Kattetoer

Hier is dit nou ons laaste namiddag by die wildtuin. Wat ‘n wonderlike ruskansie was dit nie!

Ons Kapenaars kom gewoonlik in die Junie-vakansie, so dit was ‘n heel ander ervaring om in September te kom. Die veld is defnitief droër as hoe ons dit in Junie ervaar.

Aanvanklik het ek gedink ons sien min diere, maar dat dit wat ons sien elke keer spesiaal is, sommer teen die pad. Op die ou end kan ek sê ons het baie diere gesien.

Vir my word die geslaagdheid van die wildtuin mos eintlik gemeet aan die aantal, maar ook die aantal kere wat ons olifante sien. Hulle het nie teleurgestel nie!

Ons het baie renosters gesien, ook seekoeie, ‘n paar krokodille, troppe buffels, kameelperde, natuurlik rooibokke, skilpaaie!, njalas, blouwildebeeste.

Ek steur my gewoonlik nie te veel aan die katte nie, maar hierdie was regtig ‘n kattetoer. Tien leeus! Twee luiperds, en twee keer jagluiperds gesien, een keer een met ‘n kleintjie. Al hierdie was teen die pad en net ‘n plesier.

Dankie, ons het heerlik gerus en sal nou weer die uitdagings op ons pad in die oë kan kyk. 😊

My ou selfoontjie doen sy ding, né? Liza van Country Living het belowe dat ons mooi goed gaan sien, net omdat ek nie ‘n groot bazuka vir ‘n kamera het nie! 🤪

Toortsie

44 thoughts on “Kattetoer

        1. Nou met die baai sê vra ek vir oom waar is die geld dan weggesteek. Hy kyk my vriendelik aan en sê, ‘dogter, dit het mosnijs met jou uit te waai nie. Jy is mos nie een van my erfgename nie. ‘ so, daar het jy dit.

          Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord