Daar’s ‘n verkeersknoop in die pad. ‘n Vriendelike man draai sy ruit af en beduie dat ons moet kyk, net links van die worsboom lê daar ‘n luiperd. Ons bedank hom vriendelik.
Worsboom? Watter boom is ‘n worsboom? Ons Kapenaars weet nie van worsbome nie.
Ek loer in die kaartboek, hulle sê dat koorsbome van die mees algemene bome hier rond is. Miskien is dit ‘n koorsboom.
Dit help steeds min, ons weet ook nie eintlik hoe lyk ‘n koorsboom nie.
Wel, ons hét die luiperd gevind, sy kop het uitgesteek daar links van een of ander boom.
Kameel het my mooi gehelp: As dit ‘n luiperd was wat ons gesien het, was dit heel waarskynlik ‘n koorsboom. Was daar egter ‘n worshondjie in die omtrek, dan was dit ‘n worsboom.
Geen worshondjies daar rond nie, hoor. Ook nie ander honde nie.
Jammer, ek kan steeds nie vir julle verduidelik hoe die boom gelyk het nie, hy het nogal ‘n dik stam gehad, met ‘n luiperd links van hom, as dit énigsins kan help.
Nee, ek het nie ‘n foto geneem nie, só gelukkig was ek darem nie.
Kry ‘n mens ‘n worsboom?
Toortsie
Hahahahahahahahahaha………………..jy is die spreekwoordelike vars briesie met hierdie inskrywing. Ek het dit nodig gehad …en nee…ek weet ook nie hoe lyk’n worsboom nie. Tensy dit die drolpeer is? Of nee, dalk ook nie !
LikeLiked by 2 people
Ek weet nie of daar so iets is nie. Obns het duidelik verkeerd gehoor. 😁 Dankie vir die vars briesie.
LikeLiked by 1 person
Daar was ‘n luiperd. Dis nou maar wors!!
LikeLiked by 1 person
Ja! Wors en nie worsboom nie! 😂 Vir al wat jy weet is hy steeds daar.
LikeLike
Jy kry sowaar ‘n worsboom, maar sonder sy kenmerkende peule sal ek hom heel waarskynlik ook nie kan eien nie. Hier is ‘n skakel:
http://www.krugerpark.co.za/africa_sausage_tree.html
Die koorsboom is heelwat makliker om uit te ken, waarskynlik die kenmerkendste van al die doringbome. https://www.gardeninginsouthafrica.co.za/trees/item/1326-fever-tree-koorsboomacacia-xanthophloea
LikeLiked by 3 people
Dankie! 😁
LikeLike
Ek sal uitkyk vir die koorsboom. Dalk vind ons hom. Dis te sê as ek weer die luiperd kan vind wat langs hom lê. 😁
LikeLike
Oulike skrywe, Toortsie! Dankie vir die heerlike humor en vertelling wat ek baie geniet het.
Daar is regtig ‘n worsboom, maar ongelukkig dra dit net saad wat lyk soos worse, en nie regte egte Boerewors nie (waarvoor my bek nou water). Die boom het darem ‘n baie mooi rooi blom om op te maak daarvoor.
http://www.florcomgardens.co.za/plant-van-die-week-worsboom-kigelia-africana
Koorsbome kom in malariagebiede voor en daarom het die onskuldige bome die naam gekry – hulle was beskuldig dat hulle koors veroorsaak het (of so iets). Ons moes altyd malariapille drink as ons in daai wêreld getoer het in muskiettyd. Toe nooit malaria gekry nie, gelukkig, maar ek onthou die bitter pille goed.
https://af.wikipedia.org/wiki/Koorsboom
Die Kaap het nou wel die Suidooster en Noordwester, maar darem nie malaria nie. Mens is dankbaar vir alle genadetjies.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir hierdie inligting. Ons drink maar die ou pilletjies en ek is baie bly die bome het nie koors nie! 😂
LikeLike
O nee, worsboom, koorsboom, drolpere, ek ken nie een nie. Bome is mos bome, behalwe as hulle vrugte dra. Watse vrugte dra die drolpeer? Ek hoop pere en nie die ander ene nie
LikeLiked by 2 people
😂😂😂 Ai, ek wil ook nie ‘n drolpeer eet nie! 😂😂😂👀
LikeLiked by 1 person
Kyk, ek het dadelik die boek ‘Die Veldwagter Stap Saam’ gaan uithaal, en heerlik oor die Worsboom gelees. Dis regtig ń wonderlike boek om daar in die wildtuin aan te skaf, Toortsie.
