Woordnoot nooi ons om kuns te kom uitstal by Rebusfontein en ek het dit goed gedink om ‘n paar plaaslike kunstenaars uit my dorp voor te stel. Ek vra verskoning, sommiges het moeilik afgeneem.
Die eerste een is wit rose van Annie van Graan. Sy is al oorlede en my ma het dit destyds by haar gekoop. Wat hierdie skildery ekstra spesiaal maak, is dat Annie van Graan ons eie geliefde Seegogga se ma is.
Nog ‘n skildery uit my ma se huis is een van Anna Lochner. Dit is ‘n reuse skildery wat vir ‘n baie spesifieke plek gedoen is. Ek is baie lief vir hierdie skildery en ‘n mens kan regtig sommer net vir ure sit en kyk en verdwaal in die tuin.
Ek is baie lief vir Weyers du Toit se werke, veral sy reeks oor die vissers. Jammer, die glas het weerkaats toe ek die foto geneem het.
Groete
Toortsie
pragtige werke
LikeLike
Ons is darem geseën met kunstenaars uit onse kontreie! So dink ek sal elkeen se uitstalling sy omgewing en omtes reflekteer! Daai visserlewe kuns is vir my baie mooi.
LikeLiked by 1 person
Ek is mal daaroor. Hy is nie suinig met kleur nie. Die prente lewe.
LikeLike
Daardie eerste een is baie spesiaal vir jou, nè? Dis pragtig. Ek hou ook van die visserswerke, veral die tweede een.
LikeLiked by 1 person
Die eerste twee is my ma se keuse, vissers myne. Myne is ongelukkig net afdrukke, maar ek gee nie om nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het net een oorspronklike in my huis en dit lê in ‘n laai 😛
LikeLiked by 1 person
Ai tog. 😁
LikeLiked by 1 person
Jo jo Toortsie!!! Ek sal met al hierdie kunste kan saamleef…dis so mooi!!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLike
So bly oor die foto van Anna Lochner se pragskildery, wat ek in die werklikheid kon bewonder!
LikeLiked by 1 person
Dit ís ‘n besonderse skildery. Sy het dit eers op klein skaal geskilder en toe due groot een daarná.
LikeLiked by 1 person
Dis pragtige skilderye!
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLike
Baie mooi!
LikeLike
😊
LikeLiked by 1 person
Pragtige werke. Ek kan dink mens kan vir lank tuur na Anna Lochner se werk, dis pragtig.
LikeLiked by 1 person
A dit is so mooi. En spesiaal! Seegogga se ma!
LikeLiked by 1 person
Is dit nie spesiaal nie? 😁
LikeLiked by 1 person
Dis mooi Toorts. Die eerste een is besonders. Geen wonder Seegogga teken so mooi nie.
LikeLiked by 1 person
Sy is ook net so talentvol, ja. 😊
LikeLiked by 1 person
so verras dat my ma, Annie van Graan, ook hier is! Dis nogal regtig ‘n mooi een van haar! My ma het ‘n aanvoeling vir blomme gehad soos min ander kunstenaars.
LikeLike
Ek is baie lief vir hierdie skildery.
LikeLike