Is ‘n allergie ‘n allergie?

Wat ‘n vreemde vraag! Ek wonder net soms, as iemand ‘n allergie het, selfs al is sy wetenskaplik getoets en dit bewys is dat die persoon ‘n sekere allergie het, dit die werklike allergie is en of dit dalk ‘n reaksie is op ‘n heel ander iets?

En dít vra die Toortsie wat net mooi niks van hierdie goed af weet nie. As ek dus dom dinge hier sê, vergewe my asseblief.

Ek het byvoorbeeld nie goed gereageer op koffie met melk in nie. Nou ja, ek het nie naar geword as ek dit drink nie, maar ek hét as kind ‘n oorkookprobleempie gehad, wat opgelos was die oomblik toe my pa vir my gesê het ek moet my koffie swart drink en my melk op sy eie. Ek was egter nog nooit lief vir skoon melk nie, alhoewel ek geweldig baie suiwel gebruik in die vorm van room en kaas en joghurt.

Terug by die allergie. Vetterige kos het as kind nie regtig met my geakkordeer nie. Ek was nooit mal oor roomys nie en sou een keer per jaar vir my ‘n draairoomys koop met flake en MIN roomys. Pienk roomys het my laat wollerig voel. Dis nou daardie pienk roomys wat ‘n mens gekry het, so drie kleue saam: wit, bruin en pienk.

Sou my ma beesstert maak, was ek naarderig tot die volgende aand. Varkvleis kon ek per geleentheid eet en daardie geleenthede moes nie kort op mekaar volg nie.

Toe begin ek vyf jaar gelede met die Bantingleefstyl. Oeee, vir drie dae voel ek SLEG. Slegter as sleg. Naar. Opgestop. AAKLIG. Megraine. En daar is die slegvoel oor en het dit nooit weer gebeur nie.

NOU kan ek die bees eet, stert en al, met die vark saam met hom. Ag, en as daar ‘n ou vetjie ook nog aan kan wees, soveel te beter. Droë vleis is oneetbaar! Om die waarheid te sê, ek steel die vet uit my man se bord uit!

Om weer by die oorspronklike argument te begin. ‘n Mens kon dalk dink ek is allergies vir varkvleis. Of dat kos met vet aan my siek maak. (Vetterige kos wat in olie gaargemaak is, is natuurlik in ‘n grillerige klas van sy eie. )

Was my ‘allergie’ dan vet kos, of het my probleem op ‘n ander plek gelê? Ek wonder soms of my liggaam hom nie dalk só doodgewerk het aan die stysel wat hy moes verwerk het, hy het net nie kans gesien vir die vet OOK nog nie? En noudat die stysel en suikers nie meer ter sprake is nie, kan hy na hartelus die vet omsit in bondelsvol energie en goedvoel?

Dalk hét ek al voorheen hieroor geskryf, maar dis wat vanaand in my kop draai.

Toortsie

32 thoughts on “Is ‘n allergie ‘n allergie?

  1. Ek soek ook, daardie antwoord. Net die afgelope week, my laat toets vir die veelbesproke gluten allergie, ja, ek noem dit so. Dit is lankal, tot die minimum beperk, maar kry soms dieselfde simptome, as ek die banting kos eet. Dalk, moet ek maar ophou eet.

    Liked by 1 person

  2. Ai Toortsie, ek dink die goed kom met ouderdom. Ek het koffie met melk gedrink, agt daarvan per dag. En toe word ek sommer net siek. Onkeerbare gastro, wat gemaak het dat ek met pille in my handsak moes loop om dit te keer. Maar ek moes eers tien minute lank nog hardloop tot die medisynetjies sy werk begin doen het. En toe onthou ek dat ek lank gelede vir laktose intoleransie getoets is. En dat dit erg in die rooi was. En skakel melk uit, sonder om gevolge te sien. Toe lees ek dat dit 21 dae vat om uit die sisteem te speol en sukkel my dood om 21 dae aanmekaar geen laktose in te kry nie. Alles het een of ander vorm van melk in – tot pille. Dus moes ek sukkel o 21 dae aanmekaar geen laktose in te kry nie. En toe ek dit eers regkry, verminder die vet om my maag en verloor ek sommer gewig. Ek is nie allergies nie, my lyf het net nie die ensieme om laktose te verteer nie. Nou kyk ek na sjokolade en roomys en sien 21 sware dagte wat voorle. En los.

    Liked by 1 person

    1. Volgens wat ek al gehoor het, is baie mense wat laktose sensitief eintlik net vir melk sensitief is, nie vir die room nie. Hul jan dus wel botter en room en kaas ens gebruik. Maar ek gaan jou beslis nie voorsê nie, ek vertel dit sommer net terloops. Ek is seker dat as ek vir 3 weke gaan siek wees as ek iets inneem, ek ook 2 maal gaan dink.

      Liked by 2 people

        1. Ek kan dink dat dit moeilik is en mense sê so maklik dat een ou stukkie nie sal saakmaak nie. ‘n Stuk soet koek of tert is nie vir my goed nie. Ek is heeltemal gemaklik om dit te los, maar ander mense wat aandring dat jy ‘n stukkie moet eet, maak dit moeilik. Die ergste is dat hulle jou jammer kry, wat onnodig is.

          Liked by 2 people

  3. OP hierdie stadium is ek allergies/intolerant vir enige kos….het nou n bakkie vrugte gaan koop om te kyk of dit die honger sal stil sonder al die geite wat my tref as ek deesdae eet….

    Liked by 1 person

  4. Ai, ek is ook heeltemal te lief vir kos om op te hou eet. Menisg so ;n lekker pienk steakie of varkie met so bros gebraaide velletjie. Allergiee is sommer ‘n groot straf. Wil my voorkom asof ek allergies of senisitief is vir alles wat vir my lekker is.

    Liked by 1 person

  5. Sorry, gaan lang eier lê…
    Allergie en intolerance twee verskillende dinge. Mense met allegie “ontgroei” dit nooit tensy hulle behandel word daarvoor soos met iets soos NAET behandeling nie of hulle dra vir res van hulle lewe iets soos ‘n Epipen. Sensitiwiteite /intolerance ander storie en tas meestal ons digestive sisteem aan, alhoewel baie vreemde simptome daaraan gelink word.
    Christa jy klink of jy totaal lactose intolerant is as alles in suiwel jou so aantas en soos jy sê jou liggaam maak nie lactase nie so jy kan dit nie afbreek nie. Is ‘n moeilike ding om op te gee, maar as mens so sensitief is dan besef mens net op stadium is nie die moeite werd om so te suffer nie. Maar dis ‘n moeilike ding om op te gee, wel was vir my.
    Toorts, jy praat ware woorde met jou lyf wat oorlaai was , baie van ons is. Die feit dat jy sekere dinge uitgesny het moes jou omtrent goor laat voel het, maar is seker jy was nog nie ‘n dag spyt daaroor nie.
    Ek leer net elke dag hoe ongelooflik belangrik kosse en lewe is. Ek sien hoe mense met geen hoop hulle lewe terug kry deur sekere dinge op te gee, hoe simptome verdwyn en mense weer begin leef en dit is ongelooflik. Ek besef elke dag meer en meer regtig hoe groot invloed kos op ons het.
    Ons het so ruk gelede ‘n Integrative Oncologist gehad wat by ons kom pasiente sien en het so paar praatjies gehou. My hare het regop gestaan. Daar was baie informasie en hy is ‘n vreemde man, maar so slim soos hulle kom. Hy is konvensionele dokter en toe sy Naturopathy gaan doen, en toe Onkologie. Hy het ‘n statement gemaak wat by my sal spook tot ek doodgaan.
    Hy skryf op die wit bord die nommer 1 (x 24 zero’s). Hy sê dit is hoeveel chemiese prosesse elke sekonde in jou lyf gebeur. “How arrogant are we as medical professionals that we think we can better that? That we can take one small part of a body, separate it and treat it and not influence anything else. Why don’t we just feed this perfect vessel the optimal diet so it can do what it does best and heal itself”.
    Nie seker of ek dit mag sê of nie, maar kyk na van sy goete, Dr Thomas Lodi.

    Liked by 1 person

    1. Virgo, vreeslik dankie vir hierdie lange storie! Ek sien ek moes eerder voedsel-intoleransie gebruik as allergie. Maar ek hét mos dom gepleit aan die begin. 😁 Dit was nou werklik interessant.

      Like

Gesels saam, asseblief!