Ek het my rok!

Sjoe! Wat ‘n verligting! Ek het my rok vir wanneer ons Towerinne saam met die sirkus gaan optree! Ek was al só benoud, want een vir een wys die Towerinne hulle rokke wat hulle laat maak het, en ek het nog nie eers begin soek nie.

Dit laat my dink aan die rok wat ek oor die internet bestel het vir my dogter se troue. Sjoe! Dit was ‘n mooi rok! Sy was nie mal daaroor nie en dit was te groot toe dit by my aankom. Iemand moes dit vir my kleiner maak, maar daar het iets voorgeval. Inderhaas het ek op die ou end ‘n ander rok gekoop. Ek dink nou nog sy was steeds ook nie mal oor daardie rok nie. Gelukkig was ek nie die bruid nie.

Maar hierdie keer mag ek kies net soos ek wil. Ja!

So, hier is hy!

Is dit nie verskriklik mooi nie? Ek gaan net vra dat hulle die halslyn ‘n bietjie hoër gesny moet word.

Tralala!

Toortsie

Alles bet deel van ‘n spelery.

Lees die ander bloggers se bydraes by https://fresh.inlinkz.com/party/556868f82eae403d9143258e74ee97b1

26 thoughts on “Ek het my rok!

Gesels saam, asseblief!