LikeLiked by 2 people
Dankie 😁
LikeLike
Wie is die skrywer?
LikeLiked by 1 person
Megan Emmett en Sean Pattrick, ons het dit in Skukuza gekoop.
LikeLiked by 2 people
Dis net so lekker om sommer vir die blogmaats te vra. 😊
LikeLike
😂 Ja, mens kry ‘n worsboom. Dis ‘n groot boom en sy vrugte lyk soos groot worse. Nie ‘n baie mooi vrug nie. Ek sal vir jou ‘n foto soek. Geluk met die luiperd, hulle is nie naklik om te sien nie!
LikeLiked by 1 person
Ons het sowaar reeds 2 luiperdegesien en 7 leeus. Ek wonder if dit is dat dit so droog is? Laat in die droë seisoen? Jagluiperde ook gesien.
LikeLiked by 2 people
Julle is regtig gelukkig. Geniet jul kuiertjie hier bo. Julle het darem erg ver gery.
Jy sal die worsboom moet google.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ons geniet elke oomblik. 😁
LikeLike
Julle is werklik gelukkig! Julle het darem baie ver gery – moet so beloning kry.
Geniet jul tydjie hier bo.
Jy moet maar die worsboom google.
LikeLiked by 2 people
Geniet die Kruger Toortsie. Dit is mos Paul Kruger se goue ponde wat by Toweropstal weggesteek was wat die hele Towerin ding begin het.
LikeLiked by 1 person
Net so. Ek het daar by sy standberld gestaan en kyk, maar vergeet van die ponde. 😂
LikeLiked by 1 person
Ek hoor jy het ook bietjie reën saamgebring.
Geniet die kuiertjie
LikeLiked by 2 people
Koud en nat. 😁 Ons gee nie om nie.
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
Pasop dat een van daardie worse nie op jou kop val nie…hulle is loodswaar en kan bewusteloosheid of die dood veroorsaak! Geniet elke oomblik.
LikeLiked by 2 people
Dankke, ek sal versigtig wees. 😁
LikeLike
Pasop vir die luiperd wanneer jy koes vir die wors 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Sal so maak. 😂
LikeLiked by 1 person
Haha, ek kan nou nie help om te lag vir hierdie boodskap nie – pasop, die worsboom se vrugte kan jou doodval, maar geniet jou vakansie!
LikeLiked by 3 people
Dankie dankie. Ons kuier lekker.
LikeLiked by 1 person
Dis nou wat mens ‘n paradoks noem🤣🤣
LikeLiked by 2 people
Net so!
LikeLiked by 2 people
Worsbome dra vrugte wat soos worse lyk. Koorsbome het ligtegroen takke en stam en staan uit tussen die ander bruier bome.
LikeLiked by 2 people
Ek het nou die koorsbome gaan soek, dink ek herken hulle nou. 😊 Vir die oomblik. 😁
LikeLike
Ek dink nie jy sal hulle weer vergeet nie. Hulle is so mooi
LikeLiked by 1 person
Hulle is mooi, ja. 😊
LikeLiked by 1 person
Nou het jy my ver terug gevat met jou Worsboom storie. Ek gaan my Maandag is Wasdag daaraan wei. Dankie vir die tip! Jy sal beslis bietjie Oom Paul en Oom Pie moet opsoek en hul bietjie pols oor die miljoene. Geniet die wildtuin dit is baie spesiaal.
LikeLiked by 2 people
Ons geniet elke oomblik. 😁
LikeLiked by 1 person
Oom Pie? Whahaha, julle laat my lag vandag.
LikeLiked by 1 person
Mooi man! Mens het dit nodig.
LikeLiked by 1 person
Ag geniet ek dit nou!
LikeLiked by 1 person
Toorts op ‘n heel ernstige noot… ‘n Koorsboom is my geliefkooste boom en ek wil my as eendag onder een gestrooi hê.
LikeLiked by 1 person
Daar by die luiperd?
LikeLiked by 1 person
Nee, nee netnou beland my as in sy maag. Ek wil nie so opeindig nie. Ek sal ‘n foto neem van waar.
LikeLiked by 1 person
Reg so
LikeLiked by 1 person