Besturende Agent van …

Besturende agent van … lees maar hier onder verder. As julle die draad van die storie wil hoor, moet julle hier kyk:

Bondelsgedagtes: Wakkerword op Rebusfontein

Una: Geheime en Rebusfontein

Kameel: Die Sirkus kom Rebus toe

Woordnoot: Una en mnr Barnum

Hester: Una se beenhare plaas ons op die soustrein

……………………………………………………………………………………………………

Mensig! Julle kan julle nie die opwinding op Rebusfontein voorstel nie. Eers die aanvanklike skok toe ons die storie hoor van Una se beenhare! Julle weet, dis amper soos ‘n olifant in die huis, ALMAL weet daarvan, maar NIEMAND mag daaroor praat nie! Una is sensitief oor hierdie storie en sy wil net almal wat om een of ander manier ‘n spiertjie verrek of hoes of saggies proes, sommer van haar bestevriendelysie afhaal, en julle weet mos hoe lief ons almal vir Una is, dit sal ‘n hartseer dag wees as sy dit doen!

Nou ja, Mnr Barnum van die sirkus kom toe, danksy Woordnoot, te hore daarvan, Hester stuur foto’s en nou is ons talk of the town. Nee man, g’n talk of the town nie, Hoofnuus wêreldwyd. Dis ‘n konsternasie! Una het versoek dat ek haar besturende agent sal wees. Bid jou dit aan! Besturende agent van Beenhare!

Luister, met die Towerinne is dit nie ‘n grap om ‘n besturende agent te wees nie. Una wou opsluit haar beenhare skeer, en gelukkig is daar nie skeermesse te vind op Rebusfontein nie, amper gebruik hulle Christa se vleisbyltjie, of Francisco se elektriese saag waarmee hy Hester se tuin netjies hou. Ek moes net keer, want met ‘n beenhaarlose Una kan ons op die aarde niks doen nie!

Intussen stroom die media Rebusfontein toe, ons word behoorlik oorval. Broodina is natuurlik voor in die koor, ek weet nie by watter koerant sy deesdae werk nie. Dis die SON, HUISGENOOT, die Burger, die Beeld, Media 24, BBC, RSG, Radio Overberg, nie eers gepraat van al die wêreldmedia nie. Dis Chaos! Almal wil onderhoude met Una hê en ek lyk soos ‘n stasiemeester wat treine probeer beheer en rangeer om al die onderhoude toe te staan en perskonferensies te hou en darem nog so tussendeur vir Una rus te gee ook.

Man, as dit net Una was om te beheer was dit nog alles wel, maar julle weet hoe dit werk met die onderhoude, AL die Towerinne voel hulle het ‘n plekkie in die SON nodig! Tsk

So ek vra vir tannie Frannie, sal jy tog net ‘n ogie hou oor WAT die koerantmense alles skryf. Jy weet, hulle kan maklik ‘n verkeerde beeld van ons uitstuur!

Toortsie

Pure lawwigheid van die Towerinne en verbeelding van die Toortsie. Niks waarheid hierin opgesluit nie. 🙂

80 thoughts on “Besturende Agent van …

                  1. Una jy is nou belangrik. Jy kannie kom en gaan soos jy wil nie. En daardie kosbare beenhare sal nie die bosse kan hanteer nie. Netnou hang jy soos Absolon aan sy hare aan ‘n tak en moet ons daardie hare afsny om jou los te kry.

                    Liked by 3 people

                    1. O griet, jy is reg! Die beenhare is nou baie belangrik. Ek wou nog altyd iets vir die mensdom beteken, en daar het jy dit nou. Ons kry elkeen ñ geldjie uit die groei van beenhare. Naasteliefde en so aan. Ek bly net hier op die bank sit.

                      Liked by 2 people

                    2. Hester Toorts het opdrag gegee ons moet ontwerpers gaan sien en ordentlike klere kry want ons gaan vyfster onthaal word. Woordnoot gaan haar groen balrok aantrek en ons kan mos nou nie loop staan en afsteek nie… veral aangesien ons ‘n lyndans in die sirkus gaan doen.

                      Liked by 2 people

                    3. Ek het toe haar skakel gesien, ja. Was so in en uit by die huis vandag dat ek die geselskap ‘n bietjie misgeloop het. Nou weet ek nie – ek is nie ‘n ou vir balrokke nie 😏 Dalk kan ek in ‘n tux gaan.

                      Liked by 2 people

                    4. My kop draai nou Toorts. Woordnoot het gesê sy trek haar balrok aan vir die lyndans. Jy het akkoord. Hoe moet ons sirkustabberds vir die BBP lyk? Ek wil asb nie daar aankom en die Aspoestertjie van die verhaal wees nie. Jy moet weet ons gaan in die koerant verskyn.

                      Like

  1. Besturende agent van beenhare…Bwahahahaha!!! Nee wat, ons gaan al die pad bank toe lag. Tannie Frannie moet nou net die pers onder bedwang kry. Ons sal dalkies iemand moet kry om die kontrakte mooi deur te lees. Ek meen, ons almal gaan deel in hierdie finansiële meevallertjie!

    Liked by 2 people

    1. So waarheen vlieg ons tweetjies met ons meevallertjies, WoordNoot? Wag darem nou lank genoeg vir diè kans. Dalk moet ons ñ draai gooi daar by Christa in haar kommunistiese land, gewese een nè. Onthou jy hoe het die skool ons altyd bang gepraat met met hulle?

      Liked by 1 person

  2. Ek staan op die lughawe en wag vir VirgoC sodat ons vir Padda kan kry… en ek glimlag soos ń weird mens. Die glimlag bly en bly. Ons het nou maar net die ongelooflike gawe om met die verspotste van onderwerpe aan die hardloop te gaan tot by die wenpaal. Goed geskryf, Toortsie!!!

    Liked by 2 people

      1. Ons drietjies kom nou eers by die huis aangesuiker, was heel dag weg. Ek en Virgotjie is vanoggend kwiltwinkel toe! Sy het besluit dis nou tyd om te leer, en was dit ñ paar ure tussen al daardie kleure materiaal, Toortsie.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!