Oulike boeke vir meisies

My eie gebedsjoernaal is ‘n baie oulike en handige boekie waardeur gebed bevorder kan word. Elke dag kry die persoon die geleentheid om vir Jesus te loof en dank en vir ander mense en ook haarself te bid. Sy word genooi om kreatief te raak, nie net in gebed en in haar verhouding met God nie, maar sy kan sommer die kleurpotlode nader trek en die bladsye kleurvol inkleur soos sy graag wil.

As ek net dink hoeveel dit vir my as persoon beteken om ‘n gebedsjoernaal te hou, weet ek dat iemand wat ‘n dieper gebedslewe begeer, hierdie boekie sal geniet.

Stilwordtye saam met God vir meisies

Hierdie is ‘n oulike, klein boekie om sommer altyd byderhand te hê. Daar is 90 onderwerpe, elkeen met ‘n Bybelvers en ‘n kort oordenking. Onderwerpe soos Jy is uniek, Om in te pas, Vier fees, ens.

Ek dink dat hierdie regtig ‘n oulike geskenk kan wees vir ‘n Christenmeisie.

My Jesusjoernaal

Toe ek hierdie boek die eerste keer in my hande hou, wou ek op- en afspring van opwinding. Dit is só ‘n oulike boekie, elke bladsy uniek en kreatief. Vir enige meisie sal dit heerlik wees om hierin te werk, te speel en in geloof te groei.

Groete

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

14 thoughts on “Oulike boeke vir meisies

    1. Regtig aanbevelenswaardig. 🙂 Ek het eintlik gedink om die boeke te hou vir my kleindogter, maar sy is maar nog net 5 jaar oud en wanneer sy die regte ouderdom bereik, is daar al weer nuwer, opwindender dinge op die mark.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Una Kanselleer antwoord