Besturende agent van … lees maar hier onder verder. As julle die draad van die storie wil hoor, moet julle hier kyk:
Bondelsgedagtes: Wakkerword op Rebusfontein
Kameel: Die Sirkus kom Rebus toe
Woordnoot: Una en mnr Barnum
Hester: Una se beenhare plaas ons op die soustrein
……………………………………………………………………………………………………
Mensig! Julle kan julle nie die opwinding op Rebusfontein voorstel nie. Eers die aanvanklike skok toe ons die storie hoor van Una se beenhare! Julle weet, dis amper soos ‘n olifant in die huis, ALMAL weet daarvan, maar NIEMAND mag daaroor praat nie! Una is sensitief oor hierdie storie en sy wil net almal wat om een of ander manier ‘n spiertjie verrek of hoes of saggies proes, sommer van haar bestevriendelysie afhaal, en julle weet mos hoe lief ons almal vir Una is, dit sal ‘n hartseer dag wees as sy dit doen!
Nou ja, Mnr Barnum van die sirkus kom toe, danksy Woordnoot, te hore daarvan, Hester stuur foto’s en nou is ons talk of the town. Nee man, g’n talk of the town nie, Hoofnuus wêreldwyd. Dis ‘n konsternasie! Una het versoek dat ek haar besturende agent sal wees. Bid jou dit aan! Besturende agent van Beenhare!
Luister, met die Towerinne is dit nie ‘n grap om ‘n besturende agent te wees nie. Una wou opsluit haar beenhare skeer, en gelukkig is daar nie skeermesse te vind op Rebusfontein nie, amper gebruik hulle Christa se vleisbyltjie, of Francisco se elektriese saag waarmee hy Hester se tuin netjies hou. Ek moes net keer, want met ‘n beenhaarlose Una kan ons op die aarde niks doen nie!
Intussen stroom die media Rebusfontein toe, ons word behoorlik oorval. Broodina is natuurlik voor in die koor, ek weet nie by watter koerant sy deesdae werk nie. Dis die SON, HUISGENOOT, die Burger, die Beeld, Media 24, BBC, RSG, Radio Overberg, nie eers gepraat van al die wêreldmedia nie. Dis Chaos! Almal wil onderhoude met Una hê en ek lyk soos ‘n stasiemeester wat treine probeer beheer en rangeer om al die onderhoude toe te staan en perskonferensies te hou en darem nog so tussendeur vir Una rus te gee ook.
Man, as dit net Una was om te beheer was dit nog alles wel, maar julle weet hoe dit werk met die onderhoude, AL die Towerinne voel hulle het ‘n plekkie in die SON nodig! Tsk
So ek vra vir tannie Frannie, sal jy tog net ‘n ogie hou oor WAT die koerantmense alles skryf. Jy weet, hulle kan maklik ‘n verkeerde beeld van ons uitstuur!
Toortsie
Pure lawwigheid van die Towerinne en verbeelding van die Toortsie. Niks waarheid hierin opgesluit nie. 🙂
Tsk tsk tsk…. dat ‘n rustige wakker word op Rebusfontein so kan ontaard dat sirkus en media kleim afsteek….Toortsie ek dink dit was wys om tannie Frannie te vra. Sy is wys en rustig. Sy sal hulle kan beheer…
LikeLiked by 1 person
Ek kan hulle dalk net aanhits, jy weet! Weet jy wat het Hester nou loop doen? Ewe, uit simpatie teenoor Hester, gevoel ons moet vir almal van ons van daardie langhaarleggings kry. Bid jou dit aan!
LikeLiked by 1 person
Oooooo weeeeee, dis bietjie grillerig hoor…
LikeLike
Juis!
LikeLike
Grillerig? Ek dig dan juis ek lyk nou so sexy in my spesiaal ingevoerde leggings?
LikeLiked by 3 people
Jy wil nou weer ‘n niwe mode begin! 😂
LikeLiked by 1 person
Jip, made in China 😄
LikeLiked by 1 person
You go, Hester!
LikeLiked by 1 person
O liewe Bondeltjies, NIEMAND kan die pers beheer nie! Maar ek sal my bes doen, vir volk en Rebusfontein…
LikeLiked by 1 person
Liewe tannie Frannie, jy is die enigste ene waarop ons kan hoop. Sjoe maar tannie is so dapper en onselfsugtig, ek is seker tannie sal regkom…
LikeLiked by 1 person
Jaja, bêre maar die heuningkwas en laat kom daai jêmtertjies! Ek het krag nodig…
LikeLiked by 1 person
Kom eet maar Bantingkossies by my, dis baie kragtig.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek’s op pad!
