O, nee, ek weet glad nie! Ek is mos nie ‘n dokter nie! Hierdie foto het Ditchthecarbs op Instagram gesit en na aanleiding van dit skryf ek hierdie bloginskrywing.

Genadiglik is daardie debatte verby, of Banting volhoubaar is, of dit gesond is, ens. Of dalkies kry ek net nie meer met dit te doen nie. Ek sien ook nie meer vreeslik artikels om die gesondheid daarvan te bewys nie, ek het dit nie meer nodig nie.
Toe ek destyds op my blog aangekondig het dat ek die Bantingleefstyl volg, het iemand vir my gesê: ‘Jy is seker nie ernstig nie.’
Ek het baie dinge aangehoor, dat, as jy Banting doen, jy nie eintlik moet oefen nie, of, dat jy juis baie moet oefen en jy nie die dieet kan volg as jy min oefening kry nie. Banting sou jou na ses maande inhaal, dis ook in my gesig gesê deur ‘n kenner, eerstens dat jou cholesterol jou iewers gaan inhaal, en aan die anderkant, deur dieselfde kenner, met ekstra groot oë, dat as jy Banting begin, jy dit nooit weer sal kan stop nie, want dán gaan jou cholesterol jou probleme gee. Ag, daar was nog doemstories. Party het gesê, probeer dit maar vir ‘n rukkie. ‘n Goedbedoelende het vir my ‘n e-pos gestuur van ‘n tweeling wat die toets gedoen het, een het gebant, die ander een nie. Al verskil aan die einde was dat die Banter ‘n slegte asem gehad het.
Wel, ná vyf jaar van Banting moet ek bieg: Ek het nie na die doemprofete geluister nie. Ouch! Ek was sowaar ernstig toe ek gesê het ek doen dit nou. Ek het sowaar aangehou en dit nie na ‘n rukkie gelos nie. Soms het ek, terwyl ek die leefstyl volg, minder geoefen en ander kere meer. My cholesterol het my sowaar nie na ses maande ingehaal nie. Ag, die metaboliese sindroom wat ek gehad het, het ook saggies die wyk geneem. My bloedsuiker word deesdae nie eers meer getoets nie! Ek kry komplimente vir my vel wat mooi is, my hare groei teen ‘n spoed, ag, daar is te veel om op te noem.
Maar die lekkerste lekker was hierdie week toe die narkotiseur opgewonde vir my gesê het hoe lekker dit is om vir ‘n ‘gesonde’ mens narkose te gee, en weer, toe ek so aan die slaap raak, was die laaste wat ek hoor toe hy dit in die teater herhaal. Ek het sommer met ‘n glimlag weggesweef.
Banting, jou lekker ding!
Of dit gesond is vir jou wat hier lees, weet ek nie, dis iets wat net jy en jou dokter oor kan besluit, maar vir my het dit beslis gewerk, werk dit steeds. Ek stap lag-lag apteek toe, want my voorskrif is aansienlik ligter as wat dit voorheen was.
Toortsie
Dis baie goed om te hoor dat dit al 5 jaar is wat jy dit so doen. Dit is ook soos jy vertel: elkeen is uniek en reageer op n ander manier. Ek kyk telkens na jou resepteboek om tog ook te begin. Ek gaan dit nog met my dr bespreek. Ek moet bloedtoetse laat doen en gaan kyk wat die uitslag is. As my kolesterolvlak weer te hoog is as wat moet wees gaan ek dit met dr bespreek. Njanies koepela!
LikeLiked by 2 people
EK is baie ernstig daaroor dat ‘n mens jou huisdokter se goedkeuring moet hê daaroor, dis die dokter wat jou op die ou end moet bystaan as dinge nie reg verloop nie.
LikeLiked by 1 person
Presies. Gelukkig het ek n dokter wat van SA af komen nog goed Afrikaana praat. Dit help baie.
LikeLiked by 1 person
Tussen die Banters fluister ons dat as jou dokter nie van Banting hou nie, kry ‘n ander dokter. 😳 Maar dís nou gevaarlik, as jy my vra. 😊
LikeLike
Die tyd sal leer en daar sal n manier gevind word.
LikeLiked by 1 person
Solank jy net die regte besluit neem tov jou eie gesondheid, wat dit ookal is.
LikeLiked by 1 person
Was jou cholesterol hoog? Hoe so?
LikeLike
Myne was hoog, maar ek vermoed die vraag is vir jou suster?
LikeLiked by 1 person
Hehehehe … skuus ja … ons familie het nie eintlik die probleem nie, toe wonder ek waar val sy nou uit.
LikeLiked by 1 person
Paar jaar terug was dit al te hoog en het ek ernstig daaraan gewerk om dit af te bring. Dit het goed gegaan. Dit was vier jaar terug. Hierdie is maar n roetine toets om te kyk of niere blaas en maag nog gesond werk.
LikeLiked by 2 people
Interessant Dis nie eintlik ‘n familie ding nie.
LikeLiked by 1 person
Ons het net nooit daarvan geweet nie. Die hoe bloeddruk is ook deel daarvan. HUl toets hier mos vir enige ding onder die son.
LikeLiked by 2 people
My bloeddruk is goed onder beheer
LikeLiked by 1 person
Ek drink maar pille daarvoor. Dit hou dit konstant.
LikeLiked by 1 person
Kyk mooi na jouself
LikeLiked by 1 person
Maak so dankie. Die weer is so wisselvallig op die oomblik. Kinders is ook almal hoestende en proestende.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly dit werk so goed vir jou, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLiked by 1 person
Fluister: ek dink dis baie gevaarlik vir vetselle – hulle krimp as jy aanhou met ‘n lae koolhidraatdieet.
LikeLiked by 3 people
😳 Wat vertel jy my nou?
LikeLiked by 1 person
Ek sê jou!
LikeLiked by 1 person
Aarde! Nooit só daaraan gedink nie!
LikeLiked by 1 person
Welgedaan…
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Lekker gelees
LikeLike
Interessant. Volg jy die program slaafs?
LikeLiked by 1 person
Ja ek volg dit baie streng by my huis. As ek egter uiteet of by mense kuier, maak ek die beste van wat vir my voorgesit word. Ek verwag nie dat mense spesiaal vir my moet kosmaak nie en probeer hulle nie omhaal om die regte olies, ens te gebruik nie.
LikeLiked by 1 person
Vertel meer van olies asb.
LikeLike
By Banting glo ons dat ons nie graanolies – en groenteolies moet gebruik nie. Dit bevat te veel omega 6, dink ek, as ek reg onthou.
Ek gebruik hoofsaaklik botter vir al my kos. Net hier en daar ‘n bietjie olyfolie in ‘n slaaisous.
LikeLiked by 2 people
Wonderlik Toortsie en jy lyk waarlik goed.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLike