Soms het ons almal TPM (Transformation Prayer Ministry – Transformasie Gebedsbediening) nodig. Soms het ons nodig om te kyk wat ons ontstel. Nie net wat nie, maar ook sommer hoekom dit ons so ontstel. Soms het ons sommer net die ‘tender loving care’ van die Here nodig. Soms het ons sommer net nodig om ons hart uit te huil voor Hom.
Soms het ons nodig om te waag en dieper in ons eie lewens in te kyk, na daardie dinge wat ons al lankal ‘verwerk’ het en ver en diep weggepak het in laaitjies waar niemand anders ooit sal kyk nie. Soms kom ons af op onbenullige gebeurlikheidjies in ons kinderdae wat regtig niks beteken nie, maar wat vir ons as kinders, in ons kindergemoedjies, leuens oor onsself gefluister het wat ons ons hele lewe lank glo.
Soms het ons nodig om die kwaadwees te laat gaan. Kwaadwees vir God, kwaadwees vir ander mense, kwaadwees vir onsself. Soms het ons nodig om te besef dat ons kwaadwees nie ons beskerm of regop hou nie, maar dat dit God is wat ons beskerm. Soms het ons nodig om dit by Homself te hoor dat Hy ons beskerm en dat Hy veg vir ons.
Soms het ons sommer net nodig om by Hom self te hoor dat Hy lief is vir ons, net soos ons is omdat Hy ons juis so gemaak het, of dat Hy ‘n doel met ons het, ‘n plan, of wat Hy ookal vir ons wil sê. Dat ons kosbaar is vir Hom, dat Hy ons uitgesoek het as Sy kinders. Soms het ons sommer net nodig om by Sy voete sit en gekoester te word.
Ons almal het dit soms nodig. Waag dit!
Toortsie
Amen hierop, Toortsie. Amen.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Waarheid❣💐
LikeLiked by 1 person
Hoe waar is dit!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Dankie Toortsie..hierdie is spesiaal vir my geskryf..🥀🥀
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Ware woorde wat jy hier praat. Ek het hierdie week n stuk oor “dislike/ nearly hate” vir my skryfgroep geskryf. Wou dit toe as stuk vir Maandag gebruik maar daarteen besluit omdat my kleinsus nie daarvan hou dat ek my belewenis so in die openbaar hang nie. Noudat ek jou stuk gelees het dink ek ek gaan dit tog wel opsit. Sal nog vannag daaroor slaap.
LikeLiked by 1 person
Lees joune mooi deur, versag dit effens, as jy wil. 😊
LikeLike
Ek het maar daarteen besluit. Sal dit maar vir my boek hou sodat die famulie nie my kop wil afbyt nie.
LikeLiked by 1 person
Ek inboks jou.
LikeLike
Het gelees en jou terug geantwoord. Dit gaan vir my eintlik daaroor dat ek as mens vrede kon maak.
LikeLiked by 1 person
Ek het op messenger gestuur, maar dit lyk my jy is nie meer daar nie.
LikeLike
Ek het gelees. en geantwoord, dankie
LikeLiked by 1 person
Ons het mekaar gevind daar 😁
LikeLike
Perfek. Dankie vir jou oor wat geluister het en jou mond wat gepraat het. Dit bly maar n diep ding.
LikeLiked by 1 person
Regtig diep. ❤️
LikeLiked by 1 person
Amen ❤
LikeLike