Toortsie het sowaar weer in die teater gaan draai. Die hospitaalteater, nie die Arts Cape Teater nie. Ek wens!
Daar was so ‘n paar aartjies wat verwyder moes word. Blykbaar ‘n hele paar aartjies. Ag, dis net ‘n oppervlakkige operasietjie, een nag oorslaap, vinnig uit en tuis.
Al wat ek kan sê, is, met die histerektomie het ek regtig nie pyn gehad nie, die pynmedikasie was voldoende. Maar aits, hierdie is vir jou ‘n ander storie, hoor!

Ek is ‘n soet pasiënt, ek lê mooi op my bed, klim nie af nie. Maar my voet is seer. Erg seer. As ek my kleintoointjie beweeg, gesels hy. Dit hou my die hele nag wakker. Selfs die sterkinspuiting wat hulle vir my gee verdwerg nie regtig die voet se pyn nie, maar dit laat my darem lekker slaap.
Paraat kom ek huis toe. Bly mooi op my bed, maar die natuur noop my soms om ‘n draaitjie te loop. Nee, te hink. Gelukkig het my man vir my ‘n stapstok gekoop, ons woerts mos alewig in die bergpaadjies rond en ek wil nog in Spanje en Peru loop stap.
Een of ander tyd maak ek die agterdeur oop om vir die honde kos te gee. Ek besef hulle is in die huis en dit is vreemd stil. Hulle het die biltong raakgeloop! Hulle was waar hulle nie mag wees nie! Ek hink agterna met die stapstok en al …
Intussen raak die een bloginskrywing na die ander verlore, die drie treë tot by die rekenaar is net te ver, raak al hoe verder, soos Spanje ook verder en verder raak.
In die nag weet ek nie hoe om te lé nie, as die toon nie kla nie, kriewel dit iewers op die been. Ek tel die ure van die een pynmedikasie tot die volgende, nie dat dit enigsins help nie.
Op die ou end is dit Toortsie op Moedverloor se vlakte.
Dit blyk toe dat die verband om die voet baie styf gedraai was en dat die voet dalk nog geswel het ook. Manlief draai die verband los, gee die voet ‘n bietjie ruimte om asem te haal, draai dit weer toe, maar bietjie losser.
Mense, nou klink die mobiliseer na drie dae meer ‘n realiteit, ek het al begin wonder of hulle dalk vir my krukke moes uitdeel.
Waar is my stapstok, laat ek loop oefen!
Toortsie
Innige simpatie met die pyn saam. Ek het al gehoor dat die mense wat dit gedoen het baie gekla het van pyn. Nie net pyn nie maar aanhoudende pyn. Hou maar moed jong, dit sal weer beter word. Sterkte maar vir jou.
LikeLiked by 2 people
Dankie, dit is darem al baie beter. Die voet pyn nie meer nie. Dis net soms ‘n vreemde brandpun wat skielik en intens kom, maar dan gaan dit weer oor.
LikeLiked by 1 person
Jou laaste sin laat my bewoë raak. Ons Vader is altyd getrou.
LikeLiked by 2 people
Hy is. 😊
LikeLike
Ai tog, sterkte Toorts! Een vd dae loop jy met daardie bikini hier op die strand en dan het jy lankal vergeet vd pyn, want jy gaan so baie wolwefluite kry! Asseblief, moet net nie nog tiramisu ook saamneem strand toe nie!
LikeLiked by 1 person
Hoor net! 😂
LikeLike
Tiramisu? Watter soort pynstillers skryf Toortsie se dokter voor? 😮 Ag Toortsie, ek wil sommer sê “Toemaar, toemaar, een van die dae is jy weer flink op die been. Sterkte.”
LikeLiked by 1 person
Dankie. Die vrouedag kniehalter my nou en maak dat ek tot volgende Maandag in verbande sal moet loop. Anders was Vrydag die dag.
LikeLiked by 1 person
En die naweek gaan ‘n week lank wees!
LikeLiked by 1 person
Minstens ‘n week lank! Die losser verband om my voet sot alreeds erg los!
LikeLiked by 1 person
Kan die dokter jou nie dalk Donderdag al inpas nie? Dalk kan hulle tenminste net die verbande ‘n bietjie gemakliker maak.
LikeLiked by 1 person
Blykbaar is 9 dae te gou. Ek sal dalk in die week by my huisdokter ‘n draai gaan maak. As die swelsel begin sak, gaan die verbande nie ‘n plesier wees nie. Ek vermoed die stywe verband om die voet se doel was ook om die res beter in posisie te hou. Ag, ons vat maar die week soos dit kom. 😁
LikeLiked by 1 person
This too shall pass …
LikeLike
Jop
LikeLike
Sterk wees, jy is mos ons almal se liggie. Skyn in die donker terwyl die been genees.
LikeLiked by 2 people
Vandag al mooi op die been, nou moet ek keer vir ooreising!
LikeLike
Mooi so!
LikeLike
Gesond verklaar! 😁
LikeLike
Yay!!
LikeLiked by 1 person
Jammer dat jy probleme met jou been het! Hoop jy is gou beter
LikeLiked by 1 person
Dankie. Volspoed op die herstelpad.
LikeLike
Gelukkig hoef jy nie 6 weke alles stadig te vat nie. Jammer oor die pyn en ongemak. Kan byna nie glo dat jy so gou weer kans gesien het vir hospitaal nie.
LikeLiked by 1 person
Pyn nou oor. Ek stap nog met ‘n stywe been. Ja, ek was maar benouderig en vreemd bang vir die teater. Nou is dit hopelik eers verby. 😁
LikeLiked by 1 person
Ag ek hoop alles gaan vinnig verby..
LikeLiked by 1 person
Dankie. Goed op dreef.
LikeLike
Sterkte Toortsie, jy sal gou weer op die been wees en met mooi bene rondloop😃
LikeLike
Oee dankie, ek hou van die mooi bene idee! 😁
LikeLike
Bly om te lees jy is nou weer aan die vorentoe kyk, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Dankie. 😁
LikeLiked by 1 person
Sterkte Toortsie en kyk na jouself. Vlg laat my weet dan stuur ek vir jou ou formule vir pyn wat regtig werk, x🌻
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek hoop dis nie gou weer nodig nie. 😊
LikeLike
🌻
LikeLike
Ag toggie so pyn is sleg, jammer jy voel so erg pyn. Hopelik is dit gou beter, baie bly andersins gaan dit beter xxxxx
LikeLike
Dit gaan darem al baie beter dankie. Ek loop steeds stywebeen agv verbande. Verder nie meer te erg.
LikeLike
Ag ek voel saam met jou – daardie prosedure is glad nie speletjies nie! Bly dit gaan al beter.
LikeLike
Dankie. Ek is net bly ek het dit wel nou laar doen. Daar was reeds baie are en dr sê dit sou net vererger.
LikeLiked by 1 person
Ai,dit klink nie lekker nie!Baie sterkte!
LikeLike
Dis darem al weer ‘n dag of wat later en ek is mooi op dreef. Baie dankie 🙂
LikeLiked by 1 person