Hier is dit nou ons laaste namiddag by die wildtuin. Wat ‘n wonderlike ruskansie was dit nie!
Ons Kapenaars kom gewoonlik in die Junie-vakansie, so dit was ‘n heel ander ervaring om in September te kom. Die veld is defnitief droër as hoe ons dit in Junie ervaar.
Aanvanklik het ek gedink ons sien min diere, maar dat dit wat ons sien elke keer spesiaal is, sommer teen die pad. Op die ou end kan ek sê ons het baie diere gesien.
Vir my word die geslaagdheid van die wildtuin mos eintlik gemeet aan die aantal, maar ook die aantal kere wat ons olifante sien. Hulle het nie teleurgestel nie!
Ons het baie renosters gesien, ook seekoeie, ‘n paar krokodille, troppe buffels, kameelperde, natuurlik rooibokke, skilpaaie!, njalas, blouwildebeeste.
Ek steur my gewoonlik nie te veel aan die katte nie, maar hierdie was regtig ‘n kattetoer. Tien leeus! Twee luiperds, en twee keer jagluiperds gesien, een keer een met ‘n kleintjie. Al hierdie was teen die pad en net ‘n plesier.
Dankie, ons het heerlik gerus en sal nou weer die uitdagings op ons pad in die oë kan kyk. 😊
My ou selfoontjie doen sy ding, né? Liza van Country Living het belowe dat ons mooi goed gaan sien, net omdat ek nie ‘n groot bazuka vir ‘n kamera het nie! 🤪
Toortsie
Mooi mooi en julle was so gelukkig om so baie katte te sien
LikeLiked by 2 people
Ja ons was. 😁 Baie dankbaar
LikeLike
Pragtige fotos, Toortsie!
LikeLiked by 2 people
❤️
LikeLike
Spoggerig en kyk net al Oom Paul se willediere het vir jou kom loer.
LikeLiked by 2 people
Oom Paul het sslf ook vir my gewaai. 😁
LikeLike
Hy het wgter nie sy goue ponde iewers vir my gelos nie.
LikeLike
Ek kon sweer hulle is aan die kameelperde, jy moes gekyk het.😉
LikeLiked by 1 person
Ai man! Ek kan tog soms so skeel kyk!
LikeLike
Dis g’n wonder hulle het my so vreemd stip in die oë gekyk nie! Hulle wou my iets sein en ek het dit nou weer nie besef nie. Tsk.
LikeLike
Nou met die baai sê vra ek vir oom waar is die geld dan weggesteek. Hy kyk my vriendelik aan en sê, ‘dogter, dit het mosnijs met jou uit te waai nie. Jy is mos nie een van my erfgename nie. ‘ so, daar het jy dit.
LikeLiked by 1 person
Bwahahaha! Ons het gelukkig ons eie goud gemaak met ons avonture, so hy moet maar ingat wees. En dan is ons gaaf as hy op Rebusfontein rondsweef. So ou blikslaer! 😉
LikeLike
Hy was darem nie ongeskik met my nie, seker omdat hy weet van Rebusfontein en alles. 😁
LikeLike
A, dis nou betwr nuus. Ek het amper salie gaan brand om hom die wyk te laat neem.
LikeLiked by 2 people
Nee man, daar was nog mense in die omtrek. Ek kon dit in sy oë sien. Hy gaan mos nie ons geheim uitlap nie. 😁
LikeLike
😉
LikeLike
Nou het jy my aan die lag Vuurvliegie!!
LikeLike
Dis mos wat mens doen as geeste onwennig is. Maar weet jy wat teef my nou, sê nou jy brabd salie en jy is self diebprobleem. BWAHAHAHAA😂🤣🤣🤣🤣
LikeLiked by 2 people
😂😂😂 Dis ‘n probleem!!!
LikeLiked by 1 person
Oe skuus tref tref tref🙈
LikeLiked by 1 person
Mooi foto’s! Julle was baie gelukkig om jagluiperds te sien… my gunsteling kat. Die bos doen iets vir ‘n mens se siel
LikeLiked by 2 people
O, dit doen. Ek het dit regtig verskriklik nodig gehad. So dankbaar dat ek dit kon doen.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, so bly julle was so gelukkig!
LikeLiked by 1 person
Lyk of julle n wonderlike tyd gehad het, Toortsie, en ons wens julle n veilig reis terug huis toe!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Ja dit was wonderlik. 😊
LikeLiked by 1 person
Dis mooi fotos. Ek is veral mal oor die een van die klipsalmander (ons het hulle bloukopkoggelmander of ouvolk genoem). Julle was gelukkig om soveel diere te sien.
LikeLike
Toevallig praat hulle net vandag oor die bloukopkoggelmander op RSG, dat dié in Namibië soveel groter is.
LikeLiked by 1 person
Jip, jy kry bielies daar. Ons was maar redelik versigtig vir hulle, hoewel ek nou, by nabetragting, nie dink dat hulle veel gevaar vir ‘n mens inhou nie. Maar ‘n kind se verbeelding – jy weet?
LikeLiked by 1 person
Ek gaan ook nie met hom speel nie.
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
Wow! Die selfoon foto’s het so mooi uitgekom! Hy werk verseker! Bly julle het so goeie tyd gehad.
LikeLiked by 1 person
Jy het mos belowe! 😊
LikeLiked by 1 person
Ek weet hoe werk dit! 🙂 🙂
LikeLiked by 1 person
Jou fotos is goud werd. Baie bly jul kon so baie diere sien. Vir my was die sien van diere n ekstra bonus. Net om in die rustigheid van die wildtuin te wees was altyd vir my genoeg.
LikeLiked by 1 person
Jy som dit mooi op. Mens se hart raak rustig in die wildtuin.
LikeLike
Beslis, dis so rustig en geen gejaag nie. Die natuur gee alles vir n mens sonder dwang of vrae wat gevra word.
LikeLiked by 1 person
Bly julle het dit so geniet Toorts. ❤
LikeLike
Een van my gunsteling plekke
LikeLike
Sjoe Toortsie, dis pragtige fotos en julle is omtrent blessed. En net dat jy weet my siel het aan jou kant spiëeltjie gehang en saamgery elke dag😉🌻
LikeLiked by 1 person
Is dít die rede vir die lekker gevoel wat ek gehad het as ek in die spieēltjue gekyk het? 😁
LikeLike
🌻😀😀🌻
LikeLike
Prag fotos met daai selfoon Toorts, julle was omtrent geseën met die diere en veral die katte
LikeLiked by 1 person
Dankie. Regtig geseënd.
LikeLiked by 1 person
Klink of jy ń prrrrrrrrr toer gehad het. Pragtige foto’s. Jy laat my verlang na die bosse en die diere.
LikeLiked by 1 person