LikeLike
Baie opgewonde
LikeLiked by 1 person
Ek bring dadelik tannie, wat van bietjie tee met ‘n ietsie in, soos Una sê…
LikeLiked by 2 people
Jy het sowaar die regte antwoord. 🙂 Net so ‘n knersietjie.
LikeLike
On the dubble….. nou da tannie…
LikeLike
Nee dankie, ek het nou al my varkies hier nodig! Het hoeka te veel tee gedrink al…
LikeLiked by 1 person
Oooooo …
LikeLiked by 1 person
Ag, jy hoef hulle nie te beheer nie, dalk net ‘n bietjie goeie raad gee, jy weet. 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie…die stryd duur voort!
LikeLike
Nou het ek lekker gelag. Jy kwyt jou goed van jou taak Toorts. Jou mos gewaarsku oor koerante ens. Dink ook Frannie sal hulle goed kan beheer. 🤔
LikeLike
Dankie
LikeLiked by 1 person
Het jy Frannie getag?
LikeLike
DAnkie. Ek het gedink ek doen, maar het duidelik nie.
LikeLiked by 1 person
Aaaarghgh, welke sware verantwoordelikheid!
LikeLiked by 1 person
Glimlag net mooi vir die pers Frannie en jy gaan hulle sonder moeite onder beheer hê 😊
LikeLiked by 1 person
Hmmm, ek’s nie so seker nie…en my kop is te seer van al die konsentreer om anders te lyk as dik donderweer…
LikeLiked by 1 person
Miskien doen die donderweer die ding!!! Ek sal net sorg ek bly uit jou pad. 🤔
LikeLiked by 1 person
Neewat, jy is altyd veilig by my, liewe Kameel, maar Camilla beter ver weg bly!
LikeLiked by 1 person
Ek sal haar waarsku Frannie. Hester sê klaar sy het haar by die rivier saam met Lorenzo gesien. Ek het nie eers geweet sy is in Rebus nie. Met haar weet ‘n mens nooit.
LikeLiked by 4 people
Ek stap nou dadelik af rivier toe, Kameel. Hierdie moet ek sien, dis nodig om so dan en wan romantiese beeldmateriaal waar te neem, goed vir die hormone.
LikeLiked by 2 people
😂
LikeLiked by 1 person
Una jy is nou belangrik. Jy kannie kom en gaan soos jy wil nie. En daardie kosbare beenhare sal nie die bosse kan hanteer nie. Netnou hang jy soos Absolon aan sy hare aan ‘n tak en moet ons daardie hare afsny om jou los te kry.
LikeLiked by 3 people
O griet, jy is reg! Die beenhare is nou baie belangrik. Ek wou nog altyd iets vir die mensdom beteken, en daar het jy dit nou. Ons kry elkeen ñ geldjie uit die groei van beenhare. Naasteliefde en so aan. Ek bly net hier op die bank sit.
LikeLiked by 2 people
😂
LikeLike
Dankie tog jy sien rede. Was vir ‘n oomblik bang jy gaan rebelleer.
LikeLiked by 2 people
Mak soos ñ lammetjie sit-lê ek hier en wag vir opdragte.
LikeLiked by 2 people
Eintlik is jy die een wat nou opdragte mag gee, jy is dan nou ons celebrity. Ons is tot jou diens, solank jy net nie jou beenhare skeer nie.
LikeLiked by 1 person
Sit ek ewe skielik kiertsregop… Jy het ñ punt hier beet, Toortsie. ñ Defnitiewe punt!!
LikeLiked by 1 person
Jaaa want jy gaan vir ons geld inbring. Ons is tot jou diens, maar jy moenie kom staan en grootkop kry nie, hoor!
LikeLike
😂
LikeLike
Bwahaha. Nou sien ek vir Una aan die bosse rondhang!
LikeLiked by 2 people
Ek ook Hester…. sy moet bly sit waar sy is. Daar kannie nou glipse kom nie. Ek het klaar my balrok vir die openingsasnd bestel… kos ‘n fortuin.
LikeLiked by 1 person
Balrok. Vir ‘n sirkus? Ek ruik ‘n rot. Nee, ‘n olifant van ‘n rot.
LikeLiked by 2 people
Hester Toorts het opdrag gegee ons moet ontwerpers gaan sien en ordentlike klere kry want ons gaan vyfster onthaal word. Woordnoot gaan haar groen balrok aantrek en ons kan mos nou nie loop staan en afsteek nie… veral aangesien ons ‘n lyndans in die sirkus gaan doen.
LikeLiked by 2 people
Ek het toe haar skakel gesien, ja. Was so in en uit by die huis vandag dat ek die geselskap ‘n bietjie misgeloop het. Nou weet ek nie – ek is nie ‘n ou vir balrokke nie 😏 Dalk kan ek in ‘n tux gaan.
