Vir die dagstukkieliefhebbers is daar weer ‘n hele klomp nuwe dagstukkieboeke beskikbaar.
Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn.
Hierdie boek trek my aandag omdat ek lief is vir reis. Agterop staan dat ‘dit bedoel is vir die dapper reisiger wat die onbekende wil verken, onder die sterre wil slaap, die reis wil voltooi, bagasie wil uitpak, en geduldig en biddend wag vir die volgende reis.’ Dit klink baie na my, nê? 😁
Die dagstukkies is nie baie lank nie, dit begin met ‘n Bybelversie, dan die kort beskrywing en sluit af met ‘n gebed.
Sô lyk 29 Augustus in hierdie boek:
By Januarie skryf sy iets wat baie waar is: ‘Ek dink ‘n mens reis om jouself te soek en kom dan huis toe en vind jouself daar. ‘
My Stiltetyd Oordenkings is ‘n pragtige boek om vas te hou. Keurig. Die bladsye het ‘n goue rantjie. Agterop is ‘n sleutelteks, Markus 6:31: ‘Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem.’
‘Hierdie boek nooi jou om elke dag oomblikke van rus in God se teenwoordigheid te ervaar en al hoe nader te kom aan die liefdevolle, almagtige Vader. ‘
Die dagstukkies in hierdie boek is ook korterig met ‘n Bybelversie, bespreking en gebed. Soms is daar ‘n pragtige gebed in die plek van die gewone dagstukkie. Soms is daar net ‘n oop blad waar jy jou gedagtes kan neerpen.
In genade en dankbaarheid deur Carolyn Larsen is ‘n kleurvolle boek wat dadelik my aandag getrek het. Die sleutelteksvers op sy agterblad is Joh 1:16: ‘Uit Sy volheid het ons almal ‘n oorvloed genade ontvang.’
‘Elkeen van die oordenkings sal jou hart vul met dankbaarheid wanneer jy herinner word aan God se oorvloedige seën van liefde, vreugde, hoop en vrede.’
Groetnis
Toortsie
Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
Mens sal moeilik kan kies… lyk elkeen besonders op sy eie manier
LikeLiked by 1 person