genoem het, maar ek verkies eerder ‘die begin’. Die einde? Jaaa!
Ses weke was ek in huisarres ter wille van my operasie. Daardie ses weke mag ek so te sê niks gedoen het nie. Nie skottelgoed was nie. Nie wasgoed ophang nie. Vir lank kon ek nie buite die huis beweeg nie. Nie gaan stap nie. Nie winkels toe gaan nie, dis nou nie te sê dat ek ‘n vreeslike winkelmeisie is nie, maar soms moet jy daar ook kom. Nie rondry nie, nie saam met ander nie, ook nie op my eie nie.
En net toe ek dink nou is die ses weke om en ek gee myself nog 2 weke van nie te woes aangaan nie, is ek weer in die hospitaal vir nóg ‘n prosedure. Nie so groot hierdie keer nie en ek was nie onder huisarres nie. Om die waarheid te sê, na tien dae het die chirurg my toestemming gegee om te stap net so ver ek sou wou. 🙂 Daardie kleine proseduretjie het sy eie nagevolge gehad, maar nie te erg nie.
Nou is daardie ses weke ook om. Ek is gesond. Prys die Here! Drie en ‘n halwe minder lekker maande is verby. 🙂
En ek was bevoorreg om ‘n bietjie vakansie te kon gaan hou.
Want ek het kajuitkoors ontwikkel, selfs al kon ek uitkom. Ek het negatief begin raak. Soos ‘n ou mens begin optree. Stadig. Met min durf. Vergeetagtig. Koersloos. Sukkel om te konsentreer.
Maar nou is die ou Toorts hier. Dié een wat eerder praat van die begin as die einde, selfs al was die einde nodig voor die nuwe begin kon gebeur. Die Toortsie met ‘n huppel in die stap. Die Toortsie wat eerder ‘n oplossing raaksien as ‘n probleem. Die Toortsie wat wil woel en werskaf. Die Toortsie wat babbel en met ‘n glimlag op die gesig rondloop. Die een wat te veel goed gelyk wil aanpak. Die een wat honderde planne het, waarvan almal onmoontlik nie kan realiseer nie, maar wat maak dit saak?
Sjoe! Daar is baie verskuil in ons denke! Daar is KRAG in POSITIEWE DENKE. 🙂
Jippieeee! Toortsie is terug! (Jammer vir julle, maar, sy is terug, hoor!) Jammer dat ek nou dit self sê, maar ek is bly daaroor. Die dooierige, negatiewe Toortsie is nie lekker om mee saam te leef nie, hoor! Julle willie weetie. Ek kon regtig nie met haar uithou nie.
Hello world!
Groetnis. 🙂
Welkom terug maat, ons like jou steeds kwaai
LikeLiked by 2 people
Dankie vir jou wat my help sleep het aan die groottone om weer hier te kom. 😁❤️
LikeLike
Haha ek het gin geniks sleep
LikeLiked by 1 person
Welkom welkom….!!
LikeLiked by 1 person
Dankiedankie!
LikeLike
Bly jy is weer die helder skynende Toortsie. Altyd welkom.
Na my laaste beroerte is ek aan’t werk, so ‘n seisoenswerkie geskik vir ‘n fikse eerstejaarstudent. En ek is nader aan sestig. Elf beroertes en sewe groot hartskrikke verder, het ek weereens gesien hoe die liggaam genees as gevolg van gebruik. Net nie my internis of ortopeed vertel nie, die mense moet kan deurslaap. En nie wakkerlê oor ons nie!
LikeLiked by 3 people
😁 Ai dis darem so sleg as ander mense oor ons wakker lê. 😊
LikeLike
Hehehe
LikeLiked by 1 person
Fantasties! Welkom terug!
LikeLiked by 1 person
Dankie! 😁
LikeLiked by 1 person
Haai ons is so bly, Toortsie!
LikeLiked by 2 people
😁
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n goeie weersiens!
LikeLiked by 2 people
😁
LikeLiked by 1 person
My glimlag is breed, ek het eerlikwaar swaar gekry as jy so nie elke dag ingeloer het nie!
LikeLiked by 2 people
😁
LikeLike
Jy het my regop gehou. 😊
LikeLike
Ai Toorts, ek is so dankbaar ek kon daar wees.❤❤❤
LikeLiked by 1 person
Jy is altyd. 😊❤️
LikeLiked by 1 person
Nou gaan weer laat waai met al jou idees en dinge. Dis heerlik om weer daardie lewensgevoel terug te he.
LikeLiked by 1 person
Ek is jammer ek het ‘n ruk jou uitdagings gemis!
LikeLike
Gelukkig het jy nie veel gemis nie want ek was ook maar bietjie uit my rtme van skryf gewees. Eks besig met my einde van die jaar boek. Dis nou eers prioriteit no een. Dit moet helfte Nov. in wees.
LikeLiked by 1 person
Sterkte. Ek kom tans nie so baie by die blogs uit nie.
LikeLiked by 1 person
Selfde hier.
LikeLiked by 1 person
So saam met die lente!!! Nuwe lewe 😊
LikeLiked by 1 person
Huppeltyd in lentetyd, mooi Toortsie en welkom terug, skryf ek op die naat van my rug, nadat ek my vandag bietjie gebreek het in die tuin. Soms vergeet ek, ek is nie meer dertig nie.
LikeLiked by 1 person
Jy moet lekker slaap 😁
LikeLike
So bly jy is weer die Toortsie van ouds. Dankie dat jy my saamsleep! En ook vir d lekker kuier vandag. Bonte Toortsie gee kleur aan d lewe!
LikeLiked by 2 people
Bont beslis! 😁 Ek geniet jou geselskap net so baie.
LikeLike
So bly jy voel weer na die ou Toortsie! Geniet dit!! Hoop al die prosedures is ook nou vir lank genoeg verby!
LikeLiked by 1 person
Jajaaa! Hopelik is dit nou sommer heeltemal klaar. 😁
LikeLike
Yapoooooo Toortsie, bly jy is terug🌻🌻🌻
LikeLike
😊
LikeLike