Die groen bus ry regtig

Oppas wat jy wens, né! Oppas wat jy in jou blog skryf, selfs al is dit grappenderwys en jy jou verbeelding toelaat om totaal weg te hardloop. Dit mag dalk net waar word!

Ek kry ‘n beskeie whattsapp van die dame wat ons broodjies bewaar, sy kom kuier in ons geweste, mag sy kom hello sê?

Ek bak broodjies terwyl Seegogga die dames gaan oplaai.

Almal hap vol afwagting, maar helaas, niemand byt ‘n juweeltjie raak nie. 😊

Met ‘n wonderlike toerleier, Seegogga, aan die stuur, besoek ons die suidpunt van Afrika, waar die twee oseane ontmoet en klink ‘n glasie sjampanje op die besonderse geleentheid.

By Struisbaai se hawe loer ons gou of Parrie nie wil kom hello sê nie.

Het ons baie gepraat? Natuurlik! Hoe het julle dan gedink?

Dit was ‘n uitskieterdag. Dankie, dankie, dankie!

Toortsie

Advertisements

40 thoughts on “Die groen bus ry regtig

  1. Ag dankie vir jou prag5ige skrywe ooe hierdie lekker dag wn joy heeeerlike banting muffins! Ek het 3 (DRIE) geëet, maar ai, waar’s die diamante? Nie, ongelukkig nie, tussen my tande nie. Maar die geselskap, mense, was pure goud. Daarvoor sê ek aan julle almal baie dankie.

    Liked by 3 people

  2. Sjoe, ek wens nou ons was nie so oor die aarde versprei nie! Dit lyk so lekker en laat my hart nou vreeslik verlang. Ons het Desember 2012 by my vriendin en haar man in Struisbaai gaan kuier. In April laat weet sy en Roelf ons moet kom kuier, hy is baie siek. Pankreaskanker. Ek laat weet ons sal kom kuier sodra ons terug is, ek is op pad Hamburg toe om ‘n referaat daar te lewer. Mei-maand. Toe ek terugkom, gebeur die lewe. Ek werk by Pukke en ek vra manlief of ons Junie kan gaan kuier.

    Ek bel ek haar. Sy is in Krugersdorp, by haar kinders. Ek vra waar is Roelf dan, want sy kuier nooit sonder hom nie, hulle is soos ons twee. Vinkel en Koljander, waar die een is, is die ander. Sy vra watter Roelf en ek dog daar is groot fout, sy weet nie ek praat van haar man nie. Hulle seun is ook Roelof, maar almal noem hom kabouter. Sy huil. Roelf is al begrawe. Is oorlede toe ek in Duitsland was. Begrawe toe ons op pad terug is. Ek het nooit die boodskappe ontvang nie, ek vermoed haar kinders het nie my regte nommer gehad nie.

    Terug by die Desember. Ek het foto’s wat Roelf van my en manlief geneem het, toe hulle ons geneem het na presies waar julle was. By die skeepswrak ook foto’s geneem. En in die ligtorong op Struisbaai. Hulle sou ons die volgende keer in die agterland invat, waar hulle elke dag gaan stap het. Intussen woorn my vriendin en hulle Kabouter in Struisbaai. En sy het een van my Schnauzers aangeneem. Sankie. Om op te pas tot ons terug is – as Sankie nie by haar wil bly nie. Sankie gaan wil, sy geniet die alleen-aandag.

    Liked by 3 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s