‘n Baie algemene vraag toe mense hoor dat ek vir ‘n histerektomie sou gaan en dus vir ses weke op siekverlof sou wees, was of ek dan sommer nog ‘n kookboek gaan skryf. Dan het ek die simpel antwoord gegee dat ek vir minstens vier weke nie sal kan kook nie.
Want sien, om ‘n kookboek uit te gee, moet ‘n mens KOOK. Jy moet staan voor ‘n stoof. Resepte uitdink, uittoets, oor en oor maak totdat hy die toets slaag wat smaak, tekstuur en nog ‘n hele klomp ander dinge aanbetref. En daardie gekookte goed moet geëet word ook, mens kan nie net kook nie. 😊
Net as voorbeeld: Ek is nou al ‘n geruime tyd besig om ‘n spesifieke koek te ontwikkel. Ek het begin met ‘n resep wat ek van die internet afgehaal het. En toe begin die fynskawery. Elke keer verander ek ietsie. Nou, nadat ek hom al vyf keer gebak en opgeëet het, voel hy vir my reg. Hierdie resep gaan nou ‘n rukkie rus totdat ek hom op ‘n stadium weer aanpak. Op hierdie oomblik wil ek nou nie meer daardie soort koek in die oë kyk nie!
Nou ja, ek dink die vraagstellers was sommer net vriendelik en het dit goed bedoel. En ja, ek hét verlede jaar gesê dat ek in hierdie jaar weer ernstig wil werk aan ‘n boek drie. Terloops, ek het in daardie bloginskrywing ook genoem dat ek vanjaar graag die Camino wil gaan stap en ook in Capital Singers wil sing. Nie een van hierdie planne het gerealiseer tot nou toe nie, maar dit maak ook nie saak nie. 😊
Intussen is ek steeds besig om kos te maak op die vreemdste tye van die dag of nag, resepte te ontwikkel en neer te skryf en wie weet, dalk kom daar tog op ‘n stadium ‘n derde boek. Of nie. Net die tyd sal leer.

Groete
Toortsie
Mens moet nooit onder druk van ander mense iets doen nie, net as jy self wil en gereed voel daarvoor.
LikeLiked by 2 people
Net so. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek dink darem dit was altyd goedbedoelde, vriendelike vrae. 😁
LikeLiked by 1 person
Alles op sy eie tyd vriendin….. ek geniet jou bloggery baie.
LikeLiked by 1 person
Dankie liefste Nita. Ek is rystig. Die Here sal vir my sê wat, wanneer en hoe. Intussen kook ek en toets ek en proe ek.
LikeLike
Ons sal stil wag en kyk wat voortkom uit die Toortsie kombuis
LikeLiked by 1 person
Daardie muffins was heerlik
LikeLiked by 2 people
Dankie
LikeLike
Jaaaa!!
LikeLiked by 2 people
❤️ Julle is wonderlike vriendinne om te hê. 😁📣⭐️⭐️
LikeLiked by 1 person
Darem is kosmaak nogsteeds lekker! 😁 Baie goeie idees word gebore in die middel van die nag.
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie kook nie, ek brand water. Ek het eendag, toe ek nog in my eie potensiaal geglo het ‘n hemp probeer stryk en 7 ure later toe die brandweer klaar was, en die versekering gebel was, my Dad sy kop klaar geskud het en my ma my klaar vertel het dat ek n wenner is en dat Jesus nie worry oor kak soos die nie, het ek besluit om eerder te skryf. Die boek was verkoop, die geld was nie die moeite werd nie, want dis hin liefdes daad…
Wat het ek nou weer probeer om te doen hier?
Nevermind….
Toortsie, jou histeriese rekrum is nie ‘n probleem nie. Lief jou en stuff. xxx
LikeLike
Ja wat, almal hoef nie te kan kook nie, te veel kokke in die kombuis is juis nie so ‘n goeie ding nie. 😁
LikeLike