Paul

Paul is Micheal se buurman, sy swaer. Paul hou niks van Amanda nie, want Paul weet dinge van Amanda wat ander nie weet nie. Sy is ‘n leuenaar. Hy haat haar. Sy is nie waardig om Tessie se klere te dra nie. Hy wil nie hê sy moet Micheal se vrou wees nie, sy is nie goed vir Micheal nie, hy weet mos dat sy glad nie lief is vir hom nie en net by hom bly totdat sy weer groener weivelde gaan soek. Amanda is besig om almal te bluf, hy kan nie verstaan hoekom almal so gek is oor haar nie.

Amanda is die een wat hom weghou van soveel dinge, sy is die oorsaak van alles: Sy geld, want hy het ook een keer die deposito betaal en in haar ry gestaan by die bordeel, maar nie die voorreg kon smaak om haar wel vir ‘n halfuur te besit nie. Sy is die oorsaak dat Micheal nie met Miriam trou nie terwyl Miriam so ‘n goeie vrou vir Micheal sal wees. Dis as gevolg van háár dat sy eie verhouding met Micheal nie meer is soos dit is nie. Sy versuur selfs die verhouding tussen hom en sy bure. Sy is die oorsaak dat hy en sy vrou ‘n hele ruk effe stram was met mekaar. Sy is die oorsaak dat hy sommer sy boerdery wil opgee. Dis sy wat hom van lelike dinge beskudig het.

Paul het ‘n obsessie: Amanda. Hierdie obesessie neem sy hele lewe oor. Haatgedagtes rondom haar vul elke minuut van die dag. Alles wat verkeerd loop, kan hy aan haar toeskryf. Hy kan al die ander goed hanteer, maar sy is die een wat alles keer op keer kom omkrap. Dit veroorsaak dat hy eintlik van persoonlikheid verander en nie meer die persoon kan wees wat hy regtig is nie. Dit maak dat hy nie altyd ‘n lekker mens is om by te wees nie. Hy is deur die obsessie gekaap. Dit hou hom gevange. Hy het geen verweer teen die obsessie nie.

Dis soos ‘n groot dam met die naam, Amanda. Die dam word gevoed deur ‘n stroom wat langs Paul se lewenspad loop. Enige probleme wat hy mag ondervind oor énige ding word ‘gemaklik hanteer’ deur dit net met een veeg in die sloot in te vee en te beland in die Amanda-dam.

Totdat God sy oë oopmaak. Totdat hy TOELAAT dat God sy oë oopmaak en die ware Amanda sien: haar pyn, haar swaarkry, haar opofferende liefde, haar onsekerheid, haar moed om staande te bly te midde van baie swaarkry. Hy sien ook sy eie foute raak, die leuens wat hy geglo het en vra om vergifnis.

Skielik is hy vry.

‘n Obsessie is ‘n nare ding. Beveg dit met alles wat jy het.

Toortsie

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

3 thoughts on “Paul

    1. Ek het die eerste keer wat ekdie boekgelees het, regtig op geraak vir haar kom- en ganery. Hierdie keer was dit heeltemal anders. Ek kon meer die onderliggende temas raaklees. Sy is maar net ‘n uitstekende skrywer. Kyk nou vir Paul, eintlik is hy glad nie ‘n vreeslike belangrike karakter nie, maar bekyk hom en jy sien baie meer.

      Like

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord