Caminogesels

Ek het mos nog steeds die gedagte om eendag die Camino in Spanje te gaan stap. Hierdie bloginskrywing dien as aantekeninge vir myself vir wanneer ek dit eendag wel doen. Dalk vind dit baat vir iemand anders ook.

Na aanleiding met ‘n gesprek met twee persone, skryf ek hierdie.

Die een was ‘n man wat dit saam met sy vrou gedoen het. Hulle het ‘n week gestap en in hotelle gebly en hulle sakke laat aanry. Hy beveel dit aan dat jou slaapplek bespreek is waar jy die volgende aand wil slaap. Dan hoef jy nie so te jaag om daar te kom en slaapplek te vind nie. Hulle het soggens 9 vm eers begin stap en rustig gestap tot sowat 4 nm. Dit klink vir my goed, want ek is nie so vroeg soggens op-en-wakker nie. Ek was bekommerd oor die siësta war in Spanje beoefen word en dat jy dalk nie etes langs die pad kan kry nie. Hulle het nie ‘n probleem daarmee gehad nie. Tog het Maréth die siësta genoem. Maréth het juis eerder vroeër soggens begin stap sodat sy haar bestemming bereik voor die siësta begin.

Die dame met wie ek gesels het, het die Aubergeding gedoen. Hulle was twee dames bymekaar. Vir haar het dit juis gegaan oor die gedagte met hoe min jy kan klaarkom. Dit was deel van die ervaring van die Camino om in daardie massiewe slaapsale te slaap, mans en vroue deurmekaar met mense wat jy glad nie ken nie.

Sy sê dit was skoon, gemaklike beddens elke nag met goeie matrasse op. Daar word ‘n matrasbeskermer oorgetrek. Hulle het slaapsakke saamgeneem.

Hulle het 10 dae gestap vanaf die punt in Frankryk waar almal begin, ek kan nie nou op die naam kom nie.

Die Camino-sertifikaat was nie vir hulle belangrik nie en daarom het hulle juis die eerste 10 dae van die Franse roete gekies omdat dit so mooi was.

Sy het met lekker gemaklike tekkies gestap en sokkies, haar voete soggens met Vaseline gesmeer en sokkies aan. Hulle voete het nooit probleme gegee nie.

Sy het nie spesiaal geoefen nie, net haar normale stap van ongeveer 10 km per dag vooraf. Haar normale stap sluit bulte in. Of dit nou élke dag was, weet ek nie.

Hul het hulle rugsakke aanvanklik self gedra, maar het ook later van die aanryopsie teen €5 per dag gebruik gemaak.

Hul het in Augustus gestap. Sy voel dit was nog te warm en beveel aan dat ‘n mens eerder in September sal gaan.

Sy sê ‘n waar ding, dat as jy so stap, het jy baie tyd om te dink. Jy moet ‘n boekie saamdra om gedagtes neer te skryf. Jy kry soveel keer perspektief oor dinge. Dinge wat jy dalk anders wil doen in die toekoms.

Toortsie

19 thoughts on “Caminogesels

  1. Net vanmiddag vir die vriendin waarmee ek die fliek gekyk het gesê ek gaan dit nog doen. Sy dink ek speel. Ek het vandag weer sam net haar gaan fliek en my oë uit gehuil aan die einde van die fliek. Huil is nie jus in my lyn nie maar die fliek het my diep geraak. Dis n ware verhaal van Duitse na-oorlogse soldaat wat n bekende doelwagter vir Engelse sokker sapn geword het The Keeper Dit het my nogal aan seker omstandighede waaronder ons vandag nog lewe.https://www.filmandtvnow.com/the-keeper-review-one-of-the-best-films-of-the-year/

    Like

        1. Daar is baie roetes wat jy kan stap. Jy kan bv ‘n hele roete stap oor 35 dae of net ‘n gedeelte oor 3 of 5 of 10 dae. Of jy jan die laaste 100 km stap. Jy kan dit goedkoop doen deur in die auberges te bly of duurder deur in hotelle te bly. Jy kan jou sak self dra of dit laat aanry. Elkeen doen dit op sy eie manier.

          Like

            1. Elke persoon doen dit om ‘n ander rede. Dalk wil jy iets verwerk. Dalk wil jy sommer net alleentyd met God spandeer. Dalk soek jy die rustigheid van stap oor ‘n lang tyd.
              Soos ek reedsal geskryf het, lok dit my omdat dit veilig is, ek hoor op RSG dat Spanje die veiligste land in die wêreld is om alleen te toer. Pelgrims word beskerm. Hulle het goeie infrastruktuur om die pelgrims te kan hanteer. Juis omdat jy kan stap so lank of hoe ver jy wil, trek my. Jy is nie gebonde aan ‘n groep nie, maar daar is ook groepe waarby jy kan aansluit. (Ek hou van my eie ding doen. ) Jy kan dit goedkoop doen as jy sou wou.

              Like

                1. Sal jy dit alleen doen of maar iemand saamneem? Volgens my is die grootste uitdaging dat jy so ver moet stap op ‘n dag. Ongeveer 25 km. So as jy nog gesond en fiks is, doen dit. 😊

                  Like

Gesels saam, asseblief!