Kunsuitstalling by Rebusfontein

Woordnoot nooi ons om kuns te kom uitstal by Rebusfontein en ek het dit goed gedink om ‘n paar plaaslike kunstenaars uit my dorp voor te stel. Ek vra verskoning, sommiges het moeilik afgeneem.

Die eerste een is wit rose van Annie van Graan. Sy is al oorlede en my ma het dit destyds by haar gekoop. Wat hierdie skildery ekstra spesiaal maak, is dat Annie van Graan ons eie geliefde Seegogga se ma is.

Nog ‘n skildery uit my ma se huis is een van Anna Lochner. Dit is ‘n reuse skildery wat vir ‘n baie spesifieke plek gedoen is. Ek is baie lief vir hierdie skildery en ‘n mens kan regtig sommer net vir ure sit en kyk en verdwaal in die tuin.

Ek is baie lief vir Weyers du Toit se werke, veral sy reeks oor die vissers. Jammer, die glas het weerkaats toe ek die foto geneem het.

Groete

Toortsie

22 thoughts on “Kunsuitstalling by Rebusfontein

Gesels saam, asseblief!