Die Hollander en die hout

Ons was by Pretoriuskop se kamp toe my man oudergewoonte hout begin pak om vuur te maak en te braai. Kom daar toe ‘n Hollandse man en vra wat manlief dan nou aan die doen is?

Manlief sê hy pak hout om vuur te naak, ons gaan nou braai.

Hoekom braai ons dan met hout?

Want ons is boere en hou daarvan om met hout te braai. Daar is iets lekkers aan om ‘n vuur aan te steek. Die vlamme, die rook, die atmosfeer.

Maar nou moet ons dan eers wag dat die kole uitbrand? Dit vat mos tyd?

Ja, maar ons gee glad nie om nie, dis vir ons lekker om by die vuur te sit met ‘n drankie in die hand.

Hy het nog nooit gesien dat iemand ‘n braaivleisvuur met hout maak nie.

Hy kuier. Vra uit oor Suid-Afrika. Vra watter diere by ons voorkom. Hoe is ons klimaat? Waarheen kan ‘n mens nog gaan? Kenia? Namibië?

Hy sê dat vleis in SA net soveel geuriger is as by hulle.

Natuurlik kan hy na die Wes-Kaap ook kom. Hy hét al gehoor van die Tuinroete.

Later wys ons vir mekaar foto’s van waar ons vandaan kom. Ons deel telefoonnommers uit.

En dit alles het begin met ‘n sakkie hout.

Toortsie

16 thoughts on “Die Hollander en die hout

            1. Ek voel maklik skuldig, maar het mos meestal in my eie huis gewerk op my eie ire. Soggens het ek gewoonlik my huiswerk klaargemaak en bietjie later in die kantoor gekom en laat gewerk. Skiktyd op sy beste. 😁

              Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!