LikeLiked by 2 people
Neeeee Hester 😂😂😂😂 ons knyp maar oë toe en trek aan.
LikeLiked by 1 person
Ek sal vir Lorenzo moet saambring om my arm vas te hou en my op my voete te hou.
LikeLiked by 2 people
Ek debs die ander arm. Lag ek nou vir ons twee wat val en struikel in ons aandrokke en fancy skoene. Miskien moet ek Camilla stuur 🤔
LikeLiked by 2 people
Goeie idee!
LikeLiked by 1 person
Vir die sirkus het ons weer ánder tabberts nodig. Sirkustabberts vir die BBP sitplekke.
LikeLiked by 1 person
My kop draai nou Toorts. Woordnoot het gesê sy trek haar balrok aan vir die lyndans. Jy het akkoord. Hoe moet ons sirkustabberds vir die BBP lyk? Ek wil asb nie daar aankom en die Aspoestertjie van die verhaal wees nie. Jy moet weet ons gaan in die koerant verskyn.
LikeLike
My kop draai self. Help! Wie kan help? Wie kan help met die uitsoek van die tabberts asseblief?
LikeLiked by 1 person
Vra vir Vuurvliegie om ons te help.
LikeLiked by 1 person
My kop dtaai ook. Dit was nie ‘n slim ding om my besturebde agent te maak nie, ek is te aandagafleibaar.
LikeLiked by 1 person
Nee Toorts jy doen ‘n goeie job…. my kop sou ook draai met wie moet wat en waar.
LikeLike
Die ding is, ek kyk die kommentare op my selfoon en verloor beslis die draad.
LikeLike
M.a.w jy is nou draadloos. Not to worry alles sal uitwerk.
LikeLiked by 1 person
Dit het die lewe my geleer: Iemand sal sorg dat dit uitwerk. 😁
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Donderweer? Op Rebusfontein? Nee, dit kan nie nou nie, ek moet konsentreer!
LikeLiked by 1 person
Dis Frannie wat soos donderweer rondloop oor die media so buite beheer is Toorts.
LikeLiked by 1 person
Jy sal net weet hoe om dit op ‘n sagte manier te doen.
LikeLiked by 1 person
Sagte maniere werk nie met hardgebakte mediamense nie – jy het mos self gesien hoe Broodina handuit geruk het!
LikeLike
En sy is juis alweer in die prentjie.
LikeLiked by 1 person
Presies!
LikeLike
Besturende agent van beenhare…Bwahahahaha!!! Nee wat, ons gaan al die pad bank toe lag. Tannie Frannie moet nou net die pers onder bedwang kry. Ons sal dalkies iemand moet kry om die kontrakte mooi deur te lees. Ek meen, ons almal gaan deel in hierdie finansiële meevallertjie!
LikeLiked by 2 people
Maar dan moet julle help keer dat Una haar nie skeer nie.
LikeLiked by 2 people
So waarheen vlieg ons tweetjies met ons meevallertjies, WoordNoot? Wag darem nou lank genoeg vir diè kans. Dalk moet ons ñ draai gooi daar by Christa in haar kommunistiese land, gewese een nè. Onthou jy hoe het die skool ons altyd bang gepraat met met hulle?
LikeLiked by 1 person
Sy moet met oop oë slaap ! 😳
LikeLiked by 1 person
Jaaa !!! En Italie …dalkies sommer Bali toe ook!!
LikeLike
Ek staan op die lughawe en wag vir VirgoC sodat ons vir Padda kan kry… en ek glimlag soos ń weird mens. Die glimlag bly en bly. Ons het nou maar net die ongelooflike gawe om met die verspotste van onderwerpe aan die hardloop te gaan tot by die wenpaal. Goed geskryf, Toortsie!!!
LikeLiked by 2 people
Jylle bring die lag in my dag. 😁
LikeLike
Geniet julle kuier.
LikeLiked by 1 person
Ons drietjies kom nou eers by die huis aangesuiker, was heel dag weg. Ek en Virgotjie is vanoggend kwiltwinkel toe! Sy het besluit dis nou tyd om te leer, en was dit ñ paar ure tussen al daardie kleure materiaal, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Ek moet ook nog dit leer doen.
LikeLiked by 1 person
Frannie, jy kan mos maklik die media toor met joy spesiale broodjies! Una, jy ksm mos nie noy gaan rondloop en shop nie! Die geheim sal uitlek….
LikeLiked by 1 person
Ek haal nog in…spyt ek het sover al die pret misgeloop! Kostelike verbeelding, Toortsie!
LikeLike
Dankie! Welkom.
LikeLiked by 1 person