Sommer my geheimpie oor Rebusfontein

Daar is ietsie wat ek moet bieg. Oor Rebusfontein. Vir dié wat nou nie weet nie, Rebusfontein is die magiese dorpie in #MiddelManzi waar ons klompie Towerinne in ons verbeelding gaan as die lewe ons druk of as ons sommer net kan ontspan. Elkeen van ons het ‘n huisie van ons eie daar wat ons kon inrig soos ons wil.

My onthougoed werk nie aldag so lekker nie en ek sukkel soms om mense en hulle name te onthou. Nee wag, ek sê nou verkeerd. Ek sukkel BAIE om mense en hulle name te onthou!

Aanvanklik was ons 14 Towerinne en as ek my kop mooi bymekaar hou, het ek ‘n redelike prentjie van elkeen van hulle. Ek ken hulle al in ‘n redelike mate, dink ek. Intussen het ons al meer geraak, ek dink ons is nou al 19 Towerinne bymekaar, en op ‘n manier hou ek by, dis mos darem nie elke dag wat daar ‘n hele klomp bykom nie.

Maar wat heeltemal bó my vuurmaakplek is, is die diere wat ook so een vir een hulle plekkies opneem. Kyk, hulle pla my glad nie, ek kan net glad nie byhou nie!

Daar is Danie, Una se hippiehond, mens kan hom nogal nie mis nie. Ek weet dat Vuurvliegie ook een of ander towerhond daar het en Scrapy se Trompie is ook daar, as ek reg is. Dan is daar ‘n hele lot katte en Pasella die papegaai, maar intussen het daar nóg katte, nog honde, ‘n massiewe uil, dink ek, en wat nog alles aangekom.

Maar dis nie al nie, die gaste wat aan die langtafel gesit het, het hulle troeteldiere ook saamgebring en dit lyk my, sommer party daar gelos ook.

Mense! Dis chaos hier op Rhebusfontein. Ek kan nie meer byhou nie. Regtig nie! Wat gaan ek maak? 😳 Mens kan nie jou voete by die deur uitsit nie of jy val oor een of ander dier? En nou raak dit kattetyd, julle wil nie weet hoe die katte skree nie! 😱

Toortsie

Suiwer verbeelding van die Toortsie

Nagedagte: Scrapy sê ek moet my gunstelingliedjies vir julle wys, maar al waaraan ek kan dink, is die kattebazaar:

Een aand op’n lekker baljaar

Al die diere van die dorp was daar

Katherina Wilhelmiena speel die konsertina

En die apie tokkel die kitaar!

24 thoughts on “Sommer my geheimpie oor Rebusfontein

  1. Toorts, ek het Kieter teruggebring huis toe, Harties toe. Sy is heeltemal verskrik omdat Danie en Rondloper Rof en klein Chikie nou in ons huisie ingetrek het. So dis nou my drie, bababedjie en doeke en al.

    Liked by 1 person

  2. Ek het ook begin om n lysie te maak maar daar kom telkens weer by en ek kannie byhou nie. Ons sal maar so ‘go with the flow” moet gaan. Dan is daar die een en dan weer daardie een, sug. Porkie het probeer om almal saam te kry maar dit was totentaal onmoontlik. Hy het net sy kop geskud en sy oe toegemaak.

    Liked by 3 people

  3. Toortsie, bly ek nie al wat vergeet nie, ek weet net almal het of ‘n vier-voet of veer-lyfie saam hulle en almal is tower-lyfies, so hulle sal saggies vir jou dat jy onthou…En if all else fails..” Kinders” werk op almal

    Liked by 1 person

  4. My drie
    Schnauzers is ook daar, maaar hulle is nooit op straat nie. Hulle mamma is heeltemal te beslermend, bang hulle land onder ‘n motorfiets se wiel. Hulle is ook beskermend, volg my soos ‘n skaduwee. Shilo, Bekka en BB

    Like

  5. Ag Toortsie…hoe meer siele, nê! Moenie worry nie. Ek dink nie een van ons kan mooi onthou watter dier het nou bygekom nie…Ons is darem ‘n volwaardige dorp, troeteldiere en al!

    Liked by 1 person

  6. Nee wat Toorts jy is nie al een nie. Ek onthou nie eers watter mense het bygekom nie… wat nog al die diere. Almal behalwe ons gewone klompie is stil… dus hoef jy jou nie te bekommer